Skoleslagting tussen top-2 maak mos nie sin

Hoe op aarde is dit moontlik dat twee van die spanne wat die meeste spelers vir die huidige SA Skolespan opgelewer het se diepte soos die Ooste van die Weste kan verskil?

Glenwood van Durban het (nes die Johannesburgse King Edward School) vier lede van die nasionale skolespan opgelewer; Grey-kollege van Bloemfontein het (soos Durban High School) vir drie spanlede gesorg.

En wat gebeur Saterdag toe Glenwood en Grey in Bloemfontein kragte meet?

Saterdag lyk dit toe of die Vrystaters die KwaZulu-Natallers, een van die uitnemendste KZN rugbyskole, met ʼn banvloek of iets dergeliks tref.

In die hoofwedstryd het Grey (sonder sy beste drietal) eenvoudig die vloer met Glenwood (sonder sy beste viertal) gevryf, en met ʼn skokkende 83-10 gewen.

Glenwood, is ʼn span wat sewe lede in die KZN-span by die Cravenweek gehad het, wat in die hoofwedstryd gespeel het.

Dis egter nie waar die treurmare vir Glenwood geëindig het nie.

Tien van 19 spanne het honderdtalle teen hulle gekry; een is met 0-221 vermorsel.

Slegs een span kon met 27-24 wen.

Verder is nederlae van 10-29, 3-66 en 8-74 die beste wat hulle kon vaar.

Kan ʼn mens dan anders as om te wonder hoe die SA Skolespan saamgestel is? Of daar werklik raakgevat is met die span wat tot dusver nog nie in die huidige vierhoekige reeks in die Paarl kon wen nie?

Só lyk die skoleverteenwoordiging in die span:

Glenwood, KES (vier elk), Grey-kollege, Durban High School (drie elk), Paarl Boishaai, Paarl-gimnasium en Monument (twee elk), Parktown Boys High, Maritzburg College, Nelspruit, St Stithians, Kearsney College, Helpmekaar, Garsfontein en Welkom-gimnasium (een elk).

Is dit werklik ʼn weerspieëling van Suid-Afrika se skolerugbykrag?

… en hier is Grey se uitslae –

I 83-10; II 74-8; III 124-6; IV 147-0; V 121-0; VI 152-0; VII 164-0; 16A 82-20; 16B 88-9; 16C/D 150-0; 15A 24-27; 15B 109-0; 15C 95-7; 15D 221-0; 14A 36-19; 14B 66-3; 14C 104-0; 14D 129-0;14E 29-10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Rupert Ashford ·

Kom ons laat Grey en Glenwood uit die gesprek en se net die volgende: Die feit dat Boishaai die hele jaar al die vloer vryf met alle opposisie van regoor die land, en dat daar soveel skole is wat meer verteenwoordigers het as hulle in die SA Skolespan, vertel vir mens die storie onomwonde. Niks meer hoef gese te word nie.

Casper ·

Verskil ongelukkig.Boys High het hul in my oe slegs 4 potensiele SA skole spelers gehad.Ongelukkig is hul losskakel en haker sowel as Francke hul flank uit vir die seisoen.Boys High is n briljant afgerigte span sonder werklike sterre.Hulle vasskop wat ook baie goed is het ongelukkig heeltemal uit die bus geval tydens die Cravenweek.Op grond van die Cravenweek wedstryde het die Glenwood spelers hul plek verdien.Jy kan nie verwag van n SA skole span na 5 oefeninge om te kompeteer met ouens wat reeds n 6 nasies agter die rug het nie.Die kwotastelsel se invloed kan ook nie geignoreer word nie.Net my opinie.

Natasja ·

Rupert, ek wou nou net dieselfde sê! Paarl Boishaai is nou al vir 2 jaar onoorwonne, maar het net 2 spelers in die SA skole span? Laat mens mooi nadink oor wie die keuring doen…

Lardus ·

as mens kyk na die span is die beste spelers nie da nie geen wonder ons Jong klomp gaan al vroeg oorsee wa hulle volgens hulle spel gekies word en nie kleur nie

KIEWIET ·

Grey- Kollege van Bloemfontein was nog altyd die beste rugby skole span in die land. Het ook die meeste Springbokke opgelewer

Rupert Ashford ·

Ten minste een van die drie Grey SA Skole spelers is swart as ek dit nie mishet nie. Vrystaat sou SARU se kwotavereistes moes nakom vir Cravenweek anders sou hulle nie mag speel nie.

Danie ·

Cravenweek en SA Skolespanne is so vir jare al ‘n klug. Rassekwotas, dis al. Noudat Curriebeker rugby nek omgedraai is, kan Cravenweek ook maar verdwyn. Dit kan vervang word deur ‘n jaarlikse skole toenooi. Wat eintlik reeds bestaan.

