Só lyk Superrugby-statistieke

Malcolm Marx en sy Lions-trop het sleg teen die Sharks verloor. Foto: GB Jordaan.

Met die Suid-Afrikaanse spanne (buiten die Sharks) wat harde bene die afgelope naweek in die Superrugby-reeks gekou het, is dit interessant om na die toernooi se wedstryd-statistieke te kyk.

Die Crusaders is verreweg die beste span vanjaar, met die Sharks wat die SA prosessie met rukke en stote lei.

Een ding is seker: Die vier SA spanne sukkel op die aanval, maar hul lynstane is darem sterk.

Statistiek:

  • Meeste drieë:
  1. Crusaders (34)
  2. Rebels (30)
  3. Hurricanes (27)
  4. Lions (26)
  5. Brumbies (25)
  6.  Sharks (24)  
  1. Bulls (13)

15. Stormers (11)

  • Bal die verste gedra:
  1. Hurricanes (3,804 m)
  2. Sunwolves (3,759 m)
  3. Crusaders (3,364 m)
  4. Reds (3,006 m)
  5. Blues (2,980 m)
  6. Sharks (2,904 m)
  7. Lions (2,747 m)
  8. Bulls (2,384 m)
  9. Stormers (2,206)
  • Skoon breekslae:
  1. Crusaders (97)
  2. Sunwolves (85)
  3. Waratahs (81)
  4. Reds (76)
  5. Blues (74)
  6. Sharks (73)
  7. Lions (65)
  8. Bulls (50)
  9. Stormers (44)
  • Verdedigers geklop:
  1. Hurricanes (219)
  2. Reds (204)
  3. Blues (180)
  4. Sunwolves (179)
  5. Crusaders (174)
  6. Sharks (145)
  7. Lions (142)
  8. Bulls (132)
  9. Stormers (131)
  • Persentasie duikslae gewen:
  1. Bulls (87,2%)
  2. Crusaders (87,1%)
  3. Jaguares (86,9%)
  4. Reds (86,6%)
  5. Waratahs (86,4%)
  6. Sharks (85,5%)
  7. Stormers (84,5%)
  8. Lions (83. 9%)
  • Lynstane gewen:
  1. Bulls (96,3%)
  2. Rebels (93,4%)
  3. Lions (92,9%)
  4. Waratahs (92,8%)
  5. Jaguares (92.4%)
  6. Stormers (89,6%)
  7. Sharks (88%)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

At ·

ANC het weer meesterlik geslaag in hul heksejag teen als wat kosbaar was vir die Afrikaner. Laasgenoemde steeds vas aan die slaap.

Frans C ·

Die Crusaders het benewens ‘n groot aantal All Blacks daarin geslaag om ook opwindende jong spelers in hul 38 man groep in te sluit.Omdat hul inteenstelling met bv die Leeus ‘n kern ervare spelers behou het skakel nuwe spelers makliker in en hoef hul nie elke jaar opnuut span te bou nie.

Spelers en nie die naam maak ‘n span en is ek bevrees het van die Leeus net die naam oorgebly en gaan hul erg op hul toer sukkel.’n Mens moet dus nie te veel in hul vertonings lees nie want dit bestaan tans uit niks meer as belowende spelers met ‘n paar
ervare spelers.

Net soos dit onregverdig is om die huidige Bullsspan met die kampioenspanne van voorheen te vergelyk moet ‘n mens dinge in die regte perspektief sien en sal toere
meer duidelikheid bring oor waar ons spanne in die kompetisie staan.

Riaan ·

Die enigste rede hoekom die Bulls is waar hulle is, is deur strafskoppies wat die Ref aan hulle toeken om games te wen.
Dankie Ref jy bly n wenner in PTA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.