Smit: Moeilik om vir Rassie te skerm

John Smit. Foto: Glyn Kirk/AFP.

Rassie Erasmus was nie verlede naweek deel van die aksie toe die Springbokke met Italië afgereken het nie, terwyl hy ook nie hierdie Saterdag saam met die span op Twickenham sal wees nie.

Dit kom nadat Wêreldrugby hom vir twee wedstryde geskors het vanweë sy kritiek teen skeidsregters op Twitter.

En volgens John Smit is dit moeilik om vir SA Rugby se direkteur van rugby in die bres te tree.

“Die manier waarop hy dinge benader het, is nie reg nie. Wil jy vir my vertel dat Rassie die enigste afrigter is vir wie skeidsregterbeslissings ʼn frustrasie is?” het die voormalige Springbok-kaptein op ʼn BBC-rugbypodsending gevra.

Volgens Smit moet Erasmus se vlytige vingers in toom gehou word.

“Iets moet gedoen word – hy maak dinge moeilik vir sy span. Dit is nou baie makliker om nie van ons [die Springbokke] as ʼn rugbyspan te hou nie.”

Wêreldrugby se Alan Gilpin het gesê daar moes teen Erasmus opgetree word om die integriteit van die spel te beskerm.

Rassie Erasmus. Foto: GB Jordaan.

“Suid-Afrika is die wêreldkampioenspan en Rassie het ongelooflike dinge met die span reggekry; hy is beslis ʼn uitstekende afrigter,” het die internasionale rugbybeheerliggaam se uitvoerende hoof gesê.

“Maar ons sienswyse – en hy kan dalk nie daarmee saamstem nie – is dat hy dinge te ver gevat het. Om ʼn rugbyskeidsregter te wees is die moeilikste werk in sport en hulle verdien ons volle ondersteuning.”

Die 50-jarige afrigter, wat aan die stuur van sake was toe die Springbokke in 2019 die Webb Ellis-trofee omhoog gehou het, het hom al vantevore teen sy kritici verdedig.

“Dit is nie ʼn aanval op die skeidsregter nie. Ek dink nie iemand soos Wayne Barnes sal slegte beslissings maak nie – hy is immers die wêreld se beste én mees ervare skeidsregter.”

Volgens Erasmus is mense geneig om ʼn stertjie by ʼn storie te las, maar hy het ook bygevoeg dat hulle geregtig op hul opinies is.

“Ons het nog altyd ʼn goeie verhouding met ons ondersteuners gehad. En as jy na die twiets kyk, is dit eintlik vir Suid-Afrikaanse ondersteuners om dinge beter te verstaan.

“Ek tag niemand nie en ek sê ook nie dat dit die skeidsregters is nie. Wat ek wél sê is dat daar dinge is waaraan ons moet werk. As daar iemand is wat dit dan nie wil sien nie, moet my dan net nie follow nie. Daar moet egter Suid-Afrikaners wees wat wil weet waarheen ons op pad is en wat ons reg en verkeerd doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Leon ·

En so draai almal teen hom deur sy eie toedoen. Selfs die meerderheid Suid Afrikaners , sportlui ingesluit is keelvol vir hom. Hoop hy neem dit ter harte en roep rugby finaal totsiens. SA baie beter af sonder hom

vuurvliegie ·

Tot Victor Matfield is keelvol vir Rassie. Ek dink ook die tyd het aangebreuk vir Rassie om sy goed te vat en te verdwyn voor die volgende wereld beker.

absoluut ·

Ek stem eerder anc voor ek teen Rassie draai, die waarheid maak seer en as jy dit nie kan hanteer nie bly eerder stil en wees n draadsitter

Kokkies ·

Elke rugby Saterdag ondersteun elkeen sy span. Moet nie vir my sê hierdie mense het nog nooit gesê – “maak oop jou oë ref”, “die ref blaas weer teen ons”, ” sy beslissings is nie konsekwent nie”. Volgens hulle, is reg nie meer reg nie en verkeerd nie meer verkeerd nie. Rassie het net sy mond oop gemaak en dit gesê. As ‘n span regverdig verloor, geen probleem.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kokkies, Erasmus is nie ‘n gewone rugby ondersteuner nie. Hy beklee ‘n hoë pos in rugby en moet ‘n voorbeeld wees vir ander.

Kokkies ·

Dit is presies die rede. Die gewone rugby ondersteuners word nie gehoor nie, dit moet kom van iemand in ‘n hoë posisie.

