Só kan dit nie aangaan nie …

`n Nuwe Bok-laagtepunt (Foto: woligovabe.xlx.pl)

`n Nuwe Bok-laagtepunt (Foto: woligovabe.xlx.pl)

Só kan dit nie aangaan nie … Die grootste neerlaag  teen die All Blacks, 15-57, die derde grootste in alle toetse in 125 jaar en ʼn afrigter wat eienaardighede kwytraak.

Saterdag se neerlaag was egter die een wat die seerste maak. Dit is immers op tuisbodem, voor plaaslike ondersteuning – anders as die 0-49 teen die Wallabies in 2006 in Brisbane, en die 3-53 teen Engeland op Twickenham in 2002.

Steeds is daar onsekerheid oor die huidige span se wedstrydplan en die implementering daarvan, ʼn ongeloof in Allister Coetzee se volharding met sy oues van dae en sy Kaapse brigade, en die gevolglike gedobber van die land se nasionale span tussen middelmatigheid en powerheid.

Alle simpatie wat daar aanvanklik vir Coetzee kon gewees het met sy laat aanstelling as afrigter, is tot niet na hy die span reeds meer 18 weke onder hande het en van middelmatig na vrot gebrei het.

En niemand glo boonop dat hy nie al voor sy aanstelling daarvan geweet het en kon beplan het aan wat en waarnatoe nie.

Goed, hy het ook die kwota-situasie wat hom (bloot teoreties) aan bande lê. Daar is gewis maniere om dit te oorkom, soos ʼn magdom spelers van kleur wat beter is as die huidige lot strompelendes.

Allister se uitsprake

Dan is daar Coetzee se uitsprake, waarvan die een die ander, en nagenoeg almal sy aksies, weerspreek!

♦  Coetzee bou aan ʼn jong span, sê hy ter verskoning van die fiasko.

Miskien het hy vergeet van Beast Mtawarira, Adriaan Strauss, Duane Vermeulen, Francois Louw, Morné Steyn, Bryan Habana en Willem Alberts, waar net Louw as voorste baljagter van die vier spanne in die Rugbykampioenskap daar hoort. Vyf van hulle is van oorsee af.

Hy sê ook dis ʼn heropbou-jaar na die Wêreldbeker. Vir die All Blacks ook en hulle sukses is behaal met 18 spelers wat tien of minder toetse gespeel het in hulle groep van 39.

Dalk bou hulle net beter?

Ouderdom, vleuels en senters

Alberts? Hy het Saterdag ses of sewe keer die bal gedra en nie oor die voordeellyn gekom nie.

Watter soort boodskap is die ‘invoer’ van ʼn stadige grote aan ons jonges?

♦  Is Habana regtig ʼn beter vleuel as Leolin Zas, Jamba Ulengo, Sergeal Petersen (tans beseer), Travis Ismaiel, Raymond Rhule?

Hulle is boonop almal spelers van kleur, wat Coetzee reeds net op vleuel twee spelers al `n voorsprong gee om aan die minister van sport se gevraagde kwota gekleurde spelers te voldoen. (En dan sou hy Francois Hougaard op skrumskakel kon gespeel het.)

♦  Hoekom word daar volhard met onder-presterende Stormers uit die era toe Coetzee nog die Kaapse agterlyn steriel gemaak het? Damian de Allende? Juan de Jongh, wat hoofsaaklik lekker kan systap en meer duikslae mis as wat na sy kant toe kom.

Hy het volgens Coetzee `n groot rol gespeel om die verdediging te organiseer.

Net voor die Wallabytoets op Loftus het Coetzee aan rugby365.com gesê: “Ek dink wat ons tans het, is goed. Ek is werklik tevrede met ons spelers op senter en ek dink nie ons het regtig probleme of senter nie.”

Op die vraag oor wat van Janse van Rensburg, het Coetzee gesê al sy opsies op senter is gedek.

Miskien is hy maar net met minder as die beste tevrede …

♦  Spesifiek, hoe verklaar ʼn mens Coetzee se uitspraak Saterdagaand waar hy aan die media gesê het “as daar spelers is wat die groep kan versterk, sal ons sekerlik na hulle kyk, maar ek kan julle waarborg daar is nie baie daar buite nie ..”

