Siesa! Daar maak die Bokke weer skande

ʼn Absolute skande!

Toe die Bokke vroeër vanjaar met 57-0 deur die All Blacks in Albany in die Rugbykampioenskap verneder is, was dit ʼn skandvlek op SA rugby.

Maar om met 35 punte teen die Iere te verloor?

Agge nee! Dit was nog erger – en die groot vraag is hoe lank die afrigter, Allister Coetzee, nog kan aangaan. Want hoe anders as ʼn skande kan ʼn mens die Springbokke se rekordnederlaag van 3-38 in Saterdagaand se toets teen Ierland in Dublin beskryf?

Die Iere het rustyd met 14-0 voorgeloop en toe was die koeël reeds deur die kerk. Daar was baie min ondernemingsgees agterlangs, die hantering was swak, die voorspelers het deurgaans tussen die agterspelers gestaan en wanneer hulle die bal ontvang het, met die kop eerste vorentoe gebeur. Die ondersteuning was swak, die agterste driehoek het onder die hoë bal rondgetas, die senterpaar was sonder deurdringingsvermoë, die skakelpaar was onindrukwekkend; en so kan ʼn mens aangaan.

Die skuldiges? Die hele agterlyn. Van Andries Coetzee af (hy het soms darem lus vir rugby gelyk, maar kon nie sy primêre take reg uitvoer nie) tot by Ross Cronjé.

Dit was die grootste telling wat die Iere nog teen die Bokke aangeteken het, dit was die grootste punteverskil nog, en die Iere het vier drieë gedruk. Die Bokke het net een keer gelyk asof hulle daartoe in staat is, maar kon dit nie regkry nie.

Wat nog meer kommerwekkend is, is die statistieke. Die Bokke het 54 persent besit geniet en die Iere slegs 46%. Die Bokke het 55% van die gebiedsvoordeel geniet en die Iere net 45%. Hoe kan jy dan met 38-3 verloor?

Swak speldissipline. Altesaam 13 strafskoppe afgestaan. Ook ʼn gebrek aan ʼn wedstrydplan. ʼn Gebrek aan alles!

Opflikkeringe: hier en daar het Pieter-Steph du Toit die oog getref. Maar die res? Eben Etzebeth is elke keer agter die voordeellyn platgetrek. Malcom Marx het al hoe stiller geraak en dit was byna die somtotaal.

Maar dan is die groot vraag of daar veel spelers op toer is?

Ja, die Bokke het op ʼn lae noot begin toe vaskopstut Coenie Oosthuizen na net een minuut beseer en van die veld is. Ja, die Bokke is swaar gestraf deur die Nieu-Seelandse skeidsregter Ben O’Keefe. Die Bokke het eers in die 29ste minuut die eerste keer ʼn strafskop gekry.

Maar wie se skuld is dit? Ja, die Bokke moes eerder pale toe as kantlyn toe geskop het. Ja, ja, ja … Ons kan nie meer verskonings maak nie. Iemand moet pa staan en dit moet bo begin. Dis nou die tyd dat SA rugby iemand soos Dok Craven of Dr. Louis Luyt nodig het om in te gryp.

Dit kan nie langer so aangaan nie. Ons waarsku al jare lank dat SA rugby in die gemors is.

Puntemakers –
Ierland (14) 38:
Drieë: Andrew Conway, Rhys Ruddick, Rob Herring, Jacob Stockdale. Doelskoppe: Jonny Sexton, Joey Carbery 2. Strafdoele: Sexton 4.
Suid-Afrika: (0) 3: Strafdoel: Elton Jantjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Chrisna van Staden ·

Die Bokke se vertoning is ń weerspieëling van wat in ons land aangaan, of eerder NIE aangaan nie. Ek is eerlikwaar jammer vir die manne wat op die stadium in die land se geskiedenis vir die span gekies word, want ondanks hul talente, gaan hulle nie sommer bo uitkom nie.

Pieter ·

Met so afrigter sal ons verloor. Waar is
Serfontein,Faf en Kwagga. Nou bly hy aan die Stormers klou.

Leeu ·

Asseblief Pieter – los die leeus uit! Sodra AC hulle beetgehad het verloor hulle enige inisiatief. Die leeus raak “weg” in die skop-en-hoop spelpatroon.

