Die skilderagtige ligging van Ceres se rugbyveld is ná die naweek se sukses daar nou nóg mooier vir die wenner van 2015 se nasionale reeks om die Gemeenskapsbeker, Durbanville-Bellville.
Darron Nagel, die ondervoorsitter van Durbell, sê eerste en tweede span is deurmekaar geskommel vir die twee wedstryde teen die Bolandse klub Ceres.
Die een vyftiental het 84-5 met Ceres I afgereken, en die ander een het 82-0 met Ceres II klaargespeel.
♦ Die derde span, die Westelike Provinsie se verdedigende Superliga A3-kampioen, is met die N7 langs Malmesbury toe om Wesbank se tweede span aan te durf.
Die Swartlanders het van meet af hard met hul blitsige agterlyn geslaan en was rustyd 31-0 voor.
Die Durbies het in die tweede helfte kwaai teruggeveg, maar steeds 17-31 verloor.
♦ Durbell se o.20s het onder die hand van hul nuwe afrigter, Hendrik Weber, aan Goodwood se o.20-toernooi deelgeneem en Vrydag 50-0 teen Masiphumele gewen.
Dis opgevolg met `n sege van 17-8 oor die Universiteit van Wes-Kaapland 17-8 geklop, voor die Durbies die gasheer, Goodwood, 43-0 in die eindstryd verniel het.
♦ Die klub se oumanspan het ook op Goodwood gespeel en die tuisspan 4-1 geklop. Geen skoppe word in dié weergawe van die spel pale toe gemik nie, en `n drie tel een punt.
♦ Durbell speel Saterdag vriendskaplik teen Hamilton. Die wedstryde begin 13:00.
Verduidelik ouman reels asb. Dit klink interresant.
Middag Christo
Ek sal vir jou n afbreuk van die reels stuur en dit oor die volgende week of so of Durbanville Belllville Rugby Klub se Facebook muur sit , so hou daai spasie dop asb.
Rugby Groete
Darron