Siesa, nóg ‘n skokkende Bok-vertoning!

As die Springbokspan nie eers een van die swakste Australiese spanne in baie jare sonder sy twee beste spelbrekers kan klop nie, is daar sommer baie groot fout.

Ja, ons weet dit al lankal, maar steeds klou ʼn mens maar vas aan strooihalms, hoop jy dat die spelers na ʼn hoër rat kan oorskakel en die geleenthede kan aangryp.

Die Wallabies het die toetswedstryd in die Rugbykampioenskap Saterdag in Brisbane met 23-18 gewen nadat die Bokke rustyd met 18-17 voor was. Suid-Afrika kon in die tweede helfte geen punte aanteken nie.

Was dit die spook van Brisbane wat steeds geloop het?

Nee! Dit was bloot die onbeholpenheid van die Bokke. Uit en gedaan.

Kom ons begin heel voor. Toe David Pocock en Israel Folau hulle voor die afskop onttrek het, moes die skaal in die Bokke se guns geswaai het. Of so het ons altans gehoop.

Toe die ysterslot Adam Coleman ook moes onttrek, het ons die hande begin vryf.

Maar soveel van kleitrap soos die Bokke aangevang het, is daar lanklaas gesien.

Hanteerfoute, swak besluitneming, soms powere skrumwerk, ʼn gebrek aan ondernemingsgees en selfvertroue was aan die orde van die dag.

Ja, die bal was glad vanweë die gladde speeloppervlak. Maar ai, dis tog immers die land se beste spelers, hoogsbetaalde beroepspelers wat daagliks agt tot tien uur op die oefenveld deurbring.

Kom ons aanvaar dit maar, daar is nie meer genoeg vaardige spelers om ʼn verskil te maak nie.

Daar is vooraf baie gepraat oor die impak van die plaasvervangersbank sou maak, maar daar het dadels van gekom.

Reeds toe die Wallabies se Michael Hooper vroeg in die eerste helfte ʼn drie gedruk, het die waarskuligte begin brand.

Hoekom spring die Bokke so stadig uit wegspringblokke weg?

En toe die haker Bongi Mbonambi kort voor rustyd naby die Springbokke se doellyn die bal oor al sy springers se koppe gegooi het vir nog ʼn skinkborddrie, was die slag geslaan.

Wie se besluit was dit? Die kaptein, Siya Kolisi s’n? of was dit Franco Mostert?

Nee, dis eenvoudig nie goed genoeg nie. Maar wat kan daaraan gedoen word?

Nou wag die All Blacks in Wellington.

Kan ons hulle klop?

Droom gerus voort.

Puntemakers ‒

Australië 23 (17): Drieë: Michael Hooper, Matt Toomua. Doelskoppe: Toomua (2). Strafdoele: Toomua (2), Reece Hodge.
Suid-Afrika: 18 (18): Drieë: Makazole Mapimpi, Bongo Mbonambi. Doelskop: Elton Jantjies. Strafdoele: Jantjies (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Floppies ·

Nie die wedstryd gesien nie maar ek verneem Kolisi en Mapimpi was die enigste ligpunte. Willie blykbaar hoeveel keer die bal aangeslaan. Rassie nou 3 uit 7, reeds meer verloor in ‘n half-jaar as wat AC in ‘n hele jaar verloor het. Sekerlik een van die swakste Bok-afrigters ooit.

Swartwolf ·

A.C. moet Snorre join by Zim. Dis omtrent sy vlak. Hy was die een wat meeste van die gemors veroorsaak het.

Dereck Le Roux. ·

Ek het van die begin af gese al maak hulle vir Rassie Erasmus die nuwe bok afrigter gaan dit nie SA Rugby regruk nie, die Springbok is dood en begrawe.

Veritas ·

Dereck, SA rugby is uit op sy voete. Van laerskool- vlak, regdeur tot Curriebekervlak, is dit ‘ n getjommel. Die regering het in sy doel geslaag. Die Boere se sport het geval. Nou gaan die aanslag teen Afrikaans, al hoe feller raak.

Schalk ·

Ek stem saam. Ons probleem is nie by spelers nie maar top bestuur

Leon ·

Die Springbok emvleem en enige konnotasie met Springbok moet verwyder word

Buffel ·

Eintlik het die bontebokke goed gespeel om met minder dat as 30 te verloor maar dan was daai Aussies se spel hondsleg. Maar hoe was Die Ellende, Jantjies en Mbonambi…. o ja moet nie vergeet van Kolbe op heelagter nie. Eerste meer wat hy die Val hanteer toe druk die Aussies amper. Wat ‘n grap. Hele span het kwota oor hul geskryf.

