Só lyk Thinus Delport se beste Sanzaar-Springbokspan

Victor Matfield en Bakkies Botha (Foto blog-rct.com)

Wanneer die kole aangesteek word, is een van die lekkerste tydverdrywe om die beste en swakste Springbokspanne van alle tye te kies.

Dis nie om die spelers te na te kom nie, dis nie om hulle af te kraak nie, want hulle het nie hulself gekies nie. Dis net om aan te hou gorrel terwyl die kuiervoggies sak.

Wanneer die kole begin gloei en vroulief, heeltemal tereg, van die kombuis se kant af laat waai met: “Moet asseblieftoggie nie die kole weer laat uitbrand nie,” kies jy ook ’n afrigter om die span af te rig.

Wanneer die tjoppies eindelik die rooster haal, word die swakste skeidsregter ook sommer bygesleep.

Om sulke spanne te kies, sal altyd subjektief wees, maar dit bly interessant hoe die “ander kant” dink.

Oorsee het Sky Sports vier oudspelers (een speel nog, maar lewer televisiekommentaar net soos die ander drie) gevra om hul beste spanne te kies sedert die Drienasies die eerste keer in 1996 gespeel is en nou oorgespoel het na die Rugbykampioenskap.

Die oud-All Blacks-kaptein Sean Fitzpatrick, die gewese Springbokheelagter Thinus Delport, die oud-Wallabies-losskakel Michael Lynagh en die Poemas-senter Marcello Bosch (wat steeds speel) het die keurderbril opgesit en met baie interessante keuses vir hul onderskeie lande vorendag gekom.

Net twee spelers van 1995 se Wêreldbrekers, die heelagter André Joubert en die loskopstut Os du Randt (hy was ook in 2007 in Jake White se wenspan) haal Delport se vyftiental in die Sanzaar-reeks.

JP Pietersen is die regtervleuel, Frans Steyn en Jaque Fourie die senterpaar, Morné Steyn die losskakel, John Smit die vaskop en Duane Vermeulen (die enigste huidige Bok in die span, hoewel Pietersen, Frans Steyn en Bismarck du Plessis wat steeds speel, ook die jawoord kry) is die agtsteman.

♦ Sean Fitzpatrick, die oud All Blacks-kaptein, kies vir Ben Smith op vleuel, vir Dan Coles op haker en Zinzan Brooke kry die jawoord bo Kieran Read op agtsteman.

Daar is vyf huidige All Blacks in die span: Ben Smith, Aaron Smith, Dan Coles, Sam Whitelock en Brodie Retallick.

♦ Lynagh kies drie huidige Wallabies, Israel Folau, Sekope Kepu en David Pocock in sy uitsoekvyftiental en Bosch glo die Poemas se huidige afrigter, Mario Ledesma, is ʼn beter haker as Agustin Creevy. Só hou jy mos die agterdeur oop om aanstaande jaar vir die Poemas se Wêreldbeker-span gekies te word!

Bosch kies net een van die huidige Poemas in sy beste span. Dit is die flank Pablo Matera

Die vier spanne ‒

Thinus Delport se Springbok XV: 15. André Joubert, 14. JP Pietersen, 13. Jaque Fourie, 12. Francois Steyn, 11. Bryan Habana, 10. Morné Steyn, 9. Fourie du Preez, 8. Duane Vermeulen, 7. André Venter, 6. Schalk Burger, 5. Victor Matfield, 4. Bakkies Botha, 3. John Smit, 2. Bismarck du Plessis, 1. Os du Randt.

Sean Fitzpatrick se All Blacks: 15. Christian Cullen, 14. Ben Smith, 13. Conrad Smith, 12. Ma’a Nonu, 11. Jonah Lomu, 10. Dan Carter, 9. Aaron Smith, 8. Zinzan Brooke, 7. Richie McCaw, 6. Michael Jones, 5. Sam Whitelock, 4. Brodie Retallick, 3. Olo Brown, 2. Dane Coles, 1. Tony Woodcock.

Michael Lynagh se Wallabies: 15. Israel Folau, 14. Lote Tuqiri, 13. Stirling Mortlock, 12. Tim Horan, 11. Joe Roff, 10. Stephen Larkham, 9. George Gregan, 8. Toutai Kefu, 7. George Smith, 6. David Pocock, 5. John Eales, 4. Nathan Sharpe, 3. Patricio Noriega, 2. Stephen Moore, 1. Sekope Kepu.

Marcelo Bosch se Poemas: 15. Ignacio Corleto, 14. Jose Nunez Piossek, 13. Manuel Contepomi, 12. Felipe Contepomi, 11. Juan Imhoff, 10. Juan Martin Hernandez, 9. Agustin Pichot, 8. Juan Manuel Leguizamon, 7. Juan Fernandez Lobbe, 6. Pablo Matera, 5. Guido Petti Pagadizava, 4. Patricio Albacete, 3. Martin Scelzo, 2. Mario Ledesma, 1. Rodrigo Roncero.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Boesman. ·

Die spelers van hierdie span is gekies lank na Danie Gerber se tyd. Dit is van die ontstaan van die drie nasies en dan huidiglik se kampioens reeks.

al ·

Danie was baie goed, maar het nooit Drienasies / Rugbykampioenskap gespeel nie.

Anoniem ·

De Villiers en Fourie was die beste senterpaar wat die bokke in die afgelope 15 jaar gehad het.

Nico ·

De Villiers was goed totdat hy na Ierland toe is. Daarna was hy maar pateties met sy terugkeer. Almal het opgewonde geraak oor wat hu kon doen.

lolla ·

Ek het opgehou lees toe ek sien hy kies John Smit op 3. Lagwekkend.

Piet de Jager ·

Ek kan nie ers vir Delport as ‘n Springbok onthou nie. Hoe matig hy hom nou om so ‘n span aan te wys???????

Rupert Ashford ·

JP Peterson…De Villers strate beter. Of skuif Steyn na die 14 posisie en sit De Villers op senter. John Smit?

paul ·

ek neem an ruben kruger en joost mag nie speel nie was hulle te goed

B-man ·

Thinus se span sal dalk op die vorm waarin hulle tans verkeer die huidige bokspan lelik laat les opsê.

Nou gaan Thinus seker oor die kole gehaal word oor hoekom hy te min “kwotaspelers” gekies het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.