Sharks vervang slegs Bok-groeplede vir Bulle

Die Sharks-breier, Robert du Preez, sit sy konserwatiewe kiesbeleid voort, en het slegs die drietal wat in die Springbok-oefengroep ingesluit is in sy opdrafspan vir Woensdag teen die Blou Bulle vervang.

Verder het hy die span wat Griekwas met 41-3 opgedons het onveranderd behou.

Innocent Radebe vervang Curwin Bosch op losskakel; Tera Mtembu is die nuwe flank in Daniël du Preez se plek; en Franco Marais haak in Chiliboy Ralepelle se plek.

Al drie was met die wedstryd in Kimberley op die bank.

Met die oog op die Sharks se wedstryd Saterdag teen die Goue Leeus in Johannesburg, is nog elf spelers in die groep ingesluit, waaruit die bank vir Woensdag nog gekies sal word.

Die elftal is Akker van der Merwe, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Jean Droste, Cameron Wright, Benhard Janse van Rensburg, Odwa Ndungane, Louis Schreuder, Marius Louw, Mzamo Majola en Wian Vosloo.

Die span –

15. Garth April, 14. Kobus van Wyk, 13. Jeremy Ward, 12. Lukhanyo Am, 11. S’busiso Nkosi, 10. Innocent Radebe, 9. Michael Claassens, 8. Tera Mtembu, 7. Jacques Vermeulen, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Franco Marais, 1. Thomas du Toit. Bank: Sal aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.