‘Smyt idiote soos De Allende uit rugby’

Damian de Allende (Foto: Inus Grobler)

Al manier wat hoogvatte in rugby uitgeskakel kan word, is “deur idiote soos [Damian] de Allende uit die spel te smyt”.

Dié krasse uitspraak kom van die rugbyskrywer Mark Reason op die Nieu-Seelandse webwerf Stuff.co.nz, wat byvoeg dat hy verheug is dat die Springbok-plaasvervanger afgestuur is.

Die Franse skeidsregter Jérôme Garcès het die rooi kaart uitgepluk ná De Allende die All Black-losskakel Lima Sapoaga oënskynlik laat geloop het.

Intussen het Sanzaar se vuilspelkomitee bevind dat die oortreding kragtens die laatvatreël nie ʼn rooi kaart regverdig het nie, en is De Allende bloot gewaarsku.

Dit staan hom vry om onmiddellik weer te speel.

Reason redeneer anders.

“Jérôme Garcès was absoluut reg om De Allende af te stuur omdat die trefslag so onsinnig laat was. In dié opsig was dit ʼn daad van boewery.”

Die kykweer het die laatheid, die voorneme en die hoogte (die nek) bevestig, sê hy.

In Ierland stem hulle egter nie saam met Reason nie.

Die webwerf Independent.ie noem die rooi kaart “kontroversieel”, en Balls.ie bestempel die beslissing as “verbysterend”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Beer ·

Stem heeltemal saam. “Die Ellende” het Bokke die wedstryd gekos deur sy idiotiese aksies. Spelers op internasionale vlak verdien groot geld en dra groot versntwoordelikheid. As hulle nie kan presteer binne die reels nie moet hulle uit.

Pieter J ·

Ek stem heeltemal saam, dit is sy werk weet wat is reg en verkeerd moet verantwoordelikheid vat en geldelik beboet word.

wesley ·

Daar was alklaar n strafskop teen ons wanneer De Allende gestraf was vir sy laat vat, so dat hy ons die spel gekos het dink ek is te ver gevat.

Maar ja was omtrent dom van hom, n rooi kaart vir my was nie eintlik so onvanpas nie, nes SBW se rooi teen die BI Leeus. Hy is net nie toets gehalte nie. Waar is RJvR???

Lana ·

Albei spanne het foute gemaak wat ongesiens verby gegaan het. All Blacks is die beste span..vat die verloor met goeie sportman gees.

Rupert Ashford ·

NZ media en hulle Aussie ewekniee was nog nooit bekend vir hulle akkuraatheid of onpartydigheid nie. Ignoreer hierdie asb.

Kiwicoza ·

Maak so Rupert, soos jy vra: ek ignoreer dit wat jy geskryf het.
Miskien bedoel jy ons moet Mark Reason se artikel ignoreer? In elk geval, hy is ‘n Engelsman in NZ, meestal is hy nogal nydig met sy kritiek!
In hierdie geval stem ek saam met hom.

Beer ·

Gaan nie oor akkuraatheid van pers of partydigheid nie gaan oor internasionale vlak spelers wat veronderstel is om by die reels van die spel te bly. Of dit nou Aussie, All Blok of Bok is maak nie saak nie.

CDP ·

Rooi kaart, geel, of geen, dit was ‘n doellose, idiotiese aksie wat ‘n strafskop verdien het, wat ons die wedstryd gekos het.
Hoe kom jy op die veld, weet jou spanmaats het ALLES ingesit in ‘n wipplank wedstryd, daar is net ‘n paar minute oor en jy is voor jou pale, maar jy kan nie jouself inhou om soos ‘n skoolboelie iemand ooglopend laat te loop, omdat jy een of ander sadistiese persoonlike genot daaruit put nie.
Damien behoort nooit weer in sy lewe die groen en goud oor sy kop te trek nie, die vlak wedstryd is te hoog vir sy mentaliteit. Hy het sy span en land in die steek gelaat.

LR Maritz ·

Hoekom is Reason se opinie belangrik? Ek praat nie die oortreding goed nie, maar ek sê self dit was nie n rooikaart werd nie. Swak skeidsregterskap.

