Skok in SWD-liga; KZN kroon wenner; Tukkies voor

Centurion se puntemakers teen Springs: Oupa Lemekwae, Gaybrin Smith, JP du Plessis, Albert Bakker en Curtley Brinkhuis. (Foto: Johanna de Vos)

Die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga het ʼn groot skok opgelewer; KwaZulu-Natal het sy eerste titelhouer van die seisoen gekroon; en die Tukkies loop voor in twee senior ligas.

Só lyk van die hoogtepunte in vandeesweek se klubnuus.

Heidelberg, die nuweling in die SWD se Premierliga, het vir Barbarians (Mosselbaai), jare lank een van die topklubs in die bond, in die jongste weekronde oortuigend met 27-10 verslaan.

Hy het die Presidentsliga verlede jaar gewen, en die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se George-kampus in die topreeks vervang.

Die verdedigende kampioen, Progress (George), het Bridgton (Oudtshoorn) met 35-21 geklop, en is onoorwonne ná drie kragmetings.

Die jongste opgesomde punteleer lyk soos volg: Progress 15, Evergreens (Pacaltsdorp) 11, Barbarians 10, Groot Brakrivier 9, Crusaders (George) 9, Heidelberg 8, Bridgton 6, Maori’s (George) 1, Silver Stars George 1, Blanco 0.

Evergreens II en Barbarians III is die onderskeie voorlopers tussen die tweede en derde spanne.

Ander uitslae –

Premierliga

Groot Brakrivier 27, Blanco 16; Evergreens 19, Maori’s 5; Crusaders 12, Silver Stars 9.

KwaZulu-Natal

♦ KwaZulu-Natal het sy eerste kampioen van die seisoen gekroon toe Durban Collegians die Flya-reeks gewen het deur Amanzimtoti met 16-6 in die eindstryd te klop.

Jos Robson laat weet dit was ʼn verbete stryd en die Suidkus-terriers was diep in die tweede helfte nog met 6-3 voor. Collegians se groter diepte op die bank het op die ou end die deurslag gegee.

Toti het vroeër die dubbele KZN-kampioen, College Rovers (Moor- en Murraybeker) uitgeskakel.

Rovers het die gasheerklub, Crusaders, met 38-17 om die derde plek getroef.

Ander uitslae –

Flya-B-reeks

Collegians II 17, UKZN Pietermaritburg 13; Varsity College (VC) 31, Rovers II 14.

Eerste Liga

Hillcrest 80, Zululand Rhinos 15; Westville Old Boys (WOB), 57 Durban Mets 5; South Coast Warriors (SCW) 24, Ballito Dolphins 3.

Eerste Reserweliga

Hillcrest 44, Rhinos 12; WOB 48, Mets 5; Ballito 53, SCW 0.

Onder 20A-liga (Frank Norrisbeker)

Middelland 13, Crusaders 7; Rovers 36, UKZN Durban 6; Collegians 43, SCW 12.

Onder 20B-liga (Kingsparkbeker)

VC 50, Rovers 27.

♦ Boschpick Newcastle Highlanders, een van vier spanne wat uit die KZN-Premierliga afgeskuif is, speel vanjaar in die Pumas se Premierliga.

Jaguars, Rhinos en SCW speel in KZN se Eerste Liga.

André Swanepoel, die hoofafrigter van Newcastle, sê die klub se o.20-span sal ook by die Pumas speel, en die ander twee spanne sal aan die Noord-KZN-liga deelneem.

Hy sê Newcastle het twee vriendskaplike wedstryde teen Volksrust gespeel, en dit met 49-14 en 88-10 oorheers.

Die klub het ook ʼn rugbydag op Dundee ter viering van die plaaslike klub, Sentraal, se 50ste verjaardag gewen.

Hy het in die groepfase met 3-0 teen die gasheer gewen, met 12-12 teen Drakensberg (Winterton) gelykop gespeel, en Volksrust met 29-0 kafgedraf. In die halfeindstryd het hy Piet Retief met 17-5 getroef, voor hy Drakensberg in die eindstryd met 20-0 verslaan het.

Swanepoel sê Newcastle het heelwat nuwe en terugkerende talent wat hom moed laat skep vir die seisoen.

Jaco Truter (losskakel) en Lappies Labuchagne (slot), albei 19, het in die vrienskaplike wedstryde gewys hulle is groot aanwinste vir die klub. Ruan Fourie (agsteman) is terug van die Sharks se o.19-span af, en Boela van Rooyen (loskopstut) het sy studies voltooi.