Rinnewien van Wyngaarden ·

Ag nee die Bokke is in goeie vorm en hulle het geleer uit hulle foute. Onthou Rome is nie in een dag gebou nie

Daan ·

Rinnewien, onthou net dat die Bokke nie besig is om Rome te bou nie. Eintlik is hulle besig om Rome af te breek wat ook nie in een dag gebeur nie…. Intussen is daar rekords wat opgestel word soos 0-57 en 3-38. Ook maar ‘n bedekte seën dat hulle nie ‘n oomblik van stilte oor plaasmoorde wou hou soos vir die wedstryd teen die All Blacks versoek nie, hulle is dit eenvoudig nie werd nie.

Eish ·

Darem snaaks dat die hele land deurloop onder die algemene gebrek aan kapasiteit wat van die regering sterk tot by alles wat hul oor beleid uitoefen. Nou wil ons met die slap lywe n wêreldbeker aanbied.

Dan ·

Daar is nie hoop nie……niemand vrees meer die bokkeroppe nie!!

PJC ·

Lyk vir my Ollie le Roux het tog ń punt beet gehad met sy kommentaar oor die afrigter Wonder wat die sportskrywers en andere wat Ollie so gekruisig het nou sě.

Stephen Namibia ·

Steun al geruime tyd nie meer enige SA sport nie. Alles agv die politiek. Wel gedaan Ierland julle was die beste span.

Abie Blaauw ·

Ek stem saam…al wat moet gebeur, is dat tradisionele springbokrugby ondersteuners moet begin om wedstryde te boikot uit protes teen die gemors wat daar en in die land aangaan…leë stadions by wêreldbekerwedstryde sal hulle leer….

Amadeus ·

Stem saam Ek voel baie beter vandat ek n All Black ondersteuner geword het Bokke lyk verward soos n klomp skaap rammetjies nadat hulle geknip is

Beer ·

Springbokke en hul afrigtingspan is ‘n refleksie van transformasie. Tegnies en strategies uitets swak, geen ruggraat of trots nie. Ploeter net aan. Noem hulle tog net Proteas, bontebokke of lamme ter slagting hulle is NIE springbokke nie, is nie die naam of simbool werd nie. Hulle is ‘n skandvlek met rekord verliese teen meeste spanne. Almal was baie bly toe hulle met een punt teen All Blacks op Nuweland verloor het. Selfs ‘n “victory lap” gedoen…..wat ‘n absolute grap. Toetie en sy getransformeerde boerbokke is net so skande soos Bafanatjies…..

MH ·

So lank as die Springbokke vervelige, voorspelbare, onaanskoulike stampkar-en-wegskop rugby speel, kan ons maar daarvan vergeet om weer ‘n krag in wêreldrugby te wees. En hulle doen dit met minder spel- en balvaardighede as wat mens van ‘n laerskoolspan verwag.

Bordkryt ·

Ons sit met die beste stadions in die wereld en een van die dae gaan niemand daarin wil sit nie .

skollie ·

Ek wil net byvoeg dat ek al geruime tyd net Europese rugby kyk. Die kwaliteit van daai rugby (wat uitstekend is), het my reeds benoud gemaak vir wat op die Bokke wag.

Koos Kakebeen ·

Allister en span leer so baie uit al hierdie verloor-wedstryde, dat julle gewis volleerd sal wees met die volgende wêreldbeker….. Iets in dier voege seker weer in ons keelgatte afgedruk word!

Oudste ·

Ek stem Koos Kakebeen. Hulle gaan aan die einde van die reeks so volleerd wees, hulle gaan Cum Laude verloor.

Kobus Hansen ·

Ross Cronje hoort nie daar nie. Hy het telkens geadverteer na watter kant die bal gestuur gaan word. Geen wonder die agterlyn was onder druk nie. Kry n skrumskakel wat van die deck die bal kan versprei.

Johanna Botha ·

Wat NOU WEER ? ! ? Ewiglik moet ons hoor daar word fondamente gebou en ons het kamtig baie geleer ….neewat julle leer niks so houop om dit te se. Wen 1 wedstryd verloor weer 4 …daar word bloot toevallig gewen. Die situasie is n spieel van SA….mense wat dink hulle kan . Kyk maar na die regering …..as hulle dan so goed was hoekom is alles n gemors ? Ons sit met uiters onkundige mense oral en dit steek ons oral in die skande van mense wat steel en korrup is tot mense wat 143 weerlose mense se dood veroorsaak het. Maar nee ons leer uit ons foute en bou fondamente …JA SURE ! Dan wil SA nog n weteldbeker aanbied met die ewiglike toename in misdaad jaar op jaar …hoe erg gaan dit nie DAN wees as dit nou reeds so erg is ! SA verdien junk status 110 %