Net my 2 sent... ·

Watter proffesionele speler met n gesonde volle verstand wat enige iets van rugby af weet met so min speel tyd oor pleeg so n dom daad????Hoeveel is hy de ellende mee omgekoop?
Hy kon daai all black maklik gemis het as hy wou ,hy de ellende verander selfs nog meer sy hardloop lyn om te verseker hy tref die all black speler met n arm naby die kop area nogal,ek meen WTF,wat dink die ou??? Wat maal deur sy plat kop???Al was dit nie n rooi kaart werd nie wat dink die ou?
Drie spelers dink ek het die Springbokke die game gekos,NR 1 de allende NR. 2 Dreyer NR 3 jantjies…. Nie een van hulle regtig daar op meriete nie,meer baantjies vir boetjies en kwota poste vullings!!!

Nico K ·

In stadige aksie lyk dit erg. Maar die ouens speel nie in stadige aksie nie. Ek glo dit was nie opsetlik nie en dat dit baie erger lyk as wat dit is en dat Sapoaga toneel gespeel het.

Sputnik ·

Nico, jou optimisme is merkwaardig maar tog humoristies. Hy kon lag lag om hom gehardloop het, om nie eers te praat van sy arms oplig en hom teen die keel stamp nie. Dit was eenvoudig dwase optrede gewees (om dit mooi te stel)

Marlene Oosthuizen ·

Hoekom is die rooi kaart nou na geel kaart verander as dit so erg was as wat almal nou wil maak. Bietjie suur druiwe sou ek sê Mark Reason want julle All Blacks het amper verloor. Stem saam met Nico – in stadig aksie lyk dit erger as wat dit is maar in werklikheid gebeur dit so vining . Dit was nie so erg as wat dit in stadige aksie gewys word nie. Ons Bokke het baie mooi gespeel.

Joey ·

Reels is reels, al lyk dit nie so erg nie, hy het oor genoeg tyd gehad om te stop, maar het met opset ingegaan. Goed gespeel deur die bokkies, maar wel doneAB, deur en deur verdien julle dit.

Willie ·

Ek was aangenaam verras met die Bokke se spel. My vraag bly, hoekom nou so goed speel, wat het vroeer gebeur?

Chrisjan ·

Dit laat my ook wonder Willie.Persoonlik dink ek die All Blacks is aangese om die bokke kans te gee om beter te kan speel.Ek meen om van ‘n 57 – 0 loesing skielik te ”verbeter” na 25 – 24 verloor teen dieselfde opponent maak vir my geen sin nie!Ek ruik ‘n rot.

Tande muis ·

Of dit nou n verander is na n geel kaart die stafskop bly staan en daaaaai 3 punte was fataal vir die Bokke net soos jantjies se skop…. ek wil weet hkm vervang AC altyd die beste speelleres op die veld word hy betaal deur die guptas of wat…….n speeller word betaal om vir 80min te kan speel maar ja dit is nou gedane sake

Andre Joubert ·

Ek stem saam met jou Joey. Erg of nie erg nie, die reëls is oortree en dit het ‘n impak op die spel gehad. Dit het SA 3 prunte gekos en dit was die verskil tussen wen en verloor. Ek stem eintlik saam met Mark Reason – die skuldige persone moet harder gestraf word as bewys kan word dat dit opsetlik gedoen was. Ek dink amper en praat onder koreksie, daar was geen ander voorvalle van hoë lakwerk in die hele wedstryd nie. Nietemin, ‘n baie goeie wedstryd deur albei spanne.

Frans C ·

Dit was bloot dom besluitneming van de Allende.Daar was geen kans om die skop af te storm nie.
Omdat dit ‘n spansport is het die span duur betaal vir een speler se ondeurdagte besluitneming.

Mina Moo ·

Ek dink Damian was net ongelukkig om op volle spoed te wees en dat hy dit nie bedoel het nie! Die ander speler het moontlik ook die situasie misbruik…sulke voorvalle gebeur baie in sokker…trek die gesig, gryp die ledemaat en val neer soos n vrot vel..!

LeonMeyer ·

Hoekom moet daar altyd negatieweuitsprake teenoor n soeler uitgespreek word. Daar was 2 ander gevalle wat swak uitgevoer is wat 12 punte gekos het. Lank voor Delende se afstorm wat eintlik reg deur die IRU se komitee opgesim is, los dit daar.Die Bokke het die beste wedstryd teen die All Blacks gespeel in 2017, en dit sluit die Britse Leeus in. Ons afronding kort baie aandag.

