Só naby en tog só ver vir die Valke

Dit was Vrydag op Brakpan ʼn geval van só naby en tog só ver vir die Valke in die halfeindstryd van die Curriebeker- Eerste Liga in die Bosmanstadion.

Dit was naelskraap, maar die tuisspan moes vir die derde keer in ’n ry die knie in hierdie stadium van die reeks voor die Luiperds buig.

Die Noordwesters het met 26-23 gewen nadat hulle ʼn kwaai aanslag van die Valke in die tweede helfte die hoof kon bied.

Die rustydtelling was reeds 19-3 in die wenspan se guns, maar die tweede helfte het met 20-7 aan die Valke behoort.

Warren Potgieter, die verloorspan se losskakel, het 18 punte aangeteken om voorlopig met 82 die voorste puntemaker in die reeks te wees. Hy het ʼn drie gedruk, albei sy span se drieë verdoel en met drie strafdoele geslaag.

Die puntemakers –

Valke 23 (3) – Drieë: Andries Schutte, Warren Potgieter. Doelskoppe: Warren Potgieter (2). Strafdoele: Warren Potgieter (3).

Luiperds 26 (19) – Drieë: Loftus Morrisson (2), Juan Language, Gene Willemse. Doelskoppe: Gerhard Nortier (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet ·

Wat gaan aan met daai tweede paragraaf? Dis erg deurmekaar… Maar geluk aan die Luiperds.

Phillip ·

Dagsê Peet

Dankie vir jou valkoog. Dit is reggestel.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.