Skotte speel Fidji ná rustyd disnis

Fidji se dissipline het net voor rustyd heel voorspelbaar gevou, Skotland het die agterstand met die besoekers se twee geel kaarte in ʼn rustydvoorsprong omgeskakel, en die uiteinde was ʼn loesing vir Fidji.

Agt drieë teen twee was die uiteinde met die wentelling 54-17 nadat die Skotte kort voor rustyd eers hul neuse voorgekry het toe Fidji net 13 man gehad het.

Die Skotte, teen wie die Springbokke aanstaande Saterdag speel, het uit die staanspoor met die bal probeer hardloop maar was minder effektief as die Fidjiane wat met hul afronding gesukkel het.

Kort voor rustyd was Fidji nietemin met 17-13 voor toe twee geelkaarte binne ses minute net voor rustyd die gang van die wedstryd verander het. Die Skotte se dryfwerk en rolmale was te veel vir die besoekers wat kort ná mekaar twee keer dryfbewegings doelbewus laat val het.

Skotland het in die tweede helfte heeltemal beheer oorgeneem, die Fidjiane voorlangs pap gespeel en was veral indrukwekkend met hul rolmale.

WP Nel-hulle het ook stewig geskrum en die Bokke sal met ʼn span wat goed afgerig is te doene kry wanneer hulle aanstaande Saterdag op Murrayfield aantree.

Puntemakers ‒
Skotland (21) 54:
Drieë: Allan Dell, Fraser Brown, Tommy Seymour (3), Sean Maitland, Jamie Ritchie, Adam Hastings. Doelskoppe: Greig Laidlaw (5), Fin Russell (2).
Fidji 17 (17): Drieë: Viliame Mata, Semi Radradra. Doelskoppe: Ben Volavola (2). Strafdoel: Volavola.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.