Regtig? Ons is dan glo in ʼn boufase in ʼn land waar daar telkens vertel word hoe elke ander land Suid-Afrika se geweldige diepte aan gehalte beny.

Hoekom nie bou met senters soos Janse van Rensburg, Francois Venter, Nico Lee, Burger Odendaal, William Small Smith, André Esterhuizen (dalk ook oorgeneig tot stampakarrugby) nie … en met manne soos Ox Nché, Liso Gqoboka, Thomas du Toit, Ruan Dreyer en (nou die beseerde) Damian Smith, om net `n paar te noem, in die voorry nie?

Jonk, onervare, maar met gehalte. Suid-Afrika ís dan mos nou in ʼn boufase, hoor ons?

Die Kaapse band

Hoe is dit dat die Lions, Suid-Afrika se beste span, net twee spelers in die beginspan het?

Van die manne wat onder Coetzee se  hande deurgeloop het tydens die hoofsaaklik onsuksesvolle veldtogte in die jare van drieëdroogte by die Stormers, het Bryan Habana, Duane Vermeulen, Vincent Koch, Bongi Mbonambi, Juan de Jongh, Damian de Allende, Steven Kitshoff en Eben Etzebeth vanjaar toetsrugby gespeel.

Wedstrydplan

Wat is die wedstrydplan? Die huidige een, wat dit ook is, werk nie. Tien drieë teen geen teen hulle in die laaste twee toetse, en nege strafdoele en twee skepskoppe vir hulle.

Die Springbokke het dusver net vier van hulle nege toetse gewen – dit is ʼn wenpersentasie van net 44,4 persent en dit sluit ʼn baie uitgedunde Ierse span in teen wie twee van die toetse gewen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johan ·

Vandat die Springbokke Springboks geword het is dit net afdraende

Kobus ·

Coetzee kon in al sy jare by die Stormers niks anders in die trofeekabinet sit as die afgewaterde “conference winners” troosprys nie. Het enigiemand, buiten die groot geeste Serfontein en Claasen, iets anders verwag van die nuwe messias op ons rugbyhorison? “Pateties” is so ‘n polities verfynde woord. Ek het ‘n baie groter een kleurryker arsenaal in my woordeskat om hierdie geploeter mee te beskryf.

Arie ·

Hy is nie die naam afrigter werd nie maar wl nie eers praat oor ons agterlyn afrigter nie, hy hoort op geen rugby veld nie of naby een nie

Jakkalas ·

Wel ek dink alles is klaar gesê wat mens kan sê. Dan is daar al die strooi wat Alister Coetzee kwyt raak. Ek kan julle verseker dat daar nie spelers buite die groep is wat beter is nie….. rerig??? Daar is ‘n goeie moontlikheid dat die afrigtingspan aan die Dunning-Kruger effek lui. Dan moet die spelers super fiks raak en dissipliene kry en leer wat dit is om verantwoordelikheid te vat vir sy optredes.

Frans C ·

Jammer dat die afrigter so vasgevang is in sy eie opinies dat nou allerhande verskonings soek om die Bokke se pak slae te probeer goed praat.Ek dink hy onderskat die kyker se intelligensie en rugby kennis.

Dit is tog opmerklik dat daar eintlik min sterspelers is wat die WP aangekoop het wat werklik weer die hoogtes kon behaal wat hul gehad het voor hul aankope en dan ook maar die pad oorsee gekies het.

BlouStormer ·

Asseblief, Coetzee was nie lank genoeg is Japan om hulle hele plan af te kopie hoe om wen rugby te speel.
Miskien moet ons hom terug stuur vir die ander 99.9 %

Cjan ·

Na gister se slagting het ek tot die slotsom gekom. Albaster en Stick het nie n kloe wat wil hulle of wat wil hulle nie. Of hulle nou politieke pionne is of nie hulle moet besef hulle is besig om n toetsspan, die beste saam te snoer om SA te verteenwoordig, nie die WP of enige ander rugby-unie te bevoordeel nie. Daars geen rigting in die span nie. Lambie is n 10 en nie n 15 nie. Watse jongspan praat hy van?? Vat n klomp jonges UK toe en los die oue te huis by die huis, of anders trek weer vir Victor en Bakkies ens nader. Die afrigters van SA sit die pot heeeel mis. Shame arme spelers!

