Skoolrugbyspanne begin spiere bult

Skoolrugby was nog altyd een van Suid-Afrika se sterk punte. Foto: Monument Facebook-blad.

Terwyl dit maar broekskeur vir Suid-Afrika se Superrugby-spanne gaan, sorg die land se skoolrugbyspanne vir lekker aksie.

Buiten Grey Kollege se spogsege teen Paarl Boys’ High in Bloemfontein het Waterkloof  vir Monument geskok, Helpmekaar het vir Transvalia gestamp en Westville Boys’ High het met Affies afgereken.

Volgens www.schoolofrugby.co.za is Grey Kollege steeds die voorste rugbyskool in die land. Die Bloemfonteiners is onoorwonne ná nege wedstryde dié seisoen.

Daar is ’n rits Kaapse skole onder die top-tien, met Grey, Garsfontein, Monument en King Edward VII wat die binneland verteenwoordig.

Intussen gaan die Virseker-bekerreeks steeds vrolik voort met Klofies, Garsfontein, Helpies en Menlopark wat seëvierend in die Beker-afdeling was.

  • Van die afgelope naweek se uitslae:

Grey Kollege 43-24 Paarl Boys’ High

Rondebosch Boys’ High 73-11 Parel Vallei

Waterkloof 28-21 Monument

Garsfontein 44-27 HTS Middelburg

Helpmekaar 36-7 Transvalia

Menlopark 38-21 Noordheuwel

Marais Viljoen 35-28 Zwartkop

Ben Vorster 30-25 Eldoraigne

Hoërskool Middelburg 28-24 Lichtenburg

Ellisras 44-14 Merensky

Kearsney College 23-20 Michaelhouse

Diocesan College 53-19 Boland Landbou

Westville Boys’ High 35-31 Affies

King Edward VII 54-31 St Stithians

  • Die Top 10-rugbyskole in SA (soos op 13 Mei 2019) volgens die gesaghebbende School of Rugby-webblad.
  1. Grey Kollege
  2. Paarl Gimnasium
  3. Paarl Boys’ High
  4. Garsfontein
  5. Rondebosch Boys’ High
  6. Monument
  7. King Edward VII
  8. Selborne College
  9. Framesby
  10. St Andrew’s College

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nonnie ·

Kiewiet – hmmmm, rugby dalk tops ja, maar o wee, die baklei tussen arme skoolhoof en beheerliggaam…..maar sleg vir die beeld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.