Erick ·

As ‘n oud-fiksheidsinstrukteur sê ek al vir jare dat die Bokke verkeerd oefen. Jy kan eenvoudig net nie meer goedsmoeds gewigte rondgooi in die gymnasium, arms pomp en dink jy is gereed nie. Die res van die wêreld spanne het aanbeweeg en jy kan dit in hulle oefen videos sien en natuurlik in hulle resultate. ‘Shape up or ship out’ Bokke.

Hoender ·

Dit kom nou van julle kwota stelsel. Wel gedaan aan die Iere. Ek weet nie wanneer gaan Saru se oe oopgaan nie. Maar niemand is so blind soos die ou wat nie wil sien nie.

Frans C ·

Lyk my is ‘n geval van ,soos die spierkrag toeneem,neem die breinkraf af.

Wikus Jansen van Vuuren ·

Baie dankie Allister en bokkies vir gister se vermaak net toe ek dink daar is geen komedie op n saterdag nie bewys julle my verkeerd sjoe het lange laas so lekker galag Johan Akkerman het gewys hoe maak jy n span wat almal afgeskryf het kampioene maar nou ons het die land wat tenminste wys jy hoef nie te leer nie die ergste was om na die tyd vir Nic Mallet en veral Naas Botha te hoor met geen positiewe komentaar nie. Gn wonder het het die kommentaar so kort geknip nie. Ek voel net jammer vir ons ou bokke wat rugby daai jare n gevreesde span gemaak het wat regtig die groen en goud werd was, hulle het ons vasgenael gehou voor die kassie daai jare dit was ernstig nou is dit nie meer springbokke nie maar berg bokke wat heidi en peter moet oppas. Dankie

Pietman ·

Beste tyd om nou die Springbok af te haal en te onthou waarvoor hy gepronk het. Maak dit ‘South Africa’ of ‘proteas’ TOTDAT die politici onttrek en die vuur weer in die regte spelers brand.

Abel vd Merwe ·

As dit ons beste spelers is, dan gaan daar heel wat huise wees met spog tuine en waar nie water is nie sal die tuine ten minste baie netjies wees, want rugby sal nie gekyk word op Saterdae nie.
Hoe kan jy teen ‘n ander land se beste spelers gaan speel , maar jy word aan bande gelê deur politieke voorskrifte. Ek sê wel die beste speler moet speel en skep geleenthede vir ontwikkeling. Wie moet die pak vat vir so ‘n verloor, die afrigter of die speler ? Ek sê die afrigter !!!!

boerseun ·

Go Ierland. Nee wat. Haal asb die springbok wapen af. Daar word n onreg gedoen aan springbok legendes.Ek dink geel en swart truie met rooi broekkies sal gepas wees.

Bruno Stef ·

Yippee die transformasie het nou regtig begin inskop dit gaan oor geld en soos die landsregering na n vlak van belaglikheid.Is dit die moeite werd om nog na n derderangse wedstryd te kyk ek glo nie.

Bobbie ·

Die Bokke speel sonder Afrigter en Kaptein en die beste spelers word nie gekies nie. CJ Stander was die beste Springbok op die veld.

Frans C ·

Hoe langer die Leeus onder Coetzee speel, hoe vrotter word hulle.Die skakelpaar is so onseker en stadig in alles wat hul doen,dat ‘n mens nie kan glo dat hul in ‘n Superrugby finaal betrokke was nie.

Alle besit word eenvoudig weggeskop,terwyl De Allende met ‘n vier teen een ook besluit ‘n skoppie sal die beste werk.Waar begin ons probleme? Uit Superrugby is dit duidelik dat Suid Afrikaanse streekspanne nie die mas op kom nie.

Curriebekerrugby is so afgewater dat nog net sportskrywers lewe in dit blaas en dit ophemel.Talle belowende spelers verlaat weens politiek inmening , struikelende Rand en sukkelende ekonomie die land en speel later vir ander lande.’n Skande dat ‘n man soos Stander die Bokke ore aansit en plaaslik as te klein geag is.

