Skandinawiërs sorg vir skokke in Euro-rugby

Twee Skandinawiese lande het vir groot skokke in die afgelope week se ronde van die Rugby Europa se reekse gesorg.

Albei was in Afdeling 2 Noord waar Noorweë op sy tuisveld in Bergen vir Oostenryk met 9 – 6 getroef het, en Finland eweneens op eie werf in Helsinki vir Denemarke met 22 – 18 geklop het.

Noorweë is 21 plekke onder Oostenryk op Wêreldrugby (WR) se ranglys, en Finland 20 plekke onder Denemarke.

Veral die stryd in Bergen was uiters straf. Al die punte is met strafdoele aangeteken en die laaste 27 minute van die kragmeting het geen punte opgelewer nie.

Nóg ʼn groot verrassing was in Afdeling 2 Suid, waar Bulgarye (12 plekke laer geplaas) in Belgrado, Serwië, ʼn goeie oorwinning van 35 – 29 oor die tuisspan behaal het.

Wat Afdeling 1 Suid betref, het Kroasië vir Bosnië-Herzegovina op laasgenoemde se tuisveld in Zenica met 40 – 11 oorrompel.

In L’viv, Oekraïne, het die tuisspan in Afdeling 1 Noord met 24 – 13 met Luxemburg afgereken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.