Sloer SA se rugbybase al weer?

SA Rugby logoRassie Erasmus het reeds by Munster in Ierland ingeval: Is sy opvolger al aangewys? Nee.

Dawie Theron is reeds op pad na Japan om die Docomo Red Hurricanes af te rig: Is sy opvolger al aangewys? Nee.

Todd Blackdder verlaat die Crusaders aan die einde van die Superrugbyseisoen: Is sy opvolger vir aanstaande jaar al aangewys? Ja, Scott Robertson neem in 2017 oor.

Jamie Joseph verlaat die Highlanders aan die einde van die Superreeks om Japan se nasionale span af te rig. Is sy opvolger al aangewys? Ja, Tony Brown neem die leisels in 2017.

Jinne mense, Erasmus het naas die Springbokafrigter seker een van die belangrikste rolle in Suid-Afrikaanse rugby vertolk. Hy was die hoof van die mobi-afrigtinseenheid, hy was in beheer van Bokrugby, die sewesspan, die Junior Bokkies en vrouerugby.

Ek weet sy bedanking het die Suid-Afrikaanse  rugbybase effens onkant betrap, maar was daar geen Plan B nie? Was daar nie sprake dat hy vir die Bokafrigterspos aansoek sou doen nie? Wie sou hom dan vervang het? Is sy pos al geadveerter, is daar kandidate in die oog?

Die Cravenweek begin Maandag en een van die Junior Bokkies se afrigter se grootste take is om talent te identifiseer, om seker te maak dat aanstaande jaar se Junior Bokkies hul man sal kan staan. Nie weer soos vanjaar twee keer teen Argentinië en Engeland slae kry nie. Wie staan pa?

Het ons dan nie geleer met Allister Coetzee se aanstelling as Bokafrigter nie?  Dit het maande lank gesloer om die jawoord te kry en wat het gebeur in die eerste toets teen `n uitgedunde Ierse span wat boonop sonder CJ Stander moes klaarkom nadat hy afgestuur is?

Nick Mallett het Saterdaand bepleit dat Coetzee die Lions se spelpatroon moet volg. Die meeste van ons stem saam, maar dan moet jy die regte spelers kies en dit sal maande lank duur om dit onder die knie te kry.

John Mitchell het jare gelede `n sukkelende Lions-span in `n gedugte eenheid ontwikkel en Johan Ackermann en Swys de Bruin het dit ná ‘n paar jaar (byna) vervolmaak.

Dit gebeur nie sommer oornag nie, maar dan moet daar nie onnodig voete in die raadsale gesleep word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietman ·

Ons almal weet mos wat die rede vir die gesloer is – geen geskikte kandidate met die regte kleur en/of ondervinding van die poste nie. Moeilik man, moeilik.

Herman G ·

a) Die bestuurders by SARU is besig om hulle sakke vol geld te tel
b) ‘Of hulle verstaan nie vooruitbeplanning ‘of hulle verstaan maar gee nie om nie
c) Wie die werk doen is baie belangrikker as hoe word die werk gedoen. So om die regte (politieke) kandidaat te kry is ‘n probleem.

Op die einde gaan hulle ‘n paloeka aanstel en oor 4 jaar wonder waar het dinge verkeerd geloop……..

Hendrik Havenga ·

Ek glo die politieke klimaat in sport speel n rol, hulle is skrikkerig met die bykomende stres.

Tc ·

Stem saam Pietman en ek dink niemand wil meer vir SARU werk nie.Laat zumpie n tjommie of twee aanstel daar :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.