Skuif van Los Angeles-wedstryd: Wat is die rede?

Daar is verlede week in Pale Toe! genoem dat die opwarmwedstryd in Los Angeles tussen die Stormers en die Bulls vir die Kapenaars kan boemerang. Nou is die wedstryd op 3 Februarie na die Boland verskuif.

Daar is toe daarop gewys dat die lang reis terug van die Ooskus van die VSA die Stormers net sowat tien, elf dae ná hul terugkeer sou gee om van die vlugflouheid te herstel.

Die presiese rede vir die besluit is egter nie bekend nie. ʼn Mens kan nietemin uit die Bulls se mediaverklaring aflei dat een of albei van die twee spanne ongelukkig was oor van die reëlings.

Daar word verwys na probleme met die “ooreengekome” reisreëlings en logistiek. Spelerwelvaart en die bestuur daarvan, lui die verklaring, is vir die Bulls en die Stormers baie belangrik en sal nie in gedrang gebring word nie.

Die wedstryd op Bolandpark begin 16:00 en besonderhede oor kaartjieverkope sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.