Blou Bulle

♦ In Pretoria is die Tukkies ná vyf wedstryde die onoorwonne voorloper in die dubbeldoor Super- en Carltonliga wat die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) bedryf.

Die studente het met 24-20 met Rustenburg Impala (Luiperds) afgereken.

Die tweede geplaaste Naka Bulle het met 38-32 teen East Rand United (ERU) van die Valke gewen; en Centurion het Springs (Valke) met 46-19 oorrompel.

Die gekombineerde opgesomde punteleer van die Superliga en die Carltonliga lyk so: Tukkies 25, Naka 22, Impala 15, Centurion 10, Quins-Bobbies-rugby (QBR) 10, ERU 10, Springs 1, Brakpan 1.

♦ Colin Booysen, die spanbestuurder van ERU, sê die eindfluitjie het Naka gered, nadat die Oos-Randers met hul kanniedoodgees twee drieë, een verdoel, in die laaste agt minute gedruk het.

Booysen sonder die vuurvreter-flank Ricky Menezes as ERU se beste speler uit.

“Hy het het as impakspeler die vuur aangesteek, Naka met sy kraglopies uitoorlê, en twee pragdrieë gedruk. Sy plettervatte was van die boonste rak.”

Beskikbare puntemakers –

Tukkies – Drieë: Johan Grobler, Gerrit Engelbrecht, Theuns Reynolds, Dwight Pansegrouw. Doelskoppe: Steven Moir (4). Strafdoele: Steven Moir (2).

Naka – Drieë: Kefentse Mahlo (2), Dylan van der Walt, Sylvester Booysen, Anton Beswick. Doelskoppe: Anton Beswick (5). Strafdoel: Anton Beswick.

ERU – Drieë: Ricky Menezes(2); Jacky Jonkers(1); Lourens Boddington(1) Doelskoppe: Cameron Rooi (3) Strafskoppe: Cameron Rooi (2).

Centurion – Drieë: Oupa Lemekwae (2), JP du Plessis (2), Albert Bakker (2), Curtley Brinkhuis. Doelskoppe: Gaybrin Smith (4). Strafdoel: Gaybrin Smith.

Springs – Drieë: Nico Furbey, Ruan Kotzé, Stanley Peacock. Doelskoppe: André Smith (2).

Impala – Drie: Henro Huyser. Strafdoele: Trevor Visser (5).

Ander uitslae –

Carlton-A2-liga

Tweede spanne

Impala 33, Fezelas (UP) 19; Tuine I 41, Centurion II 19;

Derde spanne

Pumas (UP) 33, Impala 12; Centurion III 45, Tuine II 31.

Valke

♦ In die Valke se Kestrelliga het Vanderbijlpark vir Kathlehong met 38-0 verslaan; Edenvale Panthers was met 38-29 teen Elsburg baas; en Edenpark het Oos-Rand Polisie met 29-20 geklop.

Ander uitslae –

ERU II 22, Benoni I 10; ERU III 43, Benoni 22; ERU o.21 40, Pirates o.21 12.

Luiperds

♦ Die verdedigende kampioen in die Luiperds se Jaap Steynliga, Zeerust, het Klerksdorp III met 28-0 geklop in Groep 1 in die eerste ronde van die bond se nuwe Distriksliga.

Dié liga sal bepaal watter spanne vanjaar die Neser- en Jaap Steynliga uitspook.

Ander uitslae –

Groep 1

Hurricanes (Stilfontein) 41, Matlosana 22.

Groep 3

Potchefstroom-landboukollege 45, Khuma 22; Potch Tigers 12, Ikageng 10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Likkewaan ·

Ek sien hier is klomp spanne van die clubs maar word die reserwe ligas ook nie in ag geneem nie? Die manne speel die sport vir die liefde daarvan niemand verdien geld om daar te wees nie. Mense julle moet opdaag en die op windende wedstryde te kyk.

Reserwe Carlton B liga- 24/03/2018 WEEK 1
Bronkies 1 VS Silvervalke 44-17
Bronkies 2 VS Silvervalke 38-0
Korrektiewe dienste1 VS Eersterust 57-0
Korrektiwe dienste 2 vs Eesterust 76-0
Pretoria RC1 vs Harties 64-5
Pretoria RC2 VS Harties 38-0
Dragon 1 vs Brits 52-11
Dragons 2 geen span teen Brits

Sune van Heerden ·

Dagsê Likkewaan

Baie dankie vir jou boodskap.
Pale Toe! is, wat beriggewing oor klubrugby betref, aangewese op bydraes wat ons in dié opsig ontvang. Stuur gerus inligting aan [email protected].

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.