Sharks wen Lions vir die tweede keer

Curwin Bosch (Foto sharksrugby.co.za)

Kyk, die Sharks was vandag beter in Durban. Curwin Bosch was op sy vindingryke beste, Makazole Mapimpi het hakskene vir almal gewys, terwyl hul dubbeldoor-verdediging gereeld ’n Lions-aanval in die kiem gesmoor het.

Die tuisspan het welverdiend met 27-17 gewen om sodoende die tweede keer hierdie seisoen met die Lions af te reken.

Tog was daar drama in die 74ste minuut toe die Lions ’n drie reg onder die Sharks se pale gevier het. Die telling was toe 24-14 en hoewel die skeidsregter die drie toegeken het, het die televisieskeidsregter daarteen besluit en daar is eerder ’n strafskop aan die besoekers toegeken.

Was die drie toegeken, sou die Lions-kat beslis in die Sharks-hoenderhok gewees het.

Maar om eerlik te wees, die Sharks was op die dag die beter span. Hulle het munt uit die Lions se swak aangeewerk geslaan en ’n onderskepdrie of twee gedruk.

Daar is juis in baie kringe gevoel dat ’n Lions-wen vandag as ’n opskudding beskou sou word – hulle was immers sonder die dienste van Warren Whiteley en Malcolm Marx.

En ʼn mens mis Whiteley se leierskap en Marx se aggressie – veral in ’n SA derby.

Vandag was kliphard, maar die Sharks se verdediging het baie tot hul sege bygedra.

  • Puntemakers:

Sharks: Drieë: Curwin Bosch, Makazole Mapimpi, Dan du Preez. Doelskoppe: Bosch (3). Strafskoppe: Bosch (2).

Lions: Drieë: Lionel Mapoe, Cyle Brink. Doelskoppe: Jantjies (2). Strafskop: Jantjies.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chrisjan ·

Geen woord daaroor dat dit Jantjies was wat TWEE onderskepdriee weggegee het nie?

Frans C ·

Die Sharks se oorwinning was nie onverwags nie en ook niks om oor opgewonde te raak nie.Die Lions is voor eenvoudig nie sterk genoeg nie en word die afwesigheid van Mostert en Andries Ferreira deeglik gevoel.
Die huidige slotpaar en losvoorspelers is goed maar nie sterk genoeg om die Sharks voorlangs vas te vat nie.Hoe groot die leemte aan werklik goeie slotte is word bewees deur die feit dat Stephan Lewies,voormalige Bok en Sharksspeler op die laaste gewerf is.
Die spelers is helaas ook weer op pad.
Vandag moet jy so innoverend wees,want teenstanders se spel word so deeglik ontleed
dat teenstanders presies weet wat die volgende beweging is, soos die twee onderskep
drieë bewys.
Neem dit weg en dit wedstryd was meer gelykop as wat die uitslag bewys.

Die Leeus kan nog tans tevrede voel en as hul die leemtes in die span kan aanvul met
spelers van gehalte kan hul weer ‘n krag word,want dit is spelers wat ‘n span maak en nie
die naam nie.

·

Jantjies moes man of the match wees!
Hy het uitstekend vir die Sharks gespeel!
Sonder hom was hulle nerens!

piet piet ·

Die Curwin is n briljante speler ek hoop hulle hou hom by die Sharks,daar was sprake fat hy wp toe gaan.

Frans C ·

In rugby gaan dit oor wen.Wenners word onthou en verloordera vergeet.So hoe goed vaar die spanne werklik.
Huidige ‘log’
1.Crusaders speel14 wen 10 71%
2.Jaguares speel 13 wen 8 61%
3.Brumbies speel 13 wen 7 54%
4.Hurricanes speel 13 wen 9 69%
5.Rebels speel 13 wen 7 54%
6.Sharks speel 13 wen 6 46%
7.Bulls speel 13 wen 7 54%
8.Lions speel 13 wen 7 54%
9.Stormers speel 13 wen 6 46%
10.Highlanders speel14 wen 5 36%
11. Chiefs speel14 wen 5 36%
12.Waratahs speel 13 wen 5 36%
13.Blues speel 13 wen 5 36%
14.Reds speel13 wen 5 36%
15. Sunwolves speel 13 wen 2 15%
‘n Mens kan duidelik sien hoe die konfrensie en bonuspuntstelsel die prestasies van spanne verdoesel.Die Sharks is met dieselfde wenpersentasie as die Stormers 6de,terwyl die Stormers 9de is.Wat wel lekker is dat die Bulls,Lions beter op die stadium as van die NZ-spanne vaar,.Dieselfde geld ook vir die Rebels en Brumbies.

Die twee voorste NX-spanne bly steeds nog voor in die wedloop.

Josua Keys ·

As ek Swys kan raad gee, kry asb die ding uit Jantjies uit waar hy na sy senters toe hardloop en die bal so uitgee dit het ook bygedra tot die onderskep drië, maklik om te lees, sal net graag wil weet waar hy die tipe spel geleer het, die eerste keer toe hy die voordeel lyn aanval druk Mapoe sy drie. Nick Groom verklap knaend sy agterlyn bewegings en maak ‘n sirkus van die agterlyn deurdat hy kort kort die ouens wys waar om te gaan staan sodat hy die bal vir hulle kan aangee hoe dom kan jy wees, as jou senters of voorspelers nie in plek is nie soek jy self die gaping hulle moet met hom kommunikeer en roep waar hulle wil aanval, dit is die skrumskakel se werk om die opposisie op hul tone te hou en dit gebeur duidelik nie by die Lions nie, dit is juis hoekom hul agterlyn so planloos en eentonig lyk en kan maklik gelees word. Dit is duidelik dat die ou wat die agterlyn afrig droogmaak en stel ek voor dat hy asb na die videos gaan kyk toe die leeus sulke uitstekende rugby gespeel het, die agterlyn het heeltemal weg gedoen van hul ou spel patroon. Met senters soos Vorser en Mapoe aan jou sy moet jy die gaping skep hulle is alby goed met die aftrap en kan die opponent maklik klop maar dit is nie hul werk om die gaping te skep nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.