Veritas ·

Die Springbokke kan maar net nie hul wegwedstryde wen nie en soos dinge nou lyk, gaan hulle nog so twee tuiswedstryde ook verloor. Wat ‘ n grap gaan dit nie wees nie. Ek sal graag wil hoor wat die kwotavoorstanders te sê het.

Müller ·

Ek het die laaste 15min gesien en is oortuig dat daar geen fut, trots of liefde vir hulle spel of die nasionale kleure oor was nie… Dit het lyk soos ‘n spieël vir Suid-Afrika as geheel.

Gawie ·

He..He. .het vanoggend besluit om te gaan golf speel. Wat n uitstekende plan! Toe ek tuis kom lig vroulief my in die Bokke het weer verloor…so bly ek kon nie kyk nie, n lekker stresvrye Saterdag oggend gehad.

Golf ·

Geniet jou golf solank jy kan! Lyk na n goeie plek om te begin met onteiening sonder vergoeding vir hoëdigtheidsbehuising!

Swartwolf ·

Definetief sien kwota’s het hul uitstekend van hul taak gekwyt. As AUS nie so vrot was nie sou dit sekerlik ‘n slagting gewees het. Volgende week gaan SARU en Rassie kry wat hul verdien – vernedering.

floppie ·

Absoluut – Hulle het al die punte aangeteken en Kolisi was die beste Bok op die veld. Daar moet verseker meer gekleurde spelers gekies word, te veel wit ouens wat net rondstaan en geen punte aanteken nie.

Snowball ·

Tragies! Futloos! ‘n Absolute teenpool van die wedstryd tussen die All Blacks en Argentinië. Australië is self bedremmeld, maar ons kan hulle nie eers klop nie.

Afrikaan ·

Absoluut pateties. Daar is soveel negatiewes dat mens nie weet waar om te begin nie. Ek weet wel dat ons steeds nie ‘n afrigter het nie. Ook nie spelers nie. Ek wil net pleit dat die Springnocks asb nie meer die groen trui mag dra nie. Groot asb nie; hulle maak ons naam gat.

Callie ·

Nie meer genoeg vaardige spelers nie, volgens die berig. Dit vertel ons galbrakers oor kwotas dit al vir 3 jaar vir julle. Dit gaan net erger raak. Ek begin dit geniet. Daar is mos nie kwotas nie. Verwyder bok embleem asb. Hy word n onreg aangedoen

Barend WA ·

Well I’ve watched the game and I personally think the boks didn’t play that bad. I think all I mean all the South Africans should stop hanging on the past and start supporting the boks again

Boland ·

Bokke verteenwoordig SA en lyk soos SA.Het niks meer verwag nie.Haal asb die springbok af.

Arie ·

Ja hulle moet nou maar die wapen verander – spring bokke sal hulle nooit weer wees nie! Maar Rassie vaar ook nie beter as snorre nie, hy tas rond soos ‘n afkop hoender

Attie ·

Stem. Rassie, Snorre en Toetie ewe vrot. Eintlik kan ons hulle almal kwota afrigters noem. Ding is Snorre het baie beter gevaar as die ander twee narre. Rede…..hy het meeste van Jake White se 2007 wereld beker span, nie kwota spelers gekry met ‘n reeds gevestigde respek vir die trui, span en nie net met die werk etiek nie maar ook die fisiese impak en spel vaardighede om te presteer. Wys my ‘n kwota span wat die wereld beker sal ruik…….

Hendrik ·

Ek het ook maar Gawie se voorbeeld gevolg en myself gespaar van hoë bloeddruk ens. ens. Die bokke moet hulle nou regmaak vir ‘n rekord nederlaag teen die All Blacks. Die Springbok is al laankal dood, bale hartseer.

·

Die ANC het die bokspan net waar hulle hom wil he!
Hoop almal bly weg as hulle in RSA moet speel.
Bly weg en wys ons is moeg vir verloor rugby!

Johan ·

Anc kry so lekker asbokkies verloor. Verader wapen en groen truie.