Nicolaas ·

En soe word die al die Blame vir die afrigter gegee. Maar wat van sy bestuur span wat hy netsoe gekry het vanaf die vorige afrigter. Terwyl elke vorige nuwe afrigter die kans gekry het om ‘n NUWE bestuurspan te kies moet hy maar tevrede wees met die klaar VROT APPELS. Hoeveel van ons beste spelers gaan soek liewer groener wyvelde as wat hulle hier kry en die arme lions spelers wat ook maar planloos was in die superreeks finals SA SE BESTE SPAN wat ‘n JOKE . SA RUGBY is klaar ‘n SURKUS en Allister maar net nog ‘n PUPPET.

Chris ·

Raak asseblief ontslae van die naam Springbokke. Ek dink dit is vernederend vir al die Springbokke toe ons rugby nog iets was. Dit was die trots van ons land, maar nou net n verleentheid! Dank die Vader daar is darem golf en ander beter sport om na te kyk!

Johan Jacobs ·

Allister hoort nie daar as Springbok afrigter nie. Saam met hom die sogenaamde leier van transformasie Fikile. Sport kan nie suksesvol beofen word as ons geheel en al spanne en individue kies op meriete nie. Hoekom dink julle die All Blacks is so goed. Ons rugby en span sport in die algemeen is n grap. IETS MOET NOU DAADWERLIK GEBEUR OM HIERDIE TRAGEDIE TE HETSTEL

GPC ·

Kyk, ek’s geen Allistair Coetzee fan nie, maar wys my n afrigter wat met soveel beperkinge kan wen (Die kwotas), geen afrigter sal n Springbok span kan laat gereeld wen met so baie politieke inmenging nie. Hy kies spelers om werkgewer en sport minister gelukkig te hou, dis immers waarvoor hy nou betaal word. Hou op rugby kyk, Borge en Saru sal wel sien inkomste raak min en dan probeer onderhandel om meriete spanne te kies. n Goeie Springbok span sal eers weer gebeur as daar n nuwe President/regering is. Los maar vir Allistair, hy doen net wat van hom verwag word.

Barend j ·

gpc jy het nie n idee waar van jy praat nie HYis die naam afrigter nie werd nie dis inelkgeval nkwota afrigter span

GPC ·

Presies hoekom hy daar is, kwotas. Ek waarborg jou, as Eddie Jones of Steve Hansen in beheer was sou dit nie baie anders gelyk het nie. Bok afrigter word betaal om Saru en Sport minister se opdragte uit te voer, plus Saru wil Wêreldbeker in SA aanbied, jy weet presies wat sport minister oor gesê het. Maak nie saak wie afrig nie, regering gaan kry wat hulle wil hê.
PS, lees asb hele kommentaar, jy sê wat ek sê.

Christo Visagie ·

Gaan kyk asb na ene mnr Coetzee se record as afrigter voor die regering so erg ingemeng het,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,nie veel sukses nie GPC,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,HY IS EN SAL ‘N SWAK AFRIGTER BLY OF DIE REGERING INMENG OF NIE.

GPC ·

Het my kommentaar oor en oor gelees maar ek mis dit waar ek sê ek like Allistair kwaai.
Ek sê wel dat nie net hy die probleem is nie. Enige goeie afrigter met verstand sal draaie om Springbok Afrigter pos loop, want jy sal nooit in beheer wees nie, Saru en Sport minister sal eers goedkeuring moet gee. Maw, Saru en regering wil “puppet” afrigter in diens neem. Presies wat Coetzee nou is.

JG ·

Die Stormers het destyds onder gegaan onder Elister totdat Gert Small gaan help het. Niemand kan moan nie want almal het dit verwag maar die stadiums bly vol geprop. Die DA het dit reggekry om stembus toe te gaan . Die rugby ondersteuners kan dalk hulle stem laat geld deur van al die wedstryde weg te bly.Die gemors gaan aan maar die geld stroom in want die stafiums bly vol.