Voeg daarby ‘n afrigter wat totaal uit sy diepte is en jy het ‘n resep vir ‘n grootskaalse
mislukking.Wat die oplossing is weet ek nie,maar as daar nie vinnig ‘n plan gemaak word
kan ons maar die ideaal van nog ‘n wêreldbeker ,op ons mae skryf en met onse hemde afvee.

Nico ·

Erick ek is dit100% eens met jou en daarom gee ek ook die gym die sjuld vir al die spier beserings. Verder sê RSG se nuus vanoggend AC sê die ”gameplan” het in die oefeninge gewerk maar nie in die wedstryd nie. Wel AC in vandag se tyd sal alles in oefeninge werk want duik sake en ander foefies kan nie teenstand bied nie. Die span maats gaan ook nie hul lywe op die spel plaas in oefeninge nie want ons kan mos seerkry. Do so voort AC en ANC. Hoop gisteraand het nou gewys SA moet nie die wêreldbeker aanbied nie.

Chris Ws ·

Vat AL die springbok baadjies,truie ens ens en vervang dit NOU met rooi truie en baadjies met een of ander afrika embleem.Die onteering van die Springbok kleure en embleem gaan nou net te ver!Waar het jy gesien ‘n Springbok span verloor 57-0 teen die All Blacks en 38-3 teen die Iere???Agnee ,Suid Afrkaanse rugby is ‘n volslae ,hopelose spul!Die HELE rugby wereld lag ons uit vandag!Die bokke is die grap van die eeu!Maar dis presies wat die huidige regering wil he.Hou dieWereldbeker kompetiesie ver weg van Suid Afrika af.Ierland is ‘n baie beter keuse!

Abie Blaauw ·

Ek stem saam – fokus die aandag op SA se sosio-politieke en sosio-ekonomiese gemors deur internasionale wedstryde (en spesifiek wêreldbekerwedstryde as SA die belaglike prestasie lewer deur die bod te “wen”) te boikot. Geen kaartjies, geen losie, geen borge uit ons sakke nie….wie sal die siplekke vul? Wie sal SARU se koffers laat bult en hulle salarisse finansier? Beslis nie diegene wat nie ‘n oomblik van stilte vir plaasmoorde wou hê nie…..die wat vir die oomblik van stilte gevra het, moet wegstap. Uit en gedaan. SARU is nie ons ondersteuning waardig nie – want ons is hulle nie waardig nie. Of hoe?

Dirkie ·

Ander lande se natuurlik die bokke bly n goeie span. Hulle se dit sodat A Coetzee as coach bly, en dat hy sy swak spankeuses behou. Eben is n goeie speler, maar nie n captain nie. Ons kort n captain wat kan inspireer, en n agterlyn met n skakelpaar wat kan vorentoe speel en as dinge swaar gaan ook uit swak balle iets kan skep. Waar ons hulle gaan kry weet nugter alleen. Pollard/Bosh/ Reinach ek weet nie. Vermeulen half beseer lyk beter as ons agstemanne op toer. Hoop werklik Marchelle Coetzee , Whitley word gekies as hulle beserings oor is.

Callie ·

Dirkie, word wakker. Kwotas het hulle waar hulle is en AC is n totale kwota afrigter. Van al die gekleurde spelers in daar die span is Kolisie die enigste een wat daar hoort. Kwotas het die spelers se standaard van speel stelselmatig verswak. Almal het stelselmatig daarby aangepas. Rugby sal nooit weer die hoogtes bereik in SA wat dit was voor daar van skole vlak tot Springbokvlak die beste gekies word sodat kompetisie ondermekaar die standaard bepaal nie. Het klaar gereel om my DSTV einde van maand af te sit. Klaar met dit wat hulle rugby in SA noem

Peet ·

En hier kom die bokke ,nee bananas 2. Alles word steen vir steen afgebreek tot darr niks oor is.
SA se rugby glorie is finaal verby. Allistar het nog net n paar spykers nodig om die bok kis klaar toe te slaan. Arme seuntjies wat so met trots hulle Springbok truitjies dra

