Só wil ons nie vir Ysterbeth onthou

Eben Etzebeth – oortuig nie. (Foto Sanzaarrugby)

Die Springbokslot Eben Etzebeth sal, net soos Adriaan Strauss verlede jaar, nie as ʼn suksesvolle Bok-kaptein bestempel word wanneer daar in die toekoms om die braavleisvure gesels word nie.

Etzebeth, een van die wêreld se beste slotte, het die kapteinskap in noodweer by die beseerde Warren Whiteley voor die derde toets in Junie teen Frankryk op Ellispark oorgeneem. Die Bokke het die Franse geklop en toe ook die eerste twee toetse in die Rugbykampioenskap teen Argentinië gewen.

Sien, is daar vanuit Kaapse geledere gesê, die man het leierseienskappe.

Maar van toe af was dit afraande, en is sy tekortkomeninge as kaptein ontbloot. Onthou, hy het nie homself gekies nie, hy probeer vanselfsprekend sy beste gee.

Maar twee nederlae teen die All Blacks, twee gelykopuitslae teen die Wallabies en Saterdag se rekordnederlaag teen Ierland is nie goeie leesstof nie.

Agt gespeel en net drie gewen vir ʼn wenpersentasie van 37,5 persent. Dis baie swakker as die meeste Springbokkapteins voor hom, soos Francois Pienaar, John Smit en Jean de Villiers.

Hoeveel keer in Saterdag se toets het Etzebeth op eie stoom die Nieu-Seelandse skeidsregter Ben OʼKeeffe geraadpleeg? Dink maar aan hoeveel keer die Ierse kaptein, Rory Best, dit gedoen het. ʼn Kaptein sal nie ʼn skeidsregter se beslissings kan verander nie, maar hou hom op sy tone, soos Kieran Read dit doen, soos Sean Fitzpatrick en George Gregan voor hulle asook ʼn rits Bokkapteins.

Wat baie opvallend is, is dat daar nie baie Bokke is wat as leiers na vore tree nie, wat die stang vasbyt, wat kringetjie maak, wat die spanmaats bly moed inpraat nie.

Dink maar terug hoe Victor Matfield vir Smit en De Villiers bygestaan het, hoe Joost van der Westhuizen altyd op die veld gepraat het. Gaan luister maar wanneer die All Blacks speel, Aaron Smtih hou nie op babbel nie.

Dit is geen geheim nie dat Rassie Erasmus se gunstelingkaptein Duane Vermeuleun is. Dit sal interessant wees hoe hy, nie ás nie maar glo wanneer hy die leisels by Allister Coetzee oorneem, Whiteley en Vermeulen sal bestuur.

Om sake glad te laat verloop, sal dit die Bokafrigter loon om Whiteley (agtsteman) en Vermeulen (steelkantflank) albei in te span.

Hulle sal die toutjies trek en saam met Etzebeth die leierskorps vorm.

Nou moet daar ook net een of twee agterspelers met leierseienskappe ook na vore tree.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willie ·

Hy is n baie goeie speller, maar nie n opgewasse kaptein nie… Ek stem die kaptein moet leiding gee, praat met die manne… kyk wat werk en wat nie…

Ben Niemand ·

Nou wat het spelling met Rugby te doen…. HAHAHAHA!!!

Josua Keys ·

Wat die seerste maak is dat wanneer jy as Kaptein op die veld moet draf en jy weet die ouens wat saam jou uitdraf is nie op standard nie kan jy die beste kaptein in die weleld wees maar jou spelers laat jou in die steek, in die geval is die AFRIGTERS, Keurders en politiek nie Etsebeth nie. In 1995 Het Kitch spelers gekies wat daar gehoort het, ek dink net Chester Williams was bietjie ongelukkig gewees maar was wel gekies toe Pieter Hendriks geskors was en met welslae sy plek vol gestaan en dit is die verskil, Pieter was beslis die beter vleuel op daai stadium en Chester 2de beste. Vandag word die 4de bestes eerste gekies en die wat dit verdien moet dit maar op televisie sien hoe die bokke se naam gat gemaak word,

Skande! ·

Sorry ou pel maar baie van daai bokke is toe stormers……insluitend daardie great stormer coach!

Beer ·

Yster het nog lank om te gaan en baie om te leer voor hy kan aanspraak maak as een van die wereld se beste slotte. En ‘n kaptein wat gravitas het is hy definetief nie. Die las van kapteinskap wat nie natuurlik kom vir hom nie affekteer sy spel. Hy wil graag die “enforcer” rol speel aka Bakkies maar sy temprament is verkeerd hy raak te vinnig te aggressief. Beste vir ou Ysterbeth is om van die kapteinsrol ontslae te raak en net op sy game te fokus en die intensiteit van sy spel. Hy moet sy eie enforcer rol ontwikkel en ophou ‘n Bakkies wannabee te wees. Vergelyk sy spel en temprament met Brodie Retallic of Whitelock, selfs Etoje of Kruis van die Engelse en skielik is hy maar middelslag……

skollie ·

Die kaptein is nie die probleem van die span nie. Hy staan in elk geval net in omdat daar niemand anders is nie.

Louw ·

Die Amerikaners het ‘n goeie uitdrukking vir die huidige stand van sake. Die tweede laaste woord is vir politieke korrektheid vervang. Hoe is die situasie met die bokke:

SNAFU – “situation normal, all fouled up”

Nico K ·

Etsebeth se agressie soek elkeen van ons in jou span. Maar nie as kaptein nie. En ek kan nie saam dat Vermeulen gekies moet word nie. Hy was deel van ons probleem in die verlede. Sy werksverigting is te min. Sy beste dae is verby.

Daan ·

Hy was verlede Saterdag teen die Iere allesbehalwe ‘n yster, hy was eerder ‘n nuttelose stukkie geroeste binddraad…

CAROL ·

VADER KRISMIS HET NOU VIR HOM EERDER N KOEI GEKRY OM SY SLEE TE TREK DIE JAAR! … WANT HY SE DIE BOKKE VERLOOR ALLES!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.