Jakkalas ·

Rerig GPC daai afrigters is presies dit afrigters. Alister is ‘n “wannabe”.Kyk wat het Eddie uitgerig in minder tyd met ‘n kultuur in Engeland waarmee hy ongekend was. Hansen is in ‘n ander league jy kan nie hulle met Alister vergelyk nie sies man ek dink ook jy weet nie waarvan jy praat nie….

Jakkalas ·

Nee GPC jy weet nie waarvan jy praat nie sies man. Eddie het in Engeland met ‘n ongekende rugby kultuur en onvekende spelers en in minder tyd as Alister Engeland na #2 in wêreldrugby geneem. Hansen is in ‘n ander league all together. Jy kan hulle nie vergelyk met Alister nie gaan doen jou huiswerk asb.

Ans ·

Allister se wedstryd plan was so deursigtig. Al die taktiese skoppies het die All Blacks lankal bestudeer. Geen speler kry die geleentheid om sy talente te gebruik nie. Nee skop besit heeltyd weg en dan Allister se kommentaar, “mens kan nie vanaf jou eie doel gebied teen All Blacks hardloop nie” Hoekom nie, glo dit sou beter resultate opgelewer het as om elke keer besit weg te skop!! Die All Blacks speel hardloop rugby nie sokker-rugby van skop en skop nie vanuit hul eie doel gebied speel hul aanskoulike rugby wat die puntebord laat rol.

Francois ·

Ek stem volmondig saam met van die ander respondente hierbo dat ons as stoere rugbyondersteuners eenvoudig moet wegbly van die wedstryde af en ons beursies toeknip. Dit sal die sterkste boodskap aan die regering en SARU wees dat ons genoeg gehad het van die getjommel en die gepaardgaande vernedering.

Jan ·

Ek vermoed dat Kingspark vol was omdat publiek wou sien hoe die All Black’s “rugby” speel

Jakkalas ·

Yip maar hulle help die SARU leeke in die vernietiging van Bok rugby deur ten duurste kaartjies te koop en daai gatsakke vol te stop.

Jan ·

Coetzee se verstommend Stelling dat daar nie beter spelers is nie, is n groot belediging teenoor baie jong spelers in SA. Jong manne gaan speel vir geld oorsee. Julle verdien nie Coetzee se oningeligte uitspraak nie

Jakkalas ·

Ek stem en dit beklemtoon sy die afrigters en die keurders se onkundigheid.

Theo ·

Net n voorstel. Wat van daar word n SA xv span saam gestel om die huidige bokspan te troef. n span wat sonder kwotas saam gestel word met n afrigter van ons keuse? Kan ons dan bewys dat daar nog diepte is in ons Rugby.

Jakkalas ·

Wat het geword van Bok proewe en van kundige keurders en administrateurs, afrigters ens. ens.

