Skorsing: Kwagga speel eers dan weer

Kwagga Smith – loop vier van die Goue Leeus se wedstryde mis. (Foto GB Jordaan)

Kwagga Smith sal ná sy rooi kaart Saterdag in die Superrugby-eindstryd teen die Crusaders op Ellispark eers weer op 8 September vir die Goue Leeus in die Curriebekerreeks kan speel.

Smith is afgestuur nadat hy kontak met die Crusaders se heelagter David Havili gemaak het toe dié vir die bal gespring sonder dat Smith self om die bal meegeding het.

Smith het die naweek in ʼn onderhoud erken dat die rooi kaart geregverdig was hoewel hy geen bedoeling gehad het om Havili in die lug te loop nie.

Die Sanzaar-hersieningskomitee van vuilspel, bestaande uit die voorsitter Nigel Hampton, Stefan Terblanche en John Langford, het beslis dat Smith vir agt weke geskors moet word.

Hampton, voorsitter van die komitee, het gesê die gevoel was dat die straf ʼn intreetyd van agt weke regverdig nadat die getuienis, insluitende ’n verklaring deur die speler en sy regsverteenwoordiger in ag geneem is. Smith se goeie rekord en sy skulderkenning is in ag geneem by die oplegging van die straf en daar is besluit om Smith vir net vier weke te skors.

Hy sal dus die Curriebekerwedstryd hierdie die naweek teen die Sharks op Ellispark asook dié teen die WP op Nuweland, die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein en die Pumas op Ellispark in die daaropvolgende weke misloop.

Smith se eerste wedstryd op 8 September sal teen Griekwas in Kimberley wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dirkie ·

Was Kwagga n NZ speler was hy net 2 weke of self’s minder skorsing op gele. Dit was n final dus al klaar erg genoeg straf dat hy nie wedstryd voltooi het nie. Ek voel 2 weke was dus meer as genoeg. Sy rekord as speler bewys hy is nie n vuil speler nie.

Peter ·

Tipiese suurdruiwe, tipiese Saffa redenasie. Vuil speler, vuil spel. Hy’t sy span en sy ondersteuners n final gekos. Hy’t nie eens na die bal gekyk nie. Swak.

F Pieterse ·

Dirkie wil jou net daarop wys dat Rob Thompson die senter van die Highlanders in hulle 2de of 3de wedstryd ook 4 weke geskors is vir ampar n minder ernstige oortreding. Hy het ook die ou se voete onder hom uitgehardloop maar selfs n poging aangewend om dit vermy. Hy het toe n geelkaart gekry maar is daarna vir 4 weke geskors.

Nico K ·

Ek self is nie ‘n Leeu ondersteuner nie, en mense moenie nou te kere gaan net omdat hulle in die eindstryd verloor het nie, maar ek voel die reël is belaglik. Ek kan nie sien hoe jy iemand kan straf vir iets wat hy nie duidelik nie aspris doen nie. Daar is te veel sulke reels en ek weet nie wie maak hulle nie. (Is dit dalk mense wat self nooit rugby gespeel het nie? Hoe gaan Leon Schuster se liedjie oor die skeidsregter. “It was a kind of game he could never play and now he blows the whistle on a Saturday.”) Hulle wil blykbaar beserings verminder. Jy gaan nooit beserings uit rugby kry nie. Dit is nou maar eenmaal ‘n kontak sport.

Tc ·

Stem saam jou jou Dirkie!Was n patetiese beslissing deur Marius Jonker en Jaco Peyper,jy kan duidelik sien Keagga was op volspoed en probeer keer dat hy nie seer kry met sy hande voor hom,en hy geensins hoegenaamd die speler getackle nie.Ek kry Kwagga bitter jammer vir die onsmaaklike voorval en patetiese skeidsregter beslissings!Baie interesant dat Nick Mallet en Naas gehum en ha het eers voordat hulle gesê het hulle stem saam die rooikaart,beskerm seker hul “cozy”jobs by Supersport,deur saam te stem met die patetiese beslissing!Dis hoekom ek nie meer graag rugby kyk nie,agv sulke dinge!
Ons moet net nie vergeet nie,rugby is n kontaksport of hoe?

Frans C ·

Ek het Kwagga se kommentaar in Beeld gelees en wat hy gesê en soos ek dit op die TV-skerm gesien het,stem presies ooreen met my vorige kommentare onder ander berigte,hier op Maroela-media.

Kwagga het soos enige rugbyspeleri, ‘n hoë lugskop van Jantjies opgevolg,met sy oë op die bal.Havili het net voor hy by die bal kon uitkom,in die lug gespring.Havili was nie alleen nie,hy was deel van ‘n aantal spelers.

Soos Kwagga verduidelik het was die man in die lug voordat hy van rigting kon verander
en stop.Ja Havili het hard geval, maar slotte en ander wie se voete onder hul uitgeneem word in ‘n lynstaan as hul vir ‘n bal spring , val net so hard op die grond.Dan is daar net ‘n strafskop volgens die ‘wet’, reël wat ek verskeie kere geplaas het.

HIerdie speel in die lug word erg uitgebuit,want almal weet nou dat as jy opspring,selfs
met ‘n normale uitgee, is jy veilig in die lug en kan jou teenstander wat in sy momentum
jou duik,’n rooi kaart kry,want in die ‘lug’ is in die’ lug’ en oop spel is enige spel wat nie vaste spel is nie.

Wat nou van vuil spel.Vuil spel is vuil spel en roekeloos is net wanneer jy instorm sonder om die gevolge van daad inag te neem en opsetlik is opsetlik as jou opset is om te beseer.

JEP ·

Die reël is die reël, maar,
No 15 hardloop na die bal en spring met sy knie opgetrek…? Dit is dodelik!! Daar sal daarna gekyk moet word. Sy momentum het hom in Kwagga laat vasspring. Kwagga het geen poging aangewend om hom te tackle nie. As Kwagga nie daar was nie het No 15 sy eie speler (No 6 ) poerdes gespring. No 6 reflekteer No 15 om byna op sy kop te val.
Daar sal defnitief na die reël gekyk moet word.

Realis ·

Maggies maar julle bendetjie eenoog Leeu ondersteuners gaan tot in die hiernamaals kerm oor julle spannetjie verloor het! Kwagga was skuldig, moedswillig of te not en het die geregverdigde straf gekry. So basta, hou op huil en piep en dra jul verloor met waardigheid. As die Crusaders skuldig was aan dieselfde oortreding sou julle soos een koor saamgesing het dat die rooikaartbeslissing die regte een was. Suur druiwe in die oortreffende trap…

Frans C ·

Wat die hele ding nog meer belaglik maak is dat die tugkomitee beslissings gemaak word deur mense wat lankal nie meer deel van die spel is nie.

Emsa ·

Eerste plek wil ek net se dankie vir Johan se goeie afrigting met die leeus. Leeus julle is n span om op trots te wees altyd nederig. Nico. K ek wil net vir jou se niemand gaan te kere omdat die Leeus verloor het nie. Weet jy vir hulle was dit nie om te wen om te dink hulle is beter dit was om dankie te se vir hul afrigter. In enige sport wil mens graag uitblink en ek gun dit vir elke span. Peter ek stem saam jou dis swak. En Tc ek stem saam jou dis hoe baie van ons voel. Baie seen verder vir die leeus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.