Ben ·

Van waneer af gooi ‘n hakker n bal so in ‘n Lynstaan? Op jou eie doelyn? Dit laat mens wonder hoeveel die Wallabies die hakker betaal het om doelbewus die wetsryd te saboteur? Hierdie is n verdeelde span met n tekort aan verstand. Hulle sal nooit iets wen nie. Sien ons kry weer n nuwe afrigter voor die wereld beker. Score teen die All Blacks so 55 – 7. Jammer vir die paar werklike Springbokke.

Herman Goosen ·

Gelukkig speel die Springbokke nou bestendig – Jy weet hulle gaan verloor. Dit is maar net ‘n kwessie van met hoeveel. Ha-Ha

Nouja ·

Nog nie vandag die TV of radio aangehad nie. Duidelik niks gemis nie. Skole rugby is al wat my nog opgewonde maak oor rugby.

Duppie ·

Gee die afrigter die keuse om die spelers wat die beste is te kies of jy nou pienk geel of bont is, dit maak nie saak nie, dan kan hy dalk iets begin regkry. Springbokke se probleem is dat politiek die span kies en dit is die vrugte wat gepluk word net soos in alle ander vlakke van die samelewing. Gaan asb voort met dit aangesien ek dit geniet om te sien hoe die All Blacks hulle trap. Ai hoe lekker smaak die stukkie droë springbok biltong tog nie nou voor die kagel nie

Anoniem ·

Soek maar net die fout in die kultuur wat heers in Suid Afrika Back to Basics ! Grondgrype, Escom, SAL, Regering, Sanral, Saru, Water bestuur. Die onbeholpenheid in SA manifesteer in ALS ! SA draai Julle gesigte weer terug na GOD en EK sal JULLE weer op ‘n WENPAD sit ! ??????????????????

Dienkie ·

Ben, is jy seker die telling teen die All Blacks gaan net 55-7 wees. Ek het net so ‘n vuil spesmaas die verloortelling gaan groter wees.

Attie ·

Dinkie ek stem saam. Lamsakkige bontebokke sal gemeet teen hulle kwota standaarde briljant moet speel om die telling teen hulle < 60 te hou. Dan kan hulle maar 'n " lap of honor doen " .

Boesman. ·

Alle rugby in S.A is swak, baie swak. Ek gaan nie hier sê wat die oorsaak is nie, ons weet dit. Kyk net na 10+ jaar terug se rugby, wie het toe gespeel. Op alle vlakke het rugby agteruitgegaan. Politiek het ons sport “dood” gemaak en dit sal nie verbeter nie, inteendeel, dit sal nooit weer kom waar dit was nie.

Attie ·

Sa skole rugby is die beste in die wereld. Nie die SA Skole span nie maar die top skole self. Van daar af is waar die verval begin, sodra provinsiale en nasionale spanne gekies word op ‘n rassistiese kwota sisteem en nie op ‘n meriete sisteem nie.

kolla ·

Maar Toetie het dan net 3 wedstryde die hele jaar verloor. Hoe kan jy sê dis gemors? Rassie sal wat wil gee om so ‘n spoggerige rekord te kan hê.

rokkies ·

Met dieselfde afrigtingspan het Toetie net 3 wedstryde verloor.

Attie ·

Toetie kan skaars ‘n o15 span afrig. Onder sy bestuur het die verrotting van kwotas versnel. Moet nie Toetie met Rassie vergelyk nie. Vergelyk hulle altwee met nie kwota afrigters soos Jake White, Kitch Kristie en Nick Mallet.

Anoniem ·

Die probleme van die Brisbane verloor van die Springbokke is baie dieper as net om ‘n bal verkeerd in te gooi op Jou eie doellyn ! Gaan soek die fout op Suid-Afrikaanse grondgebied en in die psige van Rugby ondersteuning en die van dag tot dag BESTUUR van ONS LAND ! Ons het so ver agter geraak dat net met GEBED, VERTROUE en GELOOF kan hierdie gaping oorbrug word ! Dink net terug aan 1995 se Wêreldbeker en watter rol President Mandela gespeel het met Sy Madiba Magic en NASIEBOU en Francois Pienaar se NR 6 trui ! President Ramaphosa neem uit die verlede dit wat MOOI en EERBAAR en KOSBAAR en EDEL is en BOU daarop ons TOEKOMS asseblief ! ??

