Sharks verander drie; Bulle (dalk) glad nie

Jean-Luc du Preez – terug. (Foto: GB Jordaan)

Die Sharks het drie verander aan die opdrafspan wat teen die Westelike Provinsie verloor het, vir Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd in Durban teen die Blou Bulle, wat hoop om die span wat die Pumas geklop het te behou.

Die Sharks span Kobus van Wyk in Odwa Ndugane se plek op die regtervleuel in; het Louis Schreuder in die Springbok-skrumskakel Michael Claassens se plek gekies; en Jean-Luc du Preez vervang Jacques Vermeulen op die flank.

Ndugane, Claassens en Vermeulen is al drie op die bank ingesluit.

Die Bulle hoop hul slot Aston Fortuin, wat teen die Pumas beseer is, sal gereed wees vir Saterdag se kragmeting, maar het Jannes Kirsten op gereedheidgrondslag geplaas ingeval Fortuin nie betyds herstel nie.

Kirsten self keer terug ná ʼn lang ruk op die krukkelys.

Die spanne –

Sharks

15. Garth April, 14. Kobus van Wyk, 13. Lukhanyo Am, 12. Marius Louw, 11. S’busiso Nkosi, 10. Curwin Bosch, 9. Louis Schreuder, 8. Daniël du Preez, 7. Jean-Luc du Preez, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Franco Marais, 1. Thomas du Toit. Bank: 16. Akker van der Merwe, 17. Juan Schoeman, 18. John-Hubert Meyer, 19. Jean Droste, 20. Jacques Vermeulen, 21. Michael Claassens, 22. Tristan Blewett, 23. Odwa Ndungane.

Blou Bulle

15. Warrick Gelant, 14. Travis Ismaiel, 13. Burger Odendaal (kaptein), 12. JT Jackson, 11. Johnny Kotzé, 10. Marnitz Boshoff, 9. Ivan van Zyl, 8. Nick de Jager, 7. Tim Agaba, 6. Marco van Staden, 5. Aston Fortuin/Jannes Kirsten, 4. Ruben van Heerden, 3. Conraad van Vuuren, 2. Edgar Marutlulle, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Johan Grobbelaar, 17. Lizo Gqoboka, 18. Kirsten/Eli Snyman, 19. Jano Venter, 20. Piet van Zyl, 21. Tony Jantjies, 22. Duncan Matthews, 23. John-Roy Jenkinson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oupa Vleuel ·

Ek het net so ‘n gevoel in my ou gekrokte regterknie wat seg: Wees versigtig vir die Bulle Saterdag, baaaie versigtig vir ‘n verrassing…

Anre ·

Oupa Vleuel ek hoop van harte dat die Bulle dit gaan deurtrek Saterdag. Hulle het regtig baie goed gedoen tot dusver. Dissipline is wat gaan tel en min foute. GO BULLS!!!!!!!

Gerhard ·

Van nulle tot BULLE in n’ paar Mitchel afrigting sessies, dink net hoe gaan hulle volgende jaar perform

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.