Snaakse afskoptyd vir uitsoek-wedstryd

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Wat altyd een van die uitsoek-wedstryde in die Curriebeker was, dié tussen die Blou Bulle en die Westelike Provinsie, sal Vrydagmiddag na verwagting voor ʼn kleinerige skare gespeel word.

Die rede? Die afskop is reeds 17:10, wanneer baie voornemende toeskouers in Pretoria – en ook TV-kykers – nog op pad huis toe is van die werk af.

Of dit die manier is om die reeds afgewaterde Curriebekerreeks vanjaar af te skop en bekend te stel, kan kwalik oor geredeneer word.

Vir die Bulle is hierdie afskoptyd ʼn terugslag in hierdie dae waar al die unies maar effens swaarkry. Hulle het juis die afgelope twee jaar – veral verlede jaar – weens die middelmatige vertonings van veral die Bulls nie veel aftrek van toeskouers op Loftus gekry nie.

Wat die wedstryd betref, behoort die Blou Bulle effense gunstelinge te wees. Hulle het ʼn sterk kern spelers uit die Superreeks. Die WP daarenteen, het ʼn opwindende jong span, maar ervaring kan dalk net die deurslag gee.

Dit is interessant dat die Kaapse breier John Dobson ʼn volle voorry op die bank gekies het. Die Bulls was vanjaar onoortuigend in die skrums. Dobson gaan dít nou teen die Blou Bulle probeer uitbuit, wat met twee relatief onervare stutte speel.

♦  In Vrydag se tweede wedstryd op die Mbombela-stadion in Nelspruit het die Pumas die wete dat hulle die Sharks verlede seisoen 27-26 getroef het. (Vergeet maar van vanjaar se telling van 33-24 in Durban toe die Sharks gewen het. Dit was in die opstellende ronde wat nie eers deur die Sharks en die Goue Leeus as eersterangse wedstryde beskou is nie en wat soos die Vrystaat hulle spanne net as XV-talle laat speel het).

Daar sal heelwat belangstelling wees in die jong Curwin Bosch wat vir die Sharks as losskakel gekies is nadat Garth April om dissiplinêre redes deur die afrigter Robert du Preez weggelaat is.

Die Sharks het op enkele uitsonderings na hul pak wat in die Superreeks gespeel het en is, selfs in Nelspruit, net-net die gunstelinge.

♦  Saterdag speel die Boland in Wellington teen die Vrystaat Cheetahs. Dit is die Boland se eerste wedstryd sedert 2009 in die Premierliga.

Die Boland is onherkenbaar van die afgelope seisoene se sukkelaars nadat daar vanjaar op administratiewe vlak en ook met afrigting hard gewerk is om weer bo uit te kom.

Teen die Vrystaat gaan dit egter bars gaan, want Franco Smith hou grootliks by die span wat in die Superreeks gespeel het.

Hoewel die cheetahs dáár gesukkel het, is hierdie darem nie dieselfde gehalte teenstand nie. Die Blikore behoort dus te wen, maar as dit nie gebeur nie sal daar groot vrae gevra kan word oor wat in Bloemfontein aan die gang is.

Die naweek se spanne –

Blou Bulle vs WP, Vrydag, 17:10

Blou Bulle: 15 Bjorn Basson, 14 Jade Stighling, 13 Dries Swanepoel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Piet van Zyl, 8 Arno Botha (kapt.), 7 Jannes Kirsten, 6 Ruan Steenkamp, 5 Marvin Orie, 4 Jason Jenkins, 3 Entienne Swanepoel, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman. Bank: 16 Bandise Maku, 17 Nqoba Mxoli, 18 Eli Snyman, 19 Hanro Liebenberg, 20 Andre Warner, 21 Tony Jantjies, 22 Dan Kriel.
Westelike Provinsie: 15 Scott van Breda, 14 Khanyo Ngcukana, 13 Huw Jones, 12 Daniel du Plessis, 11 Leolin Zas, 10 Robert du Preez, 9 Jano Vermaak, 8 Jacques Vermeulen, 7 Jurie van Vuuren, 6 Rynhardt Elstadt, 5 Chris van Zyl (kapt.), 4 JD Schickerling, 3 Wilco Louw, 2 Siyabonga Ntubeni, 1 Alistair Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Oliver Kebble, 18 JP Smith, 19 Kobus van Dyk, 20 Godlen Masimla, 21 Brandon Thomson, 22 Johnny Kotze.

Pumas vs Sharks, Vrydag, 19:20

Pumas: 15 Justin van Staden, 14 Marcello Sampson, 13 Hennie Skorbinski, 12 Marlou van Niekerk, 11 JP Lewis, 10 Francois Brummer, 9 Reynier van Rooyen, 8 Carel Greeff, 7 Lambert Groenewald, 6 Brian Shabangu, 5 Hugo Kloppers, 4 Stephan Greeff, 3 De Jay Terblanche, 2 Frankie Herne, 1 Khwezi Mona. Bank: 16 Francois du Toit, 17 Jacques Kotze, 18 Wiehan Hay, 19 Marnus Schoeman, 20 Emile Temperman, 21 Deon Helberg, 22 Devon Williams.
Sharks: 15 Odwa Ndungane, 14 Neil Maritz, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Sibusiso Sithole, 10 Curwin Bosch, 9 Michael Claassens, 8 Philip van der Walt, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Keegan Daniel (kapt.), 5 Stephan Lewies, 4 Etienne Oosthuizen, 3 Lourens Adriaanse, 2 Franco Marais, 1 Dale Chadwick. Bank: 16 Mahlatse Ralepelle, 17 Thomas du Toit, 18 Ruan Botha, 19 Lubabalo Mtembu, 20 Stefan Ungerer, 21 Inny-Christian Radebe, 22 Heimar Williams.

Boland vs Vrystaat Cheetahs, Saterdag, 15:00

Boland:
15 Nico Scheepers, 14 Sergio Torrens, 13 Ryan Nell (kapt.), 12 Christopher Bosch, 11 Danwel Demas, 10 Adriaan Carelse, 9 Marnus Hugo, 8 Zandre Jordaan, 7 Jacques Engelbrecht, 6 Kenan Cronje, 5  Johannes Kitshoff, 4 Shaun McDondald, 3 Basil Short, 2 Clemen Lewis, 1 Stephanus Wessels. Bank: 16 Chadley Wenn, 17 Francois Hanekom, 18 Joubert Horn, 19 Chaney Willemse, 20 Jovelian de Koker, 21 William van Wyk, 22 Craig Pheiffer.
Vrystaat Cheetahs: 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter (kapt.), 12 William Small-Smith, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Shaun Venter, 8 Neill Jordaan, 7 Uzair Cassiem, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Carl Wegner, 3 Tom Botha, 2 Joseph Dweba, 1 Ox Nché. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Charles Marais, 18 Justin Basson, 19 Henco Venter, 20 Tian Meyer, 21 Sias Ebersohn, 22 Ryno Benjamin.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.