Skole is weer Cravenweek-fabrieke

rugbybal.jpg

Argieffoto.

Die Cravenweek skop eersdaags in die Vrystaat af, met Grey Kollege wat vanjaar gasheer vir dié gewilde provinsiale skooltoernooi speel.

Hoewel daar nie amptelik ’n Cravenweek‑wenner aangekondig word nie, is daar baie op die spel met die Westelike Provinsie wat die afgelope paar jaar die sterkste skoolunie in die land is.

Dit is interessant om te sien watter skole vanjaar vir die meeste Cravenweekspelers verantwoordelik is. En snaaks genoeg tel hulle nie almal onder die voorste rugbyskole in die land nie.

Hier is die top‑20‑rugbyskole in die land, soos deur die gesaghebbende School of Rugby aangedui:

  1. Grey Kollege
  2. Paarl Gimnasium
  3. Paarl Boys’ High
  4. Garsfontein
  5. Monument
  6. Paul Roos
  7. Selborne College
  8. King Edward
  9. Framesby
  10. Andrew’s College
  11. Stellenberg
  12. Diocesan College
  13. Glenwood
  14. Rondebosch Boys’ High
  15. Helpmekaar
  16. Affies
  17. Outeniqua
  18. Welkom Gimnasium
  19. Hilton College
  20. Grey High

Die Groot Vyf Unies (Blou Bulle, Goue Leeus, Cheetahs, Westelike Provinsie en Haaie) se Cravenweekspanne (voorlopig of te nie) spog almal met sterk voedingskole. Hier is van die voorbeelde:

Westelike Provinsie: Sewe Streeptrui-spelers kom uit Paarl Boys’ High se geledere, vier vanaf Paarl Gimnasium en drie sal matriek by Paul Roos skryf.

Blou Bulle: Hoërskool Garsfontein sorg vir die meeste Jakarandastad-spelers met nege leerlinge wat uit dié skool se vyftiental gekies is. Menlopark spog met vier Cravenweekspelers en Affies met drie.

Goue Leeus: Mens sou dink dat ’n Monument of ’n Helpmekaar die meederheid Leeuspelers sou oplewer, maar tog is dit Jeppe Boys’ High wat met die louere wegstap. Nege spelers is van dié skool, met Monument en Helpmekaar wat elk drie spelers in die Rooibontes se span het.

Vrystaat: Blikslater! Grey Kollege is weliswaar tans die beste rugbyskool in Suid-Afrika én hulle is die gasheerskool, maar om 17 Cravenweekspelers op te lewer, sit nie in elke skool se toksak nie.

Haaie: Vir die KwaZulu-Natallers kom ses spelers uit Westville en Northwood, terwyl Martizburg College vir vier spelers sorg.

  • Die jaarlikse Noordvaal Bondedag word op 15 Junie by Hoërskool Bekker aangebied. In van die groot o.18-wedstryde pak die Blou Bulle die Vrystaters, die Valke die Pumas, terwyl die Leeus en die Haaie mekaar ook die stryd sal aansê.
  • Die Cravenweek is 1-6 Julie by Grey Kollege.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rupert Ashford ·

My Pa het altyd skertsend verwys na “Grey en die paar Vrystatertjies”. Lyk my hierdie jaar is dit net “Grey”.????

kolla ·

Dis al jare se storie dat Grey College eintlik maar die Vrystaat Craven-Week span is. Nogals ‘n voordeel want die spelers speel die hele seisoen saam. Dis eintlik vreemd dat daar nie eers een ander sterk rugbyskool in die Vrystaat is nie.

Johann ·

Dan moet julle sien hoeveel Grey seuns is in die o16 spanne. Net in die Grant Khomo begin span is daar 14 van Grey dan spul reserwes en die B span spog ook met ‘n string Grey spelers. Wil mense vir my sê die ander Bloemfontein skole het so te sê geen opkommende spelers nie. Geen wonder die kinder hou op rugby speel nie.

Mike ·

Ai, niks teen rugby nie
Wel teen verafgoding van die “Rugby-manne” in die skool.

Nico K ·

Ek dink talle van Grey se skoliere bly nie in Bloemfontein nie. Gaan koshuis toe om daar te kan rugby speel. Daarom dat geen ander skool eintlik baie rugby spelers het nie.

Johann ·

Hulle word beurse aangebied. Dit veroorsaak dat ander skole eendaags hulle deure gaan moet sluit omdat daar nie meer genoeg kinders in die skole oor is nie.

kolla ·

Gaan maar so baie al die top rugbyskole. Was in die velede ook maar so, kinders gaan bly in die koshuise. Baie belowende spelers in ander skole val uit die bus uit. Deesdae is dit eintlik net op universiteit waar so ‘n “vergete” speler raakgesien kan word, klubrugby bring nie eintlik meer daai outjies deur nie (dit is nou die enkeles wat klub-rugby gaan speel).

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.