So naby as dêmmit aan ʼn vloekwoord vir Zeerust

Dit was so naby as dêmmit aan ʼn vloekwoord of Zeerust was Saterdag sonder die Jaap Steynbeker in die Luiperdsliga.

Ouboet Schutte, die sekretaris van Pick ʼn Pay-Action Ford-Zeerust, laat weet die klub het die liga ʼn tweede keer op die ry af gewen, nadat hy dit verlede jaar die eerste keer in sy geskiedenis reggekry het.

“Zeerust het die seisoen onoorwonne afgesluit, maar Saterdag se eindstryd teen Westonaria, was ʼn naelbytstryd, wat die kampioen eers in die laaste sekondes met 20-17 kon beklink.

“Jacques Swanepoel het ʼn drie vir die wenspan gedruk, maar dit was Rudolf Oosthuizen se skopvoet wat met 15 punte van vyf strafdoele af die wa deur die drif getrek het.”

Goodman Skotshi en Alex Claassen (twee) het Westonaria se drieë gedruk, en Dewald van Dyk het een verdoel.

Zeerust het einste Westonaria verlede jaar met 22-18 in die eindstryd geklop nadat hy drie keer tevore as naaswenner uit die stryd getree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.