Skok op skok toe WR se APC afskop

Die afskopronde van Wêreldrugby (WR) se Amerikas-Stille Oseaan-uitdaagreeks (APC) Saterdag in Montivideo, Uruguay, het skok op skok opgelewer.

Samoa A het ʼn einde aan die Argentynse Vyftiental se onoorwonne lopie van twee jaar in die APC gemaak; Samoa A het met die Amerikaanse Vyftiental afgereken; en Uruguay het sy baasskap oor Kanada bo alle twyfel gestel.

Samoa se naasbestes het die Argentyne met 36-31 verslaan, ongeag dat die verloorspan vyf drieë teen vier gedruk het.

Die Suidsee-eilanders was ná 22 minute reeds met 18-0 voor.

♦ In ʼn vasberade eindpoging het Tonga A 17 punte in die laaste agt minute aangeteken om die Yanks met 39-30 te skud.

ʼn Indrukwekkende stormloop van Hanco Germishuys (flank), wat Griekwas by die o. 13-Cravenweek verteenwoordig het, het die grondslag vir een van die Amerikaners se drie drieë help lê.

♦ Uruguay het Kanada die derde keer vanjaar geklop om sy heerskappy oor die Noord-Amerikaners bo alle twyfel te stel

Die gasheerland het Saterdag oortuigend met 35-21 gewen.

Guiseppe du Toit, die Kanadese binnesenter, wat in Johannesburg gebore is, het al drie sy span se drieë verdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.