Skerper ontwikkelingsfokus by Goue Leeus

GLRU`n Skerper ontwikkelingsfokus by die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) het tot die instelling van `n Presidentsliga gelei om beter geleenthede te skep.

Van die klubs het nie die afgelope seisoen in die twee topligas die mas opgekom nie.

Pieter Visser, die GLRU se bestuurder vir amateurrugby, verwag sowat agt spanne sal aan die nuwe liga deelneem en sê besonderhede daaroor sal eersdaags bekend gemaak word.

Dit beteken drie nuwe klubs kan saam met bestaandes soos Jabulani, Eldoronians, Soweto, Kagiso en Alexandra aan die liga deelneem.

Visser sê die klubs wat aan die Presidentsliga deelneem, sal slegs `n senior en `n jongspan moet inskryf.

Bogenoemde klubs het verlede jaar gesukkel om al hul bepalings in die Senior Grootuitdaagreeks na te kom en die nuwe reëling behoort hulle beter te pas.

Visser sê die dryfveer agter die nuwe liga is om die klubs die geleentheid te gee om weer tot hul ou krag terug te keer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.