Tokkie Potgieter ·

Laat ons maar eerlik wees met mekaar. Ons slaan die transformasie trom dwarsdeur maar daar is baie meer fout met SA rugby as net transformasie. Eerstens, hoeveel tranformasiespelers was daar?? Net Beast, Juan de Jongh en Oupa Mohodje. Beast en Oupa het nie te veel gedoen nie maar ook niks verkeerd gedoen nie. De Jongh is egter ‘n swakplek in die agterlyn veral met sy verdediging en Rohan Van Rensburg is veel beter, groter en net so vinnig en hy verdedig beter. Verder is die span wat Saterdag op die veld was ‘n span waarmee ek sou kon saamgaan. Kom ons vergeet van transformasie en bekyk die spel. Tweedens is Adriaan Strauss nie die regte kaptein vir die Bokke nie en moes Warren Whiteley van die begin af kaptein gewees het. Hy is ook nie ons beste haker nie en Marx moes daar gespeel het. Derdens, gaan kyk weer die wedstryd en kyk hoe onfiks die Bokke werklik is in vergelyking met die All Blacks. Ek weet almal gaan sê dat na ‘n jaar moet hulle fiks wees. Dis bog!! Hulle jaag nie los balle nie, hulle is nooit daar om ‘n aangee by ‘n spanmaat te vat nie en is doodmoeg na 5minute se verdediging van die doellyn. Ongelukkig is daar manne soos Etzebeth, Jaco Kriel, Pieter-Stef du Toit en Habana wat probeer om die spel vir 80 minute te speel maar 4 swaeltjies maak nie die somer nie. Vierdens is daar geen spelplan nie en dit is ‘n afrigtingsprobleem. Wie is Mzwandile Stick nou eintlik want dit is duidelik dat die agterlyn geen idee het wat om met die bal te maak as hulle hom kry nie. Ek was bereid om Allister Coetzee ‘n kans te gun maar dit is duidelik dat hy ‘n minder as gemiddelde afrigter is. Soos almal hierbo noem, dit het gegaan van sleg na slegter. Hy lyk my het ook geen beheer oor die spelers nie en ek kry die indruk dat die spelers vir hom wil vertel hoe om die game te speel, presies soos in die dae van die Heineke, Jake en andere voor hom. ‘n Afrigter is nie ‘n speler se pêl nie, jy is sy baas as ek so ondiplomaties mag wees. So, of hy maak soos jy sê of hy toer. Maar hy het geen beheer oor hoe hulle op die veld speel nie. Selfs die dames wat rugby kyk vertel vir jou dat ons die balle wegskop en daarmee beweer ek nie dat dames niks weet nie maar hulle speel nie eers rugby nie. Hoe swaar wil jy kry en duikslag na duikslag uitvoer want elke keer gee jy die balbesit oor aan die opposisie. Leer ouens soos Lambie (wat ons ‘n 3 gekos het) om sy skopskoen in sy agterent te druk en te hardloop met die bal eerder as om dit te skop. Toegegee, as Stick se agterlyn nie weet wat om met die bal te maak nie moet ‘n “fikse” pak voorspelers daar wees om hulle te beskerm. In die vyfde plek, hoekom is die All Blacks so ‘n goeie span?? Eenvoudig, hulle het ‘n passie vir die spel. Die spelers is so fanaties oor rugby soos Islam is vir Isis. Hulle het soveel passie dat hulle op vorm spelers nie Frankryk, Engeland en ander lande toe hardloop nie tenspyte van die feit dat hulle kontrakte baie minder is as die Bokke s’n. Hulle is honger om te wen en ons spelers speel vir die geld i.p.v die passie vir die spel. Speler unies is ‘n euwel vir SA Rugby want dit beskerm die speler teen gemiddelde tot ondergemiddelde prestasie. Laastens, het ons nie die afrigters in SA soos ‘n Steve Hansen en Eddie Jones nie. SA afrigting, rugbyspelers en ondersteuners het die pad kwytgeraak oor hoe rugby gespeel behoort te word. Ons kort nuwe bloed en nuwe idees en in SA gaan ons dit nie kry nie en asseblief los die “has been”s soos Jake en Heineke waar hulle is. Hulle het hul kans gehad en is te lig gevind. “Transformasie” sal ‘n probleem bly solank as wat die Springbokke verloor en hoe kleiner die soustrein se reserwe raak hoe meer kritiek gan “wit” rugby verduur. As die Bokke dieselfde rekord gehad het as die All Blacks sou daar geen kriteik gewees het nie want die soustreinreserwe word net al hoe groter.

My 1 sent.

Theuns ·

HaHaHa,lag oor al die suur kommentaar oor Alister,en ons gedink Piet Snorre was die pad byster!Alister oortref hom vêr!!!

Anoniem ·

Ja Jan dit is ‘n skande dat Allister Coetzee gese het dat Suid Afrika nie beter spelers het nie. Dit is net daar waar hy ‘n hengse toets dop. Suid Afrika het die spelers maar word nie gekies vir die Bokspan nie. Het Allister Coetzee ‘n wedstrydplan? Hy kan gerus gaan kers opsteek by Johan Ackerman, Franco Smith en Nolis Marais. Dit is afrigters wat in die afgelope jaar baie vermag het met hulle spanne.

Jan ·

Slim man luister altyd ook na ander,n dom astrante man luister net na homself

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.