Koos1 ·

Om vir De Allende die skuld te gee vir die verloor is so goed om die boulers in krieket die skuld te gee as die kolwers nie 100 lopies kan aanteken nie.
Nou hoekom kry Jantjies nie ook skuld vir die verloor nie, wat sy skop is afgestorm en het ‘n drie vir die AB beteken? Ek is nie ‘n WP of De Allende ondersteuner nie, maar voel dit is bitter onregverdig om hom te blameer. Ja hy was verkeer maar Sanzaar het sy straf verminder (en hulle verswaar gewoonlik die SA spelers se strawwe!), en dit behoort as aanduiding te dien dat die nie so erg was as wat beweer word nie.
Die Bokke het nog baie werk nodig maar het nie sleg gespeel nie!

Johan ·

Koos, jy is 100% reg. Hoop MM publiseer my kommentaar nou, want my vorige kommentaar is nie gepubliseer nie. Dalk omdat ek Reason as pateties uitgemaak het. Gaan kyk gerus op stuff.co.za en sien die swak kommentaar wat Reason daar kry.

Jantjies se strafskop wat hy misgeskop het en moenie Ross Cronje vergeet wat ‘n drie weggegooi het nie. As mens fyn kyk na 2 van die AB spelers se reaksie toe De Allende afstap van die veld, sal jy ook sien dat hulle as’t ware simpatie het met De Allende oor die ROOI kaart (sekerlik nie die strafskop nie).

Ja, De Allende was verkeerd. Maar om hom te blameer, wys op ‘n bietjie onkunde oor die groter prentjie.

Sputnik ·

Koos, ek moet sê ek dink die hy het die game vor ons gekos nie, maar dit was die spyker in die kis gewees, en daar was GEEN verskoning daarvoor nie.
Ek dink Jantjies en Cronje was meer die oorsaak, hulle het die 1ste heeltemal te veel balbesit weg geskop, kyk hoe mooi het ons gespeel toe ons bietjie begin hardloop rugby speel het.

Henk ·

Dit was hoog. laat en gevaarlik. Boonop het hy sy elmboog duidelik gelig voor hy sy teiken getref het. Hy het meer as genoeg spasie en tyd gehad om uit die kontak te kom. Verder hoort hy soos Skosan nie eens in die groep nie, wat nog van op die veld. Vergelyk hierdie voorval met die Stander/Lambi voorval waar Stander nie eens kans gehad het om uit die kontak te kom nie, maar swaar gestraf is.

Jack Russl ·

100%. Die mense praat nou baie oor Stander se skorsing, maar jy kan nie die twee gevalle vergelyk nie. Stander het vir Lambie getref toe hy nog in die lug was, Elende het hom getref nadat hy al klaar 2 tree gemaak het. Stander het hom met die heup getrep en Elende het sy elmboog uitgesteek na die keel toe. 2 verskillende gevalle, waar albei rooi kaarte verdien het as ‘n mens na die reels kyk.

Dit help nie om kwaad te raak oor die rooi kaart nie en te se dat ander spanne dit of dat doen nie. Dit gee nie jou die reg om reels te breek indien ander dit doen nie. Hou jou kant skoon en dan kan jy kla oor ander

Kiwicoza ·

Marlene, Mark Reason is ‘n “shock” joernalis oorspronklik van Engeland en hy is normaalweg baie krities oor die AB’s. Hierdie keer stem ek saam met hom.
Joey, goed gestel!

Vleis ·

Ek hou ook nie van die speler nie, maar daai was nie ‘n kaart werd nie. As die All Black speler nie sokker styl gront toe geval het nie, kon hy eintlik maklik op sy bene gebly het. Dit was voortreflike toneelspel wat daai kaart laat gebeur het.

Leon ·

De Allende hoord in elk geval nie in die Spingbokspan nie. R Janse van Rensburg op sy eie is beter as Jan Serfontein en J Kriel saam. Seker die swakste senter kombinasie wat ooit vir die Springbokke gespeel het, om dan vir Allende op te stuur is n klap in die gesig van Bok ondersteuners.

Eben de Swardt ·

Ek stem saam met die skeidsregter kaart was reg hy het genoeg tyd gehad om uit die duikslag te trek .Deallende is amper soos sy van eelendeg .

