Só speel SA spanne in 2020 se Superreeks

Argieffoto (Foto: hirobi/Pixabay)

Die Stormers het ʼn gunstige loting, straks die beste van al vier Suid-Afrikaanse spanne, vir aanstaande jaar se Superrugbyreeks.

Die reeks, wat oor 21 weke strek, begin op Vrydag 30 Januarie wanneer die Blues die Chiefs pak. Die kwarteindrondes word op 6 Junie gespeel, die halfeindrondes op 13 Junie en die eindstryd op 20 Junie.

Die Stormers en die Sharks is die enigste twee SA spanne wat tuis begin.

Die Sharks begin hul aanslag op Vrydagaand 30 Januarie op Kingspark teen die Bulls en die Stormers se eerste wedstryd is op Saterdag 31 Januarie op Nuweland teen die Hurricanes.

Die Lions speel hul eerste wedstryd op 31 Januarie in Buenos Aires teen die Jaguares, wat in vanjaar se eindstryd teen die Crusaders in Christchurch verloor het.

Só speel die vier SA spanne in aanstaande jaar se reeks (tuisspan eerste genoem):

Lions: 

1 Februarie: Jaguares t Lions.
8 Februarie: Lions t Reds.
15 Februarie: Lions t Stormers.
22 Februarie: Loslootjie.
28 Februarie: Waratahs t Lions.
7 Maart: Rebels t Lions.
14 Maart: Blues t Lions.
21 Maart: Highlanders t Lions.
28 Maart: Lions t Chiefs.
4 April: Lions t Sharks.
11 April: Bulls t Lions.
18 April: Lions t Sunwolves.
25 April: Loslootjie.
2 Mei: Sharks t Lions.
9 Mei: Lions t Bulls.
16 Mei: Lions t Crusaders.
23 Mei: Stormers t Lions.
30 Mei: Lions t Jaguares.

Bulls: 

31 Januarie: Sharks t Bulls.
8 Februarie: Stormers t Bulls.
15 Februarie: Loslootjie.
22 Februarie: Bulls t Blues.
29 Februarie: Bulls t Jaguares.
7 Maart: Bulls t Highlanders.
14 Maart: Reds t Bulls.
21 Maart: Waratahs t Bulls.
27 Maart: Hurricanes t Bulls.
4 April: Chiefs t Bulls.
11 April: Bulls t Lions.
18 April: Loslootjie.
25 April: Bulls t Sunwolves.
2 Mei: Bulls t Brumbies.
9 Mei: Lions t Bulls.
16 Mei: Bulls t Sharks.
23 Mei: Jaguares t Bulls.
30 Mei: Bulls t Stormers.

Stormers:

1 Februarie: Stormers t Hurricanes.
8 Februarie: Stormers t Bulls.
15 Februarie: Lions t Stormers.
22 Februarie: Stormers t Jaguares.
29 Februarie: Stormers t Blues.
7 Maart: Loslootjie.
14 Maart: Sharks t Stormers.
21 Maart: Jaguares t Stormers.
28 Maart: Stormers t Rebels.
4 April: Stormers t Waratahs.
11 April: Loslootjie.
18 April: Stormers t Sharks.
25 April: Chiefs t Stormers.
2 Mei: Crusaders t Stormers.
9 Mei: Brumbies t Stormers.
16 Mei: Sunwolves t Stormers.
23 Mei: Stormers t Lions.
30 Mei: Bulls t Stormers.

Sharks: 

31 Januarie: Sharks t Bulls.
7 Februarie: Highlanders t Sharks.
15 Februarie: Hurricanes t Sharks.
22 Februarie: Rebels t Sharks.
29 Februarie: Reds t Sharks
7 Maart: Sharks t Jaguares.
14 Maart: Sharks t Stormers.
21 Maart: Sharks t Chiefs.
28 Maart: Loslootjie.
4 April: Lions t Sharks.
11 April: Sharks t Waratahs.
18 April: Stormers t Sharks.
25 April: Sharks t Brumbies.
2 Mei: Sharks t Lions.
9 Mei: Jaguares t Sharks.
16 Mei: Bulls t Sharks.
23 Mei: Sharks t Crusaders.
30 Mei: Loslootjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Derick ·

Sien die Sharks speel nie teen die Sunwolves nie, of het ek dit verkeerd?

Kallie ·

Sanzar se Marinos sê gister dat die kompetisie in vier streke beslis word, en noem dat dit tot uitgebrei het na Asië. Einde 2020 word die Sunwolves uitgeskop. Sanzar het die plot totaal verloor.

Judge Dredd ·

….en met al die hulp wat die Stormers van SA skeidsregters te wagte kan wees, sal hul Weer Probeer volgende jaar miskien goed genoeg wees om nie laaste in SA konferensie te eindig.

Swartwolf ·

Daar sal definetief redes wees hoekom hulle weer laaste sal eindig. Beserings, bok oproepe, skeidsregter beslissings, lugdruk, bal wat verkeerd gepomp is, ander spanne wat te sterk is, ens. Alles behalwe swak bestuur en ‘n afwesigheid van ‘n wen kultuur. Jaar 23 sonder ‘n SR trofee.

Johan Pretorius ·

Die groot probleem met rugby in SA is dat SARU die probleem is. Hulle dien nie rugby nie.

Judge Dredd ·

Korrek, alhoewel ek nie ‘n probleem het met spelers wat ‘n beter heenkome soek.
Die probleem is dat in SA Rugby daar net ‘n paar provinsies is wat daadwerklik spelers ontwikkel bv. Vrystaat terwyl ander hul span reg koop(Sharks – volgens hulle bestaan KZN blykbaar net uit PMB en Durban en kon hulle die Curriebeker wen na ‘n honderd jaar, slegs omdat hulle spelers van ander provinsies soontoe kon lok.).

Werner ·

James Venter het skoolgegaan in Natal en in die Sharks se junior ranks gespeel. Die Leeus het van hom n beter speler gemaak en nou koop die Sharks hom weer terug. Hy is seker meer speelkans belowe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.