Skerp Kiwi-aanval op RWB vir Suid-Afrika

ʼn Skerp aanval op die raad van Wêreldrugby (WR) se aanbeveling dat 2023 se toernooi om die Rugbywêreldbeker (RWB) aan Suid-Afrika toegeken word, verskyn, in weerwil van Rugby Nieu-Seeland se steun daarvoor, op die Nieu-Seelandse webwerf Stuff.co.nz.

Die rubriekskrywer Mark Reason meen boonop die vereiste van WR dat toekomstige aanbieders van die toernooi “wesentlike” ervaring van die aanbieding van ʼn geleentheid van die eerste rang moet hê Nieu-Seeland daarvan uitsluit om ooit weer ʼn RWB-toernooi aan te bied.

Hy bestempel die begunstiging van Suid-Afrika as ʼn “flagrante knoeispul” en gee te kenne dat dié land eenvoudig die toernooi “gekoop” het deur $307 miljoen (sowat R4,4 miljard) aan te bied teenoor Frankryk se $288 miljoen (sowat R4,1 miljard) en Ierland se $230 miljoen (sowat R3,3 miljard).

“Steur jou nie daaraan nie dat Suid-Afrika, vergeleke by Frankryk, finansieel sorgbehoewend is, en met verskriklike armoedevlakke sit. Steur jou nie daaraan nie dat hy sy geld verdiensteliker kan bestee.”

Reason wys daarop dat rugby hom verwaand op die skouer klop oor sy waardes, veral integriteit en respek, en die rol wat dit in die keuring speel, maar heeltemal daarvan vergeet as dit by geld kom.

“Dan gryp ons alles wat ons kan, ongeag die potensiële menseskade.”

En: “WR noem die RWB ‘die finansiële enjin wat toelaat dat die spel ontwikkel word’. Ek noem dit woeker, wat vir te veel salarisse, te veel kantore en te veel sakeklasvlugte betaal,” skryf Reason.

Hy kry nog ʼn hou of wat na Suid-Afrika in.

Dis “lagwekkend” om te sê dis ʼn onaanvaarbare risiko dat Ierland eers sy stadions moet verbeter, “terwyl alles wat Suid-Afrika sê op sigwaarde aanvaar word”.

“[Hy is] politiek verreweg die onstabielste van die drie lande… tog word alles in vertroue aanvaar.”

Hy vind WR se standpunt in skerpe kontras met die Olimpiese Spele, wat ʼn nalatenskap van verbeterde geriewe nastreef.

“Die beoordelaars het Ierland in die vervoerafdeling afgeslag, maar Suid-Afrika ten opsigte van veiligheid op dieselfde vlak aangeslaan. Wel, as motorkaping is wat jy verlang, raai ek dat dit volop sin maak. Maar regtig?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Callie ·

As die wereld beker toegeken word aan SA sal dit die grap van die eeu wees. Daar sal nie n SA wees in 2023 soos dit nou gaan nie. Mense, die land is op n mespunt wat burgeroorlog betref, die SAP dien die kriminele, die land is in chaos. Zuma en sy rampokker maats steel die staatskas finaal leeg. Wys net hoe siek die politiek lorrekte wereld is.

Sarie ·

Hy is so reg. Vet katte wat geld uit armes se monde neem. Aanvaar maar ons muishondland is nie geskik nie en voorkom ‘n katastrofe.

Henry ·

Ons is inwoners van ‘n rampokkerstaat wat deur ‘n regime bedryf word, wat geen respek vir die veiligheid en welsyn van of die inwoners, of besoekers aan hierdie droewe land toon nie.

Afgesien van al die ander oorbekende redes waarom die RSA nie die RWB durf/kan aanbied nie, toon die gemiddelde moordsyfer van 50 mense per dag(!) wat sedert 1994 deel van die misdaadsyfers is, dat hierdie korrupte en onveilige Subsahara Afrikastaat allermins as ‘n moontlike gasheerstaat kan kwalifiseer.

Cor Rademeyer ·

Hoe kan die toernooi aan ‘n land toegeken word wat sy nasionale span kies op die grondslag van rasse kwotas – dus rasse diskriminasie?

Anoniem ·

Callie ek stem saam met JOU ! LOS maar die World Cup Hoeveel TOERISTE sal dan orals beroof word of ‘v e r m o o r’ word ! BLACK WORLD CUP 2023

Laat Heinz bietjie sing neti praati !

Deon ·

Ek stem 100% met die New Zealander saam. Kan geen fout vind met enige van sy stellings nie.

Net so ·

Jong ek het gedink ek is pessimisties toe ek met die breek van die nuus oor die aanbeveling, gewonder het hoe lank sal dit neem voordat dit bekend raak dat iemand weer iewers omgekoop is…. want, alles wat hy se is waar.

Ek sou nie toeriste aanbeveel om hiernatoe te kom nie, op geen vlak kan SA toeriste se veiligheid verseker nie.

Dit is maar ‘n korrupte wereld, geld regeer alles.

Kobus ·

Kan ons nie nou maar ophou om kwaad te wees nie, ek is so moeg vir al die negatiwiteit, hou nou op en begin bou, moenie vaskyk in zuma en sy gespuis nie, kyk na wat jy het !! En waardeer dat jy nie honger en koud slaap nie !

CFS ·

Kobus,dit is alles baie mooi en goed die positieweteit van jou maar die feit dat ek nie honger of koud gaan slaap binne my tronksel wat ons deesdae huis noem nie agv.die gespuis in hierdie land is net te danke aan die Here.Ek is keelvol om positief te wees oor ons patetiese afrigter met sy kwota span.Feit van die saak is dat ons,ons naam op en af van die veld gaan weg gooi.Lees oor plaasmoorde en word wakker.Die geld kan eerder gebruik word om bv. water uit seewater te probeer kry.Die publiek is in elk geval dik vir die politieke span en sal nie gaan kyk nie.Jou regering sal egter aanhou met kwotas tot dit lyk soos Bafana bafana met hulle “wen rekord”.Wonder tog hoekom hulle nie beter vaar nie,is dit moontlik in hul gene om ook daarvan ñ gemors te maak of is dit ook apartheid se skuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.