Anner Anton ·

Ding is ons in SA kon nog nooit rugby speel nie kwotas of nie. Die sport het maar nog altyd die beste spelers doelbewus mis gekyk en liewer spelers van die “regte” skole gekies.. So word afrigters ook mis gekyk. Gaan oor waar jy gatkruip nie wat jy weet van die spel nie. Ja-nee die Springbok was maar nog altyd elite bling!

CdV ·

Die probleem lê dieper gewortel. Daar is GEEN NASIETROTS. Die RSA konsep is dat dit OK is om met tweede klas spelers te speel en dan OK is om tweede te kom. Dit is OK om te verloor of nog voor jy oorsee reis soos van die super vervelige toernooi se afrigters wat sê hul is happy as hul helfte van die oorseese wedstyde wen. Dus standaard is 50% en nie 100% nie. Dit is ‘n paradigma wat in alle sporte, veral RSA Rugby, krieket, sokker, & hokkie geld – geen veggees. Jammer Rassie faal erg om wen kultuur daar ts stel.

LHS ·

Rassie sal in sy ewige lewe nie vervang word as afrigter nie, dit is dan juis waarom hy van nerens deur SARU in opdrag van die ANC aangestel is in 2 poste, direkteur van rugby en sommer afrigter van die bokspan ook, om die finale fase van transformasie, lees as vernietiging, te laat plaasvind. Aanvaar nou maar die realiteite, S.A. sal nooit ooit weer enige krag Op internasionale vlak wees nie.

Niklaas ·

Daar is geen nut in die volgende wedstryd vir die Bokke nie. Wen sal ons nie , teen die All blacks. Selfs al rus hul een groot aantal NZ sterre , want selfs hul 2 de of 3 de span sal mors met Bokke. Die vernedering gaan groot wees. Gaan dit Rassie hinder ? Neewat , hoekom ? Hy lag al die pad bank toe. Daar is mos een vet salaris met geen prestasie klousule. Vandag was daar werklik geen Bok speler wat uitgeblink het of geesdriftig voorgekom het nie. En kyk net hul gesigte volgende Saterdag net voor afskop. Moedeloos !

Zukof ·

Floppe gaan volgende saterdag skool toe. Hulle gaan n les geleer word in rugby. Hoop hulle het hulle notaboekies gevat. Hehehehehe !!!

JohanC ·

Die groot probleem is ons het GEEN Suid-Afrikaanse rugby afrigter wat enigsins op standaard is om die Springbokke te kan afrig nie
Ons moet n NZ rugby afrigter kry wat hom nie sal laat rondneuk met rugbykwotas nie

Simon ·

So kweek ‘n mens geen vertroue in jou spelers nie, nie ‘n manier nie. Rassie moet eers sy menseverhoudinge regkry, sodat die spelers na hom opsien.

Willem ·

Hy kraak dan sy spelers af, genade, die man hoort nie daar nie!!!!! In jou lewe!!!

Gatvol ·

Teken van n afrigter wat nie die blaam wil neem nie( Sien dit elke dag in ons politiek). Die bemanning is net so goed soos die skipper. Miskien verstaan die bemanning nie die mengelmoes van afrikaans en engels wat opgedis word nie.

What a joke! ·

Wel ek moet erken Rassie is n puppet wat sy meesters met hul kwota vereistes tevrede wil stel en emm dink nie hy is n goeie afrigter nie maar dit sal ok help as sy spelers die basiese dinge reg doen soos om n bal te kan vang!Goeie genade hoe swak was hul bal retensie nie!!!

Simon ·

Blou genade, en dan is Erasmus nog direkteur van Springbok rugby … wag, laat ek liewer bek hou.

Riaan ·

Amal praat net, as die useless bokke op flou bul gronde speel oor 3 weke is amal maar weer op die stadium.
Wen hulle Aussies hier dan wen hulle weer die worldcup, tipiese SA ondersteuners.
Go All Blacks!!!!

DS ·

Soos met alle werke deesdae is dit net ‘n manier om geld te verdien. Doen jy dit swak of goed jy kry jou geld. Geen trots meer in enige werk nie nie verpleging, polisie of Springbok rugby nie.

LHS ·

Sonder n keurderpaneel wat nie polities n span kies met spelers op ware meriete wat konstante goeie rugby speel sal die narre scenario voortgaan vir ewig en altyd. So sal dit wees.