Maar om n ander vraag te vra hoekom word ons vir allerhande goed gestraf en gestraf. die ab loskakel kon n oscar verdien het vir sy op trede val daar rond soos n sokker speller.baie sinnies .Kieren Read Ab kaptein klap die bal uit Cronje se hand reg voor die skeidregter eks weet nie maar dit het nie reg gelyk nie mag jy die bal so klap ? Sienies
Die Ab het pal onkant gespeel Elton word gekruisig oor barret die bal afgestorm het maar kyk wanneer hy begin hardloop het die bal was nog nie eers uit nie toe sit barret in Elton se gesig hoe kom die mense wedstryd na wedstryd ,jaar na jaar met die tipe goed weg weet nugter alleen .Ek kan ook heeltyd wen as ek met n ander stel reëls kan speel as my oponent .

Net my 2 sent... ·

Ek self gewonder of dit toegelaat word om n bal so af te klap??? Enige iemand my asb inlig of dit wettig is of nie,ek te dom ek verstaan nie meer die reels nie???

jannie ·

Ek stem saam met chrisjan Die magtige ALL BLACKS is aangese om nie die ou springbok spannetjie te verneder voor sy eie tuis skare nie Hulle het ons met een punt gewen en n hele suid afrika n baie gelukkige nasie gemaak

James ·

Rooikaart of nie rooikaart nie, dit was n simpel oortreding wat ons drie punte gekos het. Miskien moet Coetzee dit maar oorweeg om De Allende permanent uit die groep uit te rooikaart, hy hoort nie daar nie. Coetzee gaan haal vir Frans Steyn en speel hom saam met R JvR op senter, stuur vir Skosan huistoe en speel daardie jong man van die Sharks in sy plek. Ons agterspelers vanaf nr 9 tot 15 net nie goed genoeg nie.

Peter ·

The majority of Boks will not even pass the basic Rugby rules test. Sad but true!

Chris ·

Peter, I agree with you. There are two rule books. One for New Zeeland and one for the rest, especially Springbok rugby. Sean Fitzpatrick was the inventor/mastermind of playing the referee, linesmen, TV ref and spectators. The All Blacks is an avarage side. Their advantage is they play of the ball. They play the man and should be nominated for Oscar’s every year.

Nugter ·

Die All Blacks ‘n gemiddelde span? Regtig? Rug teen rug die wêreldbeker na mekaar gewen in 2011 en 2015 en die eerste span wat dit drie keer gewen het en hulle is ‘n gemiddelde span? Dit klink eerder of jy aan ‘n oordosis suur druiwe ly, ou Chris. Self al speel hulle die dag swak wen hulle steeds. Soos die afgelope Saterdag…

Kobus ·

Mense daardie was n belaglike rooi Kaart enige rugby Kenner sal dit weet die ref was verkeerd

Rianto ·

Wonder hoeveel ABs sou dan ookal lankal nie meer deel gewees het van die sport rugby nie…. kom ons begin die proefneming in NZ …. sien uit na nuwe gesigte in Swart truie kom volgende RWC… lol…

Chris ·

Nugter, elke mens het die reg tot ‘n opinie. Ek kan jou verveel met hoe die All Blacks speel. As mens na die Super Reeks kyk het hul spanne gemiddeld gevaar. In die eindstryd teen die Leeus kan die Crusaders hul gelukkig at om te wen. As die Leeus al die strafkoppe pale toe geval het, en dit oorgeskop het, het hulle gewen. Die All Black spelers speel die man en nie die bal nie. Hulle tjank ook gou indien een van hul spelers uitgewys of benadeel word. Ons probeer hul spelpatroon namaak. Ons moenie, ons moet Springbok rugby soos dit tradisioneel gespeel is, begin speel.

Nugter ·

Chris jou opinie is ongelukkig eensydig maar jy is egter heel tereg, geregtig daarop. Dis net vir my vreemd dat die “gemiddelde” Nieu Seelanders by twee geleenthede nou al, daarin geslaag het om ‘n superrugby eindstryd weg van die huis af in Australië en ook in Suid-Afrika te kon wen. Toevallig is hulle die enigste van die deelnemende lande wat dit kon regkry maar jy is seker reg, die Crusaders was maar net gelukkig soos die “gemiddelde” All Blacks Saterdag was. In die land van die blindes is ou eenoog mos nie verniet koning nie…

Chris ·

Ek is teleurgesteld in die Springbokke se vertonings die afgelope ruk. Dit is ‘n “oop geheim” wat die eintlike probleem met SA Rugby is. Niemand sal/wil dit aanspreek nie, want sodra jy dit durf waag om te doen, is jy weg soos laas maand se “pay”. Ons het die spelers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.