Sondagrugby was plaaslik nog nooit gewild nie

sa-rugby-logo-cropDie Suid-Afrikaanse rugbybase kan gerus ʼn blaadjie uit Wallis se rugbyboek neem.

Die Walliese Rugbyunie (WRU) het die Sesnasieskomitee in kennis gestel dat hulle vir die volgende twee jaar nie meer bereid is om Sesnasiestoetse op Vrydagaande aan te bied nie.

Wallis het juis die afgelope Vrydagaand in Cardiff teen Ierland gespeel nadat die Rooi Drake ses van die sewe toetse aangebied het wat sedert 2009 op Vrydag-aande gespeel is.

Wallis was boonop betrokke by die enigste ander Sesnasiestoets wat op ʼn Vrydagaand gespeel is, teen Frankryk in 2009 in Parys, toe die Franse met 20-16 gewen het.

Gareth Davies, voorsitter van die WRU, het volgens die bbcsport.com gesê genoeg is genoeg, Wallis het nou sy deel gedoen.

Volgens Davies is toetswedstryde op Vrydagaande ongewild by die plaaslike ondersteuners.

“Uit ʼn kommersiële oogpunt het toetswedstryde op Vrydagaande baie goed gevaar. Dit was uitverkoop en daar is ook goed sake gedoen met ander rugbyverwante sake.

“Maar dit is belangrik dat ons na die ondersteuners luister. Dis baie ongerieflik om op ʼn Vrydagaand  na Cardiff te reis. Ons het in ag geneem wat ons lojale ondersteuners sê.”

Die Franse is geneë om toetswedstryde op Vrydagaande te speel en die uitvoerende hoof van die Sesnasies, John Feehan, sê dis baie gewild by die uitsaaiers.

Maar Engeland is daarteen gekant (omdat dit so moeilik is om op ʼn werkdag by Twickenham  uit te kom) en nou volg Wallis in dié voetspore.

Nou wonder ek, het die SA Rugbyunie (Saru) die Suid-Afrikaanse ondersteuners se mening oor wedstryