Skotte in die sop oor tifoonwedstryd-kommentaar

Japan vier hul Skotse sege. (AP Photo/Eugene Hoshiko)

Die organiseerders van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan het klagtes van wangedrag teen die Skotse Rugbyunie aanhangig gemaak ná die Skotte se negatiewe kommentaar voor die laaste groepwedstryd in hul afdeling.

Die wedstryd tussen die Skotte en Japan was aanvanklik in die weegskaal nadat die supertifoon Hagibis verwoesting in Japan gesaai het.

Daar is die afgelope Sondag wyd en syd bespiegel dat dié tweestryd gekanselleer sou word. Skotland se rugbybaas, Mark Dodson, het gedreig om die organiseerders te dagvaar indien die wedstryd nie in Yokohama sou voortgaan nie. Die Skotte moes die gasheerland geklop het om na die toernooi se uitspeelrondes deur te dring.

Die kragmeting het egter voortgegaan nadat organiseerders bevind het dat toestande veilig genoeg is om spel toe te laat. Die Japannese het toe terstond hul vierde agtereenvolgende Wêreldbeker-wedstryd gewen en die Skotte met 28-21 getroef.

Wêreldrugby se toernooi-direkteur, Alan Gilpin, het Dinsdag in ’n persverklaring gesê die Skotte se kommentaar en optrede is na ’n onafhanklike dispuutkomitee verwys.

In ’n verdere verklaring het die Wêreldbeker-organiseringskomitee die klagtes bevestig, maar bygevoeg dat lede vir eers geen verdere kommentaar sal lewer nie.

  • Vroeër het Italië se kaptein, Sergio Parisse, ook na die organiseerders gekap nadat sy span se laaste wedstryd teen die All Blacks gekanselleer is.

“Dit is verregaande dat daar geen Plan B gereed is om die wedstryd in ’n latere stadium te speel nie. Dit is immers nie eintlik iets nuuts dat tifone Japan tref nie. Ek dink as die All Blacks ligapunte benodig het, sou ons die wedstryd wel gespeel het,” het ’n ontstoke Parisse gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Judge Dredd ·

As iets swak beplan is(geen plan B) , is dit dan verkeerd om te se dis swak beplan?

Stem! ·

Judge,
Ek bly by n standpunt dar sekere lande bevoordeel word. Wonder of die kaartjie geld terugbetaal is?Die waarheid maak seer. Nie my skuld nie maar iemand anders.

Joke! ·

Ag siestog die arme IRB of wereld rugby bord se gevoelens is seer gemaak…Cry me a river…klomp babatjies…Hou nie van as mense vir hul regte opstaan nie..Wie dink die lot is hulle nou eintlik? Sotte..Hul het al klaar die wereldbeker versuur met hul nuwe deur gejaagde hoog duik reels..Wat n wisselvallige sirkus…

Nico ·

Vanjaar se toernooi is een volle klug. Wêreld rugby kon nie weer toelaat dat gasheer span soos 2015 uitval voor die laaste 8 nie. Om hierdie rede is Japan tot die laaste 8 ingeboelie en geknoei en moes Skotland op hul aanbeveling tentrems gooi om alles reg te laat lyk.

Will Oosthuizen ·

En die wenner van die 2019 RWB toernooi : Span Hagibis van die Stille Oseaan ????????????????

Dewald ·

Hoe is Japan in geboelie? Hulle verdien om daar te wees. Hulle het 4 uit 4 gewen.

Swartwolf ·

Die wedstryd wat grootbek Skotland voor wou hof toe gaan is gespeel en Japan het gewen. Dis nou “egg on you face” vir Skotland !! Die wat se die toernooi is gekoop het Ierland aspris verloor teen Japan ??

Nico ·

Nee maar dit so gekonkel. Wêreld rugby het na wedstryd gesê skeidsregter het vier strafskoppe verkeerdelik aan Japan toegeken. Watter invloed het dit op die uitslag gehad wat so klein was? Die Jaoan speler wat die bal onderskep het kort voor die einde is kort voor die doellyn gestuit, maar hy het so aan daardie bal vasgeklou op die grond dat ek nou nog nie kan glo hy het ‘n strafskop teen hom gekry nie. Ek HOOP egter dit ontplof skouspel agtig in ons oogklap bokke se gesigte want hulke ken nie eers die reeks nie. Hoop Ierland los almal met ROOI GESIGTE!

JohanL ·

Wereldrugby en die Wereldbeker Organiseerders is tog so liggevoelig !!!!! As iemand kla of negatiewe kommentaar lewer (met reg), dan voel hulle geaffronteerd en wil nou net pak slae uitdeel. Siestog.

Na die beste van my wete (en ek het gedeeltelik teruggegaan na rekords) is dit die eerste keer in Wereldbekerrugby se geskiedenis dat wedstryde by ‘n Wereldbeker toernooi gekanselleer is. So Japan het nog ‘n eerste agter hul naam :) Daardie eer was amper amper Suid-Afrika se voorreg in 1995 in die SA/Kanada wedstryd in PE en die SA/Frankryk wedstryd in Durban.

Ek dink nie die organiseerders besef watter skade hulle aangerig het aan die spelers (dink aan Parisse onder andere as voorbeeld) en ondersteuners wat spesiaal Japan toe is vir ‘n wedstryd nie (MM het juis oor Namibiese ondersteuners berig). Ek glo Namibie het geglo dat hul dalk Kanada kon klop in hul laaste wedstryd.

Pleks dat Wereldrugby terugstaan en objektief kyk na waar hulle kon verbeter het, is hulle nou liggeraak.

En nee, ek reken nie dat die wedstryde moes voortgegaan het in tifoon omstandighede nie. Maar wedstryde kon een of selfs twee dae later gespeel gewees het (Plan B). Al waarvoor mens vra is om bietjie “uit die boks” te dink.

Frans C ·

@ Nico
Was dit nie teen Ierland waar wêreldrugby erken het dat 3 van die 4 strafskoppe verkeerdelik aan Japan toegeken is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.