Skatryk sakeman kry Bul-aandele

Patrice Motsepe. Argieffoto.

Die sakeman, Patrice Motsepe, het ’n aandeelhouer in die Blou Bul Maatskappy geword. Dié nuus is ná ’n vergadering gisteraand by Loftus Versfeld bevestig.

Motsepe sal voortaan 37% van die aandele in die maatskappy besit. Die oorspronklike aandeelhouers, Johann Rupert se Remgo en die Blou Bulle Rugby-unie, se persentasie aandele is nou onderskeidelik 37% en 26% onderskeidelik. Dit was aanvanklik 50% elk.

Die Bulle se president, Willem Strauss, het gesê dat private beleggers groot waarde tot die spel kan toevoeg.

“Ons het oor die afgelope paar maande baie hard gewerk om hierdie ’n werklikheid te maak en ek is trots om te se dat ál die unie se komiteelede ten gunste van die ooreenkoms was,” het Strauss gesê.

Hy het bygevoeg dat die ooreenkoms nie net voordelig vir die Bulle se professionele struktuur sal wees nie, maar ook vir die Pretorianers se amateurrugby.

“Ons is bevoorreg en opgewonde om iemand soos mnr. Motsepe in ons hoek te hê.”

Die skatryk Motsepe is ook die eienaar van Mamelodi Sundowns wie se tuisveld ook op Loftus Versfeld is.

“As ons volhou om die regte dinge in Afrika te doen, kan ons ’n baie opwindende en mededingende globale mark hier vestig,” het Motsepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boerseun ·

mooi vir julle. In die stadium kan aandele in sa rugby spanne nie te duur wees nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.