Sharks wysig twee vir botsing teen Leeus

Die Sharks het twee veranderings aangebring aan die opdrafspan wat die Blou Bulle geklop het, vir Vrydag se Curriebekerbotsing teen die Goue Leeus op Kingspark, Durban.

Tristan Blewett vervang Jeremy Ward op buitesenter, en sal sy opdrafbuiging vir die Sharks maak, en Inny Radebe sal eersgenoemde se plek op die bank vul.

Ward het sy sleutelbeen in die wedstryd teen die Bulle beseer.

Franco Marais haak in Chiliboy Relepelle se plek, met Akker van der Merwe wat op die bank inskuif.

Die span –

15. Garth April, 14. Odwa Ndungane, 13. Tristan Blewett, 12. Marius Louw, 11. Sbu Nkosi, 10. Curwin Bosch, 9. Michael Claassens, 8. Daniël du Preez, 7. Jacques Vermeulen, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Franco Marais, 1. Thomas du Toit. Bank: 16. Akker van der Merwe, 17. Juan Schoeman, 18. Jean Droste, 19. Tera Mtembu, 20. Cameron Wright, 21. Inny Radebe, 22. Rhyno Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico Bredenhann ·

Ek kan nie Akker vd Merwe se skuif na die Sharks om meer speelkans te kry verstaan nie. Hy kry nou nog minder speelkans by die Sharks. Franco Marais is die no. 1 haker met Chilliboy as plaasvervanger. Akker is wel nou op die bank vir die wedstryd teen die Leeus maar wat gebeur na die volgende wedstryd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.