Skotse toetsflank glo met kokaïen verbind

ʼn Skotse toetsflank wat kort voor die Novembertoetse opspraakwekkend uit dié land se spelersgroep weggelaat is, word glo met kokaïen verbind.

John Hardie, wat Skotland in 16 toetse verteenwoordig en Superrugby vir die Highlanders gespeel het, is deur die Skotse Rugbyunie (SRU) vir drie maande weens “growwe wangedrag” geskors.

Luidens berigte hou dit verband met die gebruik van dié dwelm.

Die Nieu-Seelands gebore speler het in ʼn verklaring vir sy gedrag om verskoning gevra, en gesê hy besef hy het sy spanmaats en ondersteuners in die steek gelaat.

Die skorsing is terugwerkend sedert sy klub, Edinburgh, hom in Oktober geskors het.

Hy sal dus in Januarie weer kan speel en vir die Sesnasiesreeks beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.