Mielie ·

Ek kyk al lankal nie meer rugby nie, om verskillende redes. Ek sidder as ek hoor mense verwys na die span as Bokke. As ek hoor mense praat van die Springbokke dink ek aan glorie spanne wat met trots op die veld gespeel het. Heeltemal n ander klas Bokke. Hierdie glamour boys het daai embleem, die trots, die hart na rommelstatus gebring. Hulle is en sal nooit weer die geliefde bokke wees nie. Ek wens regtig hulle wil wegdoen met die bok embleem en hou by die blommetjies. Dis meer gepas vir hulle. Die protea is nou droog en besig om dood te gaan. Laat die nuwe generasie glamour en fame boys iets daarvan maak. Hulle voorkoms is belangriker as hul nalatenskap op die rugbyveld. Vir die bokke wat oorsee speel wil ek net se welgedaan en dankie vir die trots waarmee julle in daai boktrui gespeel het. Die goeie games is gelukkig nou op dvd en ek raak so trots as ek sien hie ons eertydse helde gespeel het. Hoe James Small en Kobus Wiese onder andere die beroemde HA KA letterlik in die oe gekyk het en dit verslind het. Kry nou nog hoender vleis.

JJ ·

Eric is reg. Brenden Venter is ook by Bokke betrokke maar dit raak swakker. Bokke moet uit gym kom en tyres gaan sleep. Kyk hoe klein is die heelagter en losskakel van All Blacks en hardloop gate deur die groot ouens. Afrigting en span keuses pateties by Bokke.

Gatvol ·

Ditto. Ek kan maar net nie die kloutjie by die oor bring hoekom van die spelers nog wil stampkar rugby speel nie, of is dit hulle westryd plan? Die Iere het duidelik hulle punt bewys dat die wereldbeker daar aangebied moet word. Hopelik kan Rassie die gemors regruk as die politiek hom dit gaan toelaat.

Riaan ·

Amal van die bok spelers tot by die useless betuur moet ook maar soos ons amal op n performance base systeem betaal word.
As jy nie perform nie word jy nie betaal nie, as jy weer nie perform nie kry jy n waarskuwing en dan afgedank.
Dit sal nogal interesant wees om te sien as n bok speler en bestuurslid skielik van R 100000-00 n maand moet val na R 5000-00.

alwyn burger ·

You cannot have normal sport in an abnormal society. Toetie hy moet hys toe kô. Alistair is ñ innemende man en hy praat mooi suiwer Afrikaans maar is dit genoeg?. Het ons beter?. Wat van al die slim manne van Toks en Tjops of die kerkraad van Superrugby ( grappie!)

Groen blaar ·

Siesa! Hulle het soos Boerbokke gespeel! Verwyder asb. die Springbok-embleem, sodat ons nog die mooi herinneringe van die Bok kan koester!…Mens kan nooit politiek met sport meng nie, A.C!!

Johannes van Staden ·

Die beste speelers sit oorsee . Dalk maar tyd om die naam springbok te verander asb want dis nou n groot verleentheid vir al die trotse voorgangers .

Groen blaar ·

Ja, Johannes, die Springbok het oorsee gaan spring..Ek dink ook die embleem moet verander word! Die Springbok is weg..(sug)

Lourens v Tonder ·

Stem beslis saam met vorige skrywers. verwyder nou maar die springbok embleem, gesien in die lig dat die protea reeds op die trui is. Die naam Spingbok is die spelers nie waardig nie, vervelige rugby en ‘n stampkarrugby plan is net 3 punte werd .

Pieter ·

Ek wil graag een ding weet, 30 jaar gelede ( hoerskool rugby) het ons op video tapes na ons wedstryde gekyk van Saterdag, ons het na die bokke en All Blacks gekyk OM TE SIEN wat doen hulle wat ons as skole rugby mis. As elke man kyk hoe slaan die ander span in n los gemaal in hoe duik een persoon en die 2de vat die bal af, hoe besluit die loskakel waar hy gaan skop nog voor die bal ingegooi word, hoe ek die ander span moet laat omdraai. Hoe die joos kan ons 30 jaar later nie dit raak sien nie. Waar kan voorspellers in die agterlyn gaan staan en wag vir n bal, GEEN wonder daar is niemand om die bal te beskerm wanneer een van ons geduik word nie, want hulle wag vir die bal in die agterlyn SWAK SWAK SWAK. en dus manne wat vir R100 000 + n wedstryd opdraf en nie kan sien jy kan niks maak sonder die bal en same spel nie. Nee wat ek gee op regtig dit was pateties om te kyk.

Johanna Botha ·

Wat NOU WEER ! ? Heetlyk word gese daar word fondamente gele en ons leer uit ons foute ….? Dan wil ons met sulke swak spel en skande n wereldbeker aanbied waar misdaad ook jaar op jaar net toeneem …REGTIG !? ! ?