Getryda ·

Rugby span kan nie altyd wen nie, maar beslis ook nie verloor nie
Tot curriebeker spanne is nie op standard nie
Asseblief tog , verander die naam en wapen van bokke dis nie meer n trots nie
Ek het skoon vergeet om te kyk

Jorrie ·

Hou so aan bokke. Julle is amper op die vlak van bafana bafana.
Dit is waar hulle ons sport wil he

O Genade ·

Julle manne hierbo verstaan almal verkeerd.Miskien nou tyd dat die wit spelers kwota spelers word. Is in elk geval die swart spelers wat die punte aan geteken het.

Boerseun ·

As jy reels maak wat een ras bo n ander bevoordeel is dit rassisme, maak nie saak hoeveel punte hulle aanteken nie. Maar in enige sport is die idee om meer punte as die ander aan te teken so dit help nie n speler druk 2 drie maar staan 3 af nie.

John ·

Rassie is en was ‘n plaaslike afrigter van die Vrystaat wat met ‘n megafoon van die dak af gebulder het. Om jou span sleg te se na ‘n wedstyd is ‘n refleksie op jouself. Wie rig die bokke af? Miskien sal hulle baie beter doen sonder hom. Ek glo SA beweeg weg van rugby na football omdat dit beter pas by die Afrika-styl: Storm. Intrige en planmaak-in-krisis is iets wat aangebore word en net opgeskerp moet word. Rugby is in Europa ontwikkel. Rassie was net hande na elke game. Stuur nog Life Boys sy seep is op. Swak!

Johanna Botha ·

Ag wat die hele verloor situasie is maar net n spieel wat in die land aangaan ….die anc het SA op alle vlakke vernietig in die proses van selfveryking …maar anc die stem ons weer want ons glo die lee beloftes want ons is dom en wil sukkel ….as ons almal sukkel is ons mos gelyk …dis wat die mense lyk my dink en ook wil he !

Koos1 ·

So bly ek het sowat ‘n jaar terug ophou rugby kyk. Baie beter vir my gesondheid!
Nou wonder SARU hoekom hulle en feitlik alle unies finansieël sukkel. Borge ondersteun nie verloor spanne nie. Toeskouers betaal nie om te sien hoe jou span verloor nie.
SARU moet miskien by die ANC aanklop vir borgskap?

Spikkels ·

Die bal wat so baie aangeslaan word in nat toestande.. kan hulle nie handskoene dra nie? Ek verbeel my ek het al so iets gesien, of is dit nou nie manlik genoeg nie? As hul mekaar op die boud kan slaan kan hulle seker handskoene ook dra..

Hennie ·

Gaan kyk gerus weer daai toets van 1995 se wêreldbeker op Kingsmead teen die Franse op ‘n deurdrenkte sopnat veld en wat daardie ounes vermag het. Die Bokke van vandag sou versuip het!

OWO ·

Schalk jy slaan die spyker op die kop.As daar probleme is in enige bestuurstelsel,waar begin mens om die die probleem te ondersoek.Bestuur werk van bo af ondertoe en nie andersom nie.Daar is baie vrae wat gevra moet word en in diepte geantwoord moet word deur topbestuur.Daar is baie antwoorde aan die publiek verskuldig,wat die vermoe het om stadions vol te maak of leeg te laat loop.

bolla ·

Jy reken? Hier het ‘n Engelse skool-span sommer nou die dag nog vir Affies in SA pakslae gegee.

Player 23 ·

So bly ek het my groen trui vir ‘n swart & wit trui geruil. Beste besluit nog!

jannie ·

Ek het ook my trui verander Al wat SARU moet verander is die volkslied dan sal daai klomp protea spelers nie lyk of hulle op n begrafnis (hulle eie ) sing nie Laat hulle meer opgewonde lyk en uitsien na die game

Theuns ·

Ja julle, soek maar ‘n nuwe naweek sport. Ek het jare gelede ophou kyk en dit was moeilik aanvanklik. Vandag is ek bly.

Nico ·

Aussies het hul swakste wedstryd in jare gespeel maar was nog steeds beter as Rassie se STERKSTE SPAN volgens hom. Vergeet van wereldbeker – probeer NOU om te wen – vooruit kyk is Rassie se ondergang. Viva Aussies.

Piet Pompies ·

Hou op om afrigters te blameer – SA rugby is struktureel siek, as gevolg van politiek. Die vrot het nou regdeur gewerk, van voetsoolvlak af – geen Bok-afrigter kan met die resultaat van die vrot iets maak nie, selfs al sou daar nie meer kwotas op Bok-vlak wees nie – die sistemiese skade is reeds daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.