Republikein in die Wes Kaap ·

So, miljoene gewone ondersteuners moet gehoor word? Dis onmoontlik om ordelike kanale daarvoor te skep. Ondersteuners moet deur gevestigde strukture werk, op alle vlakke. Indien die rugbybase nie luister nie, draai jou rug op die spel. Bly weg van wedstryde op alle vlakke. Hou op om rugby op TV te kyk. Advertensiegelde sal opdroog. Uitsaaiers sal nie miljarde dollers betaal as niemand kyk nie. Geld praat harder as woorde.

vuurvliegie ·

Absoluut, gelukkig is stemdag naby. Jy kan jou wildste drome najaag

Jakkie ·

Minora toekenning vir skerp wees word aan vuurvliegie toegeken

Jacobus ·

Herinner my nou net van mr Smit wat vir ‘n skeidsregter gesê het “o ja vergeet, dis die All Blacks die”. Soos die toksiese media keer op keer bewys – as jy wen het jy ‘n teiken op die rug!

piet ·

Wen ons, is dit ‘n 61% wenpersentasie vir die jaar (wat beter sal wees as waaraan ons gewoond geraak het). Verloor ons, is dit 53% (effe swakker as wat ons gewoonlik doen). So, om en by maar ‘n gemiddelde jaar vir die Bokke.

Christo ·

Ons onderskat die hoeveelheid mag wat Rassie het. Hy het dit reggekry om `n hele nasie te laat glo dat, as jy verloor. is dit die skeidsregter se skuld. Hy blammeer eerder iemand anders as om te gaan kyk waar die span self beter kon vaar. Dis moeilik om te glo dat skeidsregters elke keer SA benadeel. Dit werk ongelukkig nie so nie. SA rugby is al vir 2020, 2021 en 2022 elke jaar swakker en swakker. Rassie help SA net mooi niks nie. Tyd dat hy sy goed vat en vertrek. Hy het klaar SA rugby in die grond gedruk.

vuurvliegie ·

Die unies en sy rugby maaitjies begin teen Rassie draai. Dis net ‘n kwessie van tyd dan is Rassie iets van die verlede. SA Rugby gaan verseker agteruit jaarliks.

George ·

Rassie het baie ander werk, maar hy druk homself in waar hy nie hoort nie, waar was hy met die vrouens world cup?? waar is hy met die groei van die spel??

Republikein in die Wes Kaap ·

Erasmus het met ‘n groep spelers gewerk wat stampkar rugby kan speel. Maar hulle lywe is voos en daar is nie altyd ideale plaasvervangers nie. Jakkie weet nie of hy vorentoe of agtertoe gaan nie.

Frans ·

Raasie se optrede moet gesien word in die lig van wêreld rugby se slapgat houding teenoor skeidsregters.Dit is nie meer amateurrugby nie.Dit is beroepsrugby met spelers se loopbane op die spel.
‘n Spel waar wen sukses beteken en verloor dat jy dalk een van die dae sonder werk sit saam met verloorklubs.Sodra wêreldrugby sy huis in orde kry sal Rassie se kritiek verdwyn omdat dit dan onnodig word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit gaan chaos wees indien professionele afrigters wêreldwyd na die sosiale media hardloop waar hulle eensydige uitlatings maak. Dit sal die spel se doodskoot wees. Terloops, Wêreldrugby het reeds gesê hulle sukkel om skeidsregters te kry wat in Bokwedstryde moet blaas.

Christo ·

Rassie is bloot eensydig in sy sosiale media plasings. Daar is foute weerskante, maar die groot problem het ontstaan waar hy slegs die foute teen sy eie span uitwys. Dis presies hier waar almal hulle respek vir hom verloor het.

George ·

Frans, daar is prosedures om te volg, hy is nie so spesiaal soos hy dink nie. Sy videotjies sou ook meer gewig gedra het, as hy ook die foute in gesluit het wat SA bevoordeel het. Maar hy blameer net as ons verloor.

vuurvliegie ·

Jy klink n bietjie suur dat die Bokke heeltyd verloor.

Andre ·

En daar is geen venootskappe met weddenskap mastskappye nie? Of is dit bietjie suur?

marius ·

Mis die dae toe truie nog lang moue en krae gehad het en die boerseuns sommer reguit van die plaas met die bakkie by die wedstryd opgedaag het .

