Só kan Goue Beker se ‘proefspanne’ lyk

Sterk “proefspanne” wat ʼn mens in hierdie stadium uit SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks om die Goue Beker kan saamstel, dui daarop dat ’n betreklike sterk span uit die reeks gekies sal kan word.

Al gebeur dit nie vanjaar al nie, bied dit genoeg skietgoed aan die voorstanders van so ʼn saamgestelde span.

Pale Toe! het die 20 deelnemende spanne versoek om vyftientalle te benoem waaruit ’n “proefspan” uit elke groep saamgestel kan word.

Behalwe in Groep C, waar nie eens ʼn bank gekies kon word nie, is daar positief gereageer.

Daar moet toegegee word dat al die spanne binne elke groep nog nie teen mekaar gespeel het nie (party het nog net twee wedstryde gespeel), en dat die beste speler in ʼn bepaalde posisie nie noodwendig teen elke ander span in aksie was nie.

Tekortkominge ten spyt, behoort enige van die vier spanne goeie rekenskap van homself teen ʼn teestander van sy portuur te gee.

Lesers kan gerus laat weet watter ander spelers hulle graag op meriete in die “proefspanne” sou wou sien.

Enige positiewe kommentaar is welkom.

Die spanne –

Groep A

15. Pieter Streicher (Sasol), 14. Jannie van der Merwe (Sasol), 13. JP Steyn (Bloemfontein Polisie), 12. Marchant Genis (Vereeniging), 11. Sozo Maseko (Sasol), 10. Cecil Dumond (Rustenburg Impala), 9. Ryno Hendrikz (Vereeniging), 8. Leon du Plessis (Impala), 7. Justin Wheeler (Impala), 6. Boetie Groenewald (Welkom), 5. Jean Olivier (Sasol), 4. Willa Martin (Sasol), 3. Ivan Espag (Impala), SidneyTobias (Impala), Mervin Gilbert (Sasol). Bank: 16: Dawie Steyn (Vereeniging), 17. Louis Hollamby (Impala), 18. Wouter van der Berg (Vereeniging), 19. Koos Bosman (Vereeniging), 20. Kelvano King (Welkom), 21. Fanie Booysen (Sasol), 22. Aubrey Mcdonald (Impala).

Groep B

15. Chris Juries (Northam), 14. Bryce Nicholson (Raiders), 13. Danie Loots (Northam), 12. Johan Grobler (Quins Bobbies-rugby) 11. Jafnos Chiwanza (OG), 10. Morné Hugo (QBR), 9. Sima Yafele (QBR), 8. Kingsley Lang (OG), 7. Ben Sekgobela (Northam), 6. Juan Pretorius (Vaal Reefs), 5. Schalk van Heerden (Northam), 4. Tiny Masemola (Northam), 3. Zander de Kock (Northam), 2. JC Oberholzer (Vaal Reefs), 1. Bobby Ndebele (Raiders). Bank: 16. Johan Pieterse (QBR), 17. Lawrence Cleminson (OG), 18. Jerry Sefoko (QBR), 19. Aden Jones (Vaal Reefs), 20. Patrick Hattingh (Northam), 21. JP Harris (Vaal Reefs), 22. Ashwell Adams (Raiders).

Groep C

15. Daniel Roberts (Tygerberg), 14. Bush Mthethwa (Tygerberg), 13. Gustaf Meyer (Progress Uitenhage), 12. Deon Taljaard (Tygerberg), 11. Raymond Darries (Progress Uitenhage), 10. Stewart Jacobs (Tygerberg), 9. Tyron Scholtz (Tygerberg), 8. Wendell Pondo (Progress George), 7. Chumani Kema (Progress George), 6. Lester Phillips (Tygerberg), 5. Keagan May (Tygerberg), 4. Marvin Fransman (Tygerberg), 3. Bredni Bestenbier (Progress George), 2. Xavier Scholtz (Progress George), 1. Christo van Wyk (Tygerberg).

Groep D

15. Gavin Scott (College Rovers), 14. Danie Roux (Valsbaai), 13. Jandré du Plessis (Sishen), 12. Brandon Bailing (Rovers), 11. Cornal Hendricks (Roses United), 10. Chris Jordaan (Rovers), 9. Warren Randall (Rovers), 8. Ryan Olivier (Valsbaai), 7. Graham Geldenhuys (Rovers), 6. Taps Tsomondo (Valsbaai), 5. Christopher van Leeuwen (Rovers), 4. Graham Knoop (Valsbaai), 3. Ashley Wells (Valsbaai), 2. Byron Booysen (Sishen), 1. Jarrett Crouch (Rovers). Bank: 16. Kelvin Fikster (Roses), 17. Lance Korabie (Roses), 18. Neels Prinsloo (Sishen), 19. Bisele Tshamala (Rovers), 20. Percival Williams (Roses), 21. Riaan O’Neil (Valsbaai), 22. Adnaan Osman (Valsbaai).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melanie ·

Ek sal graag vur Michael van Vuren (Sasol) in die groep wil sien. Hy is n uitstekende speler en maak n baie goeie impak.

Carlien ·

Hi,
Ek sal graag vir Marthiunus Erasmus (Sishen) nr 9 graag in die groep wil sien. Hy is n uitstekende speler.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.