Danie Bezuidenhout ·

Ek ook van Bloem maar nie normaalweg n Grey ondersteuner nie. Dat hulle net soos die spanne in Paarl en enkele ook in Gauteng briljant is, is verseker so. Hulle dis van die beste en opwindenste rugby op teen mekaar. Net jammer dat spogspelers nie die paal haal weens kom ek noem dit ” politiekery”. Net soos wanneer ander skole in Bloem se kinders in krieket oorgesien word sodat die skolespan politiek korrek gekies kan word. Het dit eenmaal tydens proewe op Grey bane beleef.

Nonnie ·

KIEWIET – Boishaai is vir die derde jaar agtereenvolgend eerste. En nee, ek is nie ‘n Boishaai ouer of ondersteuner nie. Ek sê maar net wat ek NET vandag in die koerant gelees het.

gerda ·

Nouja – wil jy nou regtig vir my se dis Grey se skuld dat Glenwood sover verloor het.Dis belaglik en plein jaloesie.word groot…dis nie vir Grey nodig om iets te bewys nie.

Nouja ·

Gedra, dis hoegenaamd nie Grey se skuld dat die ander span verloor het nie. Grey speel goeie rugby en het uitstekende spelers. Punt. Dog, in boks slaan jy nie jou opponent as hy op die planke is nie. Selfs in rugby is daar die beginsel van “uncontested scrums” wanneer jou opponente nie fisies opgewasse is vir jou nie. Hierdie wedstryd verleen n nuwe betekenis aan die beginsel van skole sportveld boelie wat deur volwassenes goedgekeur word en Maroela Media toegesmeer word.

Nouja ·

Jy verloor nie met n 200-0 eindtelling nie. Jy word met so n telling verneder. Die ander span het die wedstryd al verloor toe die telling 50-0 was. Dit wat daarna gebeur het was nie sport nie. Dit was n verwronge vorm van vermaaklikheid wat in die Roomse tydperk of in Pamplona hoort. Nie op n skoolveld tussen 15 jarige kinders nie.

Maroela Media Swartskaap ·

Vir ‘n hele paar jaar het die SA Skolespan verloor teen die SA Akademiespan (2de span). Die rede was doodgewoon dat die SA Skolespan meer swartes in hul span gehad het as die SA Akademiespan. Die kwotastelsel is besig om rassisme te stook.

Jaco ·

Wel die my 2 penny’s….. kom ons stel dit so… Die kwota werk nie. Gee elkeen sy deel in die son… maar moet nie daar speel as jy net daar is oor jy ‘n kwota speler is nie. Ek sal hou van die idee as die bokkies span van die bokkies week teen die junior bokke speel…. My geld GAAN NIE op die junior bokke wees nie….

Rupert Ashford ·

Ek is nie ‘n ouer by enige skool in Bloemfontein nie want ek bly nie meer daar nie en my seuntjie is in elk geval te jonk, maar
1.) Grey is ‘n great skool en speel fantastiese rugby.
2.) Daar is maar altyd nyd teenoor Grey in Bloemfontein.
Maar genoeg oor Bloemfontein (wat ‘n baie lekker plek is om in te bly).
Kom ons spreek die Wes-Kaap se rugby gou aan. As mens kyk na die WP se vertonings die laaste 10-15 jaar, is daar een woord om dit op te som: Onderpresteerders. Wat vir mens se die unie word pateties bestuur. Met skole soos Boishaai en omtrent nog 5-6 ander baie goeie rugbyskole, moet hierdie ouens elke jaar die beste op die Cravenweek wees wat hulle selde is. Selfde op Universiteitsvlak (Maties, Ikeys ens) , klubvlak, provinsiale vlak en veral Superrugby waar hulle hoogstens “also rans” is en slaansakke vir die Kiwi spanne. Dit is nie moeilik om die redes te vind as mens regtig eerlik wil wees nie.

Scipio ·

Ek dink enigeen wat werklik omgee vir skole-rugby, sal weet dat daar hoogstens 4 spelers op meriete in die SA-skole span is.

Die afrigter het nooit enige suksesse met sy klein Bolandse skool behaal nie, en sy afjak van spelers uit die drie top-Paarl skole en Paul Roos op Stellenbosch getuig van sy bevooroordeeldheid en vermoë om op hierdie vlak mee te ding.

Nes ons jaarliks sien dat Grey se eerste-span AANSIENLIK sterker is as die Vrystaatse Cravenweekspan, sal ons moet verlief neem dat ons beste talent elke jaar by die Wildeklawer-toernooi opgeraap gaan word deur oorsese klubs.

En daai is damn-sad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.