Só ʼn span hoort nie in die Curriebekerreeks

Só ʼn span hoort nie in die Curriebekerreeks nie, en die SA Rugbyunie (Saru) sal sy hand diep in eie boesem moet steek oor sy kortsigtige wanbeleid om ʼn bond se derde span in Suid-Afrika se veronderstelde top- huishoudelike reeks te laat speel.

Die Westelike Provinsie se verpletterende sege van 57-14 oor die Vrystaatse Cheetahs op Nuweland laat die vraag ontstaan of laasgenoemde span selfs in die Curriebeker- Eerste Liga hond haaraf sou maak.

Die WP het nege drieë gedruk, en was rustyd reeds met 36-0 voor.

In die Curriebeker- Eerste Liga het die verdedigende kampioen, die Griffons, onverwags ver teen die Suidwestelike Distrikte gewen deur die besoekers in Welkom met 57-22 te verslaan (rustyd 26-17).

Toe die besoekers binne die eerste kwartier met 14-0 voor was, het dit gelyk of hulle die tuisspan opdraand gaan gee, maar die Griffons het ander planne gehad.

Die wenspan se losskakel Jaun Kotzé het 18 punte op die telbord geplaas. Hy het twee keer agter die doellyn gaan kuier en met vier doelskoppe geslaag.

Die Boland het in ʼn haas foutlose vertoning die Grens in Oos-Londen met 42-3 geklop (rustyd 21-3), en in Windhoek het die Valke ʼn skouspelagtige wedstryd teen die Welwitschias met 56-47 gewen (rustyd 36-28).

Die puntemakers –

WP 57 (36) – Drieë: Ramone Samuels (2), Craig Barry, JD Schickerling, Huw Jones, Wilco Louw, Jaco Coetzee (2), Sikhumbuzo Notshe. Doelskoppe: Damian Willemse (3), Robert du Preez (3).

Vrystaat 14 (0) – Drieë: Daniel Maartens, Marnus van der Merwe; Conversions: Ernst Stapelberg. (2)

Griffons 57 (26) – Drieë: Strafdrie, Gideon Venter, Cornelius Kramer, Neil Claassen, Selvyn Davids (2), Arthur Williams, Jaun Kotzé (2). Doelskoppe: Duan Pretorius, Jaun Kotzé (4).

SWD 22 (17) – Drieë: Freginald Africa, Marlo Weich (2). Doelskoppe: Leighton Eksteen (2). Strafdoel: Leighton Eksteen.

Grens 3 (3)  – Strafdoel: Xolela Payi.

Boland 42 (21) – Drieë: Marlyn Williams (2), Vian van der Watt, Clemen Lewis (2), Francois Esterhuyzen. Doelskoppe: Divan Nel (6).

Welwitschias 47 (28) – Drieë: Johan Tromp (2), Helarius Kisting, Abel de Klerk, Maharua Katjiteko, Jan Booysen, Russel van Wyk. Doelskoppe: Theuns Kotzé (6).

Valke 56 (36) – Drieë: Etienne Taljaard, Johannes Pretorius, Christian Rust, Simphiwe Sithole, Jan-Frederick Enslin, Coert Cronjé, Andrew van Wyk, Friedle Olivier. Doelskoppe: Warren Potgieter (4). Strafdoel: Warren Potgieter. Skepskop: Errol Jaggers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerrit ·

SARU is n klomp narre…einde van storie. Met n land wat, naas Engeland, die meeste rugbyspelers het, is administrateurs nodig met visie en behoorlike bestuursvaardighede. Arrogansie en domastrantheid is twee faktore wat hierdié sport vernietig in SA.

Jaco Esterhuizen ·

Piet Ebersohn, n derde span behoort oor die 100 punte aant te tekken teen n derde span. Die cheetahs bou aan twee spanne, kom ons kyk so oor n jaar of twee as WP so verloor of jy nog dieselfde tune sing

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.