Anti - anti ·

Die eerste kommentaar hierbo lui: Politiek, politiek en nomaals politiek. Kom ons noem dit nou eens en vir altyd by die naam. Dit help nie om te debateer oor spelers se balhantering, kombinasies, of watter speler op die dag se spel “af” is nie. Dit is nie nou die probleem nie. Ons probleem is ‘n minister(s) van sports wat nog nooit aan ‘n rugbybal gevat het nie, nog nooit daarin belanggestel het voordat hy in die politiek beland het nie en die beste bydrae wat hy kon maak is om voor die Springbokke se vertrek na die buiteland vir hulle te se: Jelle moet helle gaan b…..m! Die enigste belang wat hy/hulle by enige rugby het is om sy ( lees: ANC, EFF en andere) politieke ideologie te bevorder en alles van die blanke (veral Afrikaner mans) in die grond in te verdruk; ‘n gevolglike patiese SARU; patetiese administrasies; onbekwame afrigters met polities- bevooroordeelde spanne. Die hele gemors waarin SA rugby hom die afgelope klomp jare bevind het ALLES met ANC, EFF en andere se politiek te doen. Indien ‘n Swart,-Kleurling of -Indierspeler op MERIETE sy plek in ‘n span verdien…..kies hom; Maar geen BBBBEEEE, transformasiespanne nie. Tot dan sal ek nooit weer ‘n rugbystadion besoek, of R1000pm betaal om superrugby te kyk of my radio aanskakel om na ‘n uitsending te luister nie.

Anoniem ·

Die Iere is nog niks nie wag tot ons die ‘Wêreld Beker 2023 ‘bod’ verloor Dit gaan eina WEES Mnr. Kwota !!!!!

Michiel ·

Kwota spelers
Kwota afrigters
Kies regte ouens eenvoudig
En Jake W

Siestog! ·

Haha haha….ai boerbokke hoe lekker lag ek nou vir jul!! Ja nee transformeer nog meer anc , ac jul het dit waarlik reg gekry om bokspan af te bring tot op jul patetiese vlak….bwaahahaa…ai cut your nose to spite your face ne!!!

PhilipGersbach ·

Waar oor kla julle ?? Al die punte wat die bokke behaal het was deur kwota speler aangeteken !!!
Waar is die tasdraer kaptein ?? Ramapella sluit hom in en die prentjie wat die Zuma regeering wil he is volmaak !!! Ek was n lojaale SPRINGBOK ONDERSTEUNER !!!

Denise ·

Ai ek het nou lekker gelag op die maandag oggend wat nou nie my beste dag is nie al wat ek kan se ek dink die spelers is maar self net T arrogant en die afrigter geen kommentaar!!!!!!

Soekie ·

Sien in die koerant dat Ruan Janse van Rensburg ook nou oppad is Europa toe. Ek neem regtig nie meer die jong manne kwalik dat hulle oorsee gaan speel nie, want wie wil nou by so ‘n gemors betrokke wees, en daar is ook nie meer ‘n toekoms vir die jong wit spelers nie, en hulle besef dit. Voorspoed met julle toekoms daar oorkant manne. Hoop julle gaan van krag tot krag…soos wat CJ weereens die naweek bewys het….en hy was mos te klein om vir die Springbokke te speel. Lagwekkend!!!

Daniel ·

Het Saterdag na die Afrikaanse kommentators geluister en amusant gevind. Hulle het na ‘n ander wedstryd gekyk. Was positief dat die Bokke gaan wen en dit ook beklemtoon met elke plaasvervanger wat op die veld verskyn het. Tot in die 76ste minuut nog gedink die Bokke gaan dit maak. Wat ‘n wanindruk sou dit nie gewees het as dit ‘n radiouitsending was nie. TV kykers en toeskouers het in die eerste 20 minute geweet die skrif is aan die muur. Nick Mallett se kommentaar na die wedstryd het alles opgesom!

Jaco ·

Verander die hele agterlyn.
9) Ruan Pinaar
10) Du Preez
12) Pollard
13) Am
11) ?
14) ?
15) Galant

Johan Smal ·

Baie mense gaan my seker stenig, maar ek geniet elke verloor van die “springbokke” gate uit. Solank daar regstellende aksie toegepas word sal ek ‘n verloor enige tyd geniet.

Trevin ·

Jy is glad nie alleen nie Johan. Ek, en baie ander, sal nooit weer ‘n rasgedrewe sportspan ondersteun nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.