Sharks verbrou kanse

Curwin Bosch. (Foto: ANA)

Soos die gesegde lui: “As is verbrande hout”. Maar as die Sharks nie soos hulle oumas geskop het nie, kon hulle die Cardiff Blues geklop het.

Die besoekers het drie skoppers ingespan, maar Ruan Pienaar, Curwin Bosch en Boeta Chamberlain het by tye ewe skeef gekorrel. Dit is dalk die rede waarom kaptein Phepsi Buthelezi verkeerde keuses gemaak het om nie strafskoppe pale toe te skop nie.

Die Sharks het nooit gelyk of hulle die knoop gaan deurhaak nie. Hulle was nooit ver agter op die telbord nie, maar dit het gelyk of die span meer uitsien na die vliegtuigrit huis toe as ʼn oorwinning.

Onthou, hierdie is dieselfde Cardiff‑span wat verlede week 19 – 29 teen die Bulls verloor het nadat die manne van Pretoria hulle in die tweede helfte gestoomroller het. Voorlangs was die Blues hierdie keer net strate beter as in daardie tweede helfte.

Die Sharks se nederlaag van 17 – 23 teen die manne van Wallis beteken net een Suid-Afrikaanse span kon weer wen die naweek. Die Stormers se oorwinning van 24 – 10 oor die Dragons is die enigste ligpunt van die naweek. Die Kaapse span vaar ook die beste op die punteleer. Hulle is in die 9de plek met sewe ligapunte ná vier wedstryde.

Die Lions (6) is in die 12de plek op die punteleer, gevolg deur die Sharks (5) en die Bulls (5) in onderskeidelik die 14de en 15de plekke.

Die voorste drie spanne is almal van Ierland. Ulster het volpunte (20) ná vier oorwinnings. Hulle word gevolg deur Leinster en Munster op 19 punte elk na vier oorwinnings.

Die Suid-Afrikaanse spanne kom nou huis toe en speel dan einde volgende maand op hulle tuisvelde teen Europese teenstanders. Hopelik kan hulle die bordjies verhang en die punteleer klim.

Op 27 November speel die Stormers in Kaapstad teen Zebre (die span heel laaste op die punteleer) en die Sharks pak die Scarlets in Durban. Die wedstryd waarna veral daardie Saterdag uitgesien word, is wanneer die Bulls vir Munster op Loftus pak.

Die Lions speel op 28 November teen Cardiff in Johannesburg.

Puntemakers:

Cardiff Blues – 23 (17)

Drieë: Matthew Morgan, Uilisi Halaholo

Doelskoppe: Rhys Priestland (2)

Strafskoppe: Rhys Priestland (3)

Sharks – 17 (10)

Drieë: Thomas du Toit, Marnus Potgieter

Doelskoppe: Curwin Bosch, Boeta Chamberlain

Strafskop: Boeta Chamberlain.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Kry die regering met hulle kwotas gebaseer op die kleur van jou vel uit sport en dit sal beter gaan met sa sport,net soos apartheid is hierdie verkeerd en moet gestop word sodat sa weer ‘n krag kan word in die wêreld.

piet ·

Wereldkampioen klink vir my na “krag in die wereld”. Die feit dat ons nommer een in die wereld is moet soos ‘n stomp dolk in jou vassteek. Ons sou nie naastenby so goed gewees het sonder ons spelers van kleur nie. Lekker man, lekker.

JN ·

Ai piet pompies is jy al weer op tik…
Vat die manne weg wat die werk doen en wat sal jou freeloaders/kwotas werd wees man?? Net om dit vir jou in perspektief te stel.
Kyk na die sokker span wat hul noem bafana bafana..
Heeltemal eenkantig met kleur en waar is hul op die ranglys ou gatiep?? Kyk na die res van Suid Afrika en waar is hy na 26 jaar en hoekom, juis oor kwotas? Dwing affirmative action af, dwing positive discrimination af en sommer ok Black economical
empowerment, kwotas etc dit is als dieselfde…
Wat jy moet verstaan solank die klad van kwotas en die res van die vrot gemors sisteem op die sport en ander vlakke afgedwing word sal jy altyd as n agtergeblewene gebrandmerk word juis oor jy kry wat jy nie verdien nie maar daar is oor n kwotastelsel. So eenvoudig soos dit!
Kyk wie is in daai span wat die wa deur die drif trek en as jy meer as twee breinselle het sal jy erken hoekom bontbokke hul nog n krag kan wees al so met vyfde pap wiel wat hul moet saam sleep elke keer…

N ·

Koos, ek het al probeer. Jy mors jou tyd. Jy gaan net eentonige terugvoer kry. Ek het n voeltjie hoor fluit hy is die oom met die bakkie langs die pad wat sy boetie gesoek het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.