Slyp van klubspelers met Loftus 200 kan slaag

Die Loftus 200-span wat teen die Valke verloor het. (Foto: Johanna de Vos)

Die Blou Bulle se eerste poging met die herleefde Loftus 200-span om klubspelers op ʼn hoër vlak te slyp, het heeltemal geslaagd verloop, en kan ʼn suksesresep wees.

In sy kragmeting Saterdag teen die Valke se SuperSport-span – op volle sterkte – het die uitnodigingspan rustyd met 14-7 voorgeloop, maar die Valke het op die ou end met 31-21 gewen.

Na berig word, het die spanne goed teen mekaar opgeweeg, maar met slegs twee oefeninge agter die blad, het dit met die uitnodigingspan se samespel gehaper.

Die Loftus 200-span is uit slegs twee klubs, die Naka Bulle en Quins-Bobbies-rugby, se spelers saamgestel.

Die bond se president, Willem Strauss, sê hy is baie tevrede met die verloop van sake.

Daar word meer wedstryde, en selfs ʼn toer vir aanstaande jaar, vir die span beplan

Die puntemakers –

Valke 31 (7) – Drieë: Anrich Richter, Ettienne Taljaard, Friedle Olivier, Eckhard van der Westhuizen, Jack Mkhize.Doelskoppe: Warren Potgieter(3).

Loftus 200 21 (14) – Drieë: Dylan van der Walt, Ian van Deventer, Attie Joubert.Doelskoppe: Anton Beswick (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.