Skolespeler geskors ná aanval op skeidsregter

Argieffoto

Die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) het ʼn skolespeler geskors nadat hy die skeidsregter fisiek aangeval het.

Die MRU sê in ʼn verklaring hy beskou die voorval waarin die seun die blaser met die skouer geloop het in ʼn baie ernstige lig.

Luidens die verklaring het dit in ʼn wedstryd tussen die Middelburgse Tegniese Hoërskool en die Hoërskool Nelspruit op Middelburg gebeur.

Met inagneming van bepaalde versagtende faktore, waaroor die verklaring nie uitwei nie, is die speler ná ʼn tugsaak vir 12 weke geskors, en kan hy weer op 11 Augustus rugby speel.

Die seun het skuld erken en skriftelik om verskoning gevra, sê die bond in die verklaring.

Roelof Kotzé van die MRU sê die bond glo daar is geen plek vir dié soort gedrag in rugby in Mpumalanga nie.

“Skoletugsake word normaalweg aan die Mpumalanga-hoërskolevereniging oorgelaat, maar waar wedstrydbeamptes betrokke is, sal die MRU intree en die spelers dissiplineer.

“Sulke voorvalle skep ʼn swak beeld van rugby, en druis in teen die spel se kernwaardes, naamlik integriteit, hartstog, solidariteit, dissipline en respek.”

Pieter Burger, die uitvoerende hoof van Mpumalanga-rugby, sê die MRU sal nie dadeloos toesien dat individue die beeld van die spel skade berokken nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Liza22 ·

Dit is baie sleg! Dit is ‘n baie groot eer om daai rooi trui te dra, mag hy nooit weer die voorreg he nie! HTS se dissipline gly!

Nico K ·

renette, ek weet skeidsregters maak foute, maar dit is onmoontlik vie iemand om alles raak te sien. Hy het nie TV skeidsregters nie. As elke speler toegelaat word om maar self te besluit wanneer is die skeidsregter verkeerd, kan ons nie sport hê nie. Wil jy nou regtig toe laat dat skoolkinders maar kan maak wat hulle wil.

Renette ·

Daar is gevalle waar hulle net een span se foute sien, en die ander span blatant bevoordeel en niks kan aan hulle gedoen word nie…..? Dan is dit kamstig unie refs

Veritas ·

Onthou net een ding ou seun. ‘Die ref is altyd reg tensy hy jou span benadeel’. Ek hoop die skouerloop was darem ‘n ordentlike een.

pbotha ·

jammer hy kan weer die rooi trui dra. moes uit rugby verwyder gewees het. die aanval was blatant en met voorbedagte rade. geen verskoning nie…moes van hom n voirbeekd genaak het

Tc ·

@pbotha……..Wanneer maak hulle van n ref n voorbeeld?Skolevlak,provinsiale en internasionale vlak? Wat het van Bryce Lawrence geword in 2011 wêreldbeker na sy swak “refskap”tussen die bokke en aus?Bokkerôl,Zilts ,Nul en kry die toekenning as die beste ref in NZ van die NZ landse refs??????
Daar moet daadwerklik opgetree word teen swak refs ook!

pbotha ·

Tc…jys reg. Refs kom somtyds weg met moord…veral op skole vlak. Vir n seun om egter n ref op hierdie wyse aan te vat voorspel niks goed vir hom nie. Dis ongelukkig die gees van die tyd in ons land. Dis jammer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.