Skosan se besering groot slag vir die Lions

Courtnall Skosan – op sy stukke vir die Lions in 2017. (Foto: GB Jordaan)

Die Lions se Springbokvleuel Courtnall Skosan het Maandag sy anterior kruisligament geskeur en sal maande lank van die veld wees.

Skanderings Dinsdag het die erns van die besering bevestig. Meer duidelik oor wanneer hy weer sal kan speel, sal oor die volgende dag of twee bekend wees.

Skosan, wat in 12 van die Bokke se 13 toetse in 2017 gespeel het sonder dat hy ooit tuis op internasionale vlak gelyk en nie die toetsmas opgekom het nie, het egter verlede jaar op Supervlak die wêreld vir die Lions aan die brand gespeel.

Hy was egter een van veral die Lions se spelers wat nie onder Allister Coetzee sy vlak van die Superreeks kon herhaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niklaas ·

Toemaar. Dis nie juis n groot verlies vir die Bokke nie. Hy het soos Raymond Rhule maar ondergemiddeld vertoon vir SA. Maar dalks kan die Lions hom mis met tye hierdie jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.