Fran ·

‘Wêreldrugby se Alan Gilpin het gesê daar moes teen Erasmus opgetree word om die integriteit van die spel te beskerm.’ …wat ‘n GRAP! Die integriteit van die spel word JUIS vernietig deur swak skeidsregters! Dit sal NOOIT verander nie want daar is te veel diknekke wat groot geld maak uit rugby! Korrup soos FIFA

Lionel ·

Los vir FIFA en World Rugby uit die gesprek. Ek wens net Suid-Afrikaners kan besef hoe PATETIES die springbokspan is. As SA’ners ophou in ‘n fantasie leef dat die span weer die wêreldbeker gaan wen, sal dinge beter gaan. Maar dis wat SA verdien as BEE en sport met mekaar “collide”

George ·

Ek is amper seker dis wat voor 2019 ook gese is, veral toe Siya oorneem…maar hey, ons is maar net huidiglike champs.

SjN ·

Sosiale media is die verkeerde plek vir moontlike oplossings wat dit aanbetref.

Anton J ·

Ag asseblief, wen hulle dalk volgende jaar die wêreld beker sal ek jou nooi om saam met my die goeie bestuur en die spelers te kom vier. Want dan vergeet jy jou “verleentheid” aanhaking en spring net so hard soos ek van blydskap.

Anton J ·

Almal wat nou so teen Rassie uitvaar. Het julle gesien die Pool waarin die Bokke volgende jaar speel? Drie groot spanne in pool B. Bokke, Ireland en Scotland. Net twee van hierdie drie kan kwarteind haal. Laat Rassie eerder onregverdige beslissing uit wys sodat wêreld rugby kan wakker skrik om hulle referees te roskamp en aan te spreek. Julle wat so uitvaar is die eerste wat gaan se weg met die coaches ens as ons uitval. Besef mense se werke is ook op die spel en ‘n verkeerde besluite kan die beste span op die dag kos. Trots op jou Rassie. John Smit, as jy die afrigter was het jy uit frustrasie presies later dieselfde gaan doen sodat geluister kan word. Kom staan so bietjie in Rassie skoene of soek julle weer ‘n ongelukkige ondersteuner wat die veld betree en die ref gaan seer maak. Dit is meer skandelik as net ‘n hulp nood roep van Rassie vir regverdigheid.

George ·

Rassie moet dan net albei kante wys, waar ons ook bevoordeel word. Om nou te probeer voorbrand maak vir die WC is pateties om die minste te se.

Anton J ·

Hoekom ryk wêreld rugby nou skielik uit na Rassie as ‘n “vriend”? Verlede week nog was hy die aardsvyand. Net ‘n gedagte waaroor ek wonder en dalk ook verkeerd kan wees. Wat weet Rassie wat wêreld rugby wil stil hou! Ek wonder maar net.

vuurvliegie ·

Baie sien dit nie as uitreik nie, inteendeel ons sien dit as ‘n finale waarskuiwing in lewende lywe voor daar ernstig opgetree word teen Rassie. Ek dink die volgende stap gaan Wereld Rugby Rassie baie langer of dalk lewenslank skors.

Andre ·

Rassie is dalk ook keelvol dat almal vir die “opperbevel” te moet buig en alles te aanvaar.

De Villiers ·

Hy is deel van die “old boys club”, natuurlike gaan hy teen Rassie wees!

Republikein in die Wes Kaap ·

Terloops, Ronan O’Gara is vir 10 weke deur die Franse geskors na herhaalde uitbarstings langs die veld. En dit was net op klubvlak. Hy beduiwel sy kanse om eendag vir Ierland af te rig.

vuurvliegie ·

Ierland het reels en kom reels eerbiedig na. As jy ‘n reel breek dan word jy swaar gestraf. Dis waarom Ierland se rugby jaarliks verbeter. Ek wens ek kon dieselfde van SA klubs en afrigters sê.

Louis ·

Ja nee tipie Suid Afrikaners. In plaas daarvan om Rassie te ondersteun kraak julle hom liewers af.

In enige video wat Rassie gemaak het, was daar enige voorvalle wat hy verkeerd in was? Nou ja julle sê mos n skeidsregte is ook n mens wat n fout kan maak. Dit is net snaaks dat all die foute een kant bevoordeel.

Wereld rugby kan vir Rassie nie tug oor wat hy gesê het nie nou kom hulle met die stories van hulle prosedures.

Hoeveel ander afrigters het in die verlede ook nie al gekla oor die skeidsregtes nie?

SARU moet agter Rassie staan en hierdie storie deur druk sidat die skeidsregters meer verantwoordelik gehou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.