Só lyk Namibië se eerste kunsmatige rugbyveld

Windhoekgimnasium se nuwe kunsrugbyveld. (Foto: Verskaf)

Windhoekgimnasium se nuwe kunsrugbyveld. (Foto: Verskaf)

Hier is ‘n eerste kykie vir Pale Toe! se lesers na Namibië se heel eerste kunsmatige rugbyveld.

Die veld is pas teen ‘n koste van sowat R12 miljoen deur die Windhoekgimnasium gelê, en word Vrydag en Saterdag met ‘n internasionale sewestoernooi in gebruik geneem.

Benewens die Suid-Afrikaanse Sewesakademie se o.18-span, neem die nasionale o.18-spanne van Namibië, Duitsland, Botswana en Zimbabwe onder meer aan die inwydingstoernooi deel.

Verskeie plaaslike skolespanne sal ook by die Capricorngroep-Windhoekgimnasium-sewestoernooi in aksie wees.

Colette Riekert, die besturende direkteur van Windhoekgimnasium, het vroeër aan Pale Toe! gesê streng waterbeperkings in die Namibiese hoofstad het die bestuur van Curro Holdings, die eienaar van die skool, laat besluit om die belegging te doen om dié puik gerief moontlik te maak.

Riekert het bygevoeg dat die skool se sewesspanne elke jaar uitstekend in hul ligas vaar, en onder meer die afgelope Safland-sewestoernooi op Swakopmund gewen het.

 Die wedstryde duur van 14:00 tot 21:30 Vrydag en 07:30 tot 18:00 Saterdag, en die organiseerders skud hul vere reg vir sowat 3 000 besoekers en spelers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PJN ·

Knap gedaan Windhoek Gimnasium. Ek vlieg binne kort af Windhoek toe vir my ou almamater Windhoek Hoërskool se 100 jarige bestaan. Die hoogtepunt is Saterdag die 17de Junie wanneer WHS en Windhoek Gimnasuim mekaar aanvat op die einste veld in ‘n interhoër kragmeting. Ek sien baie uit na die twee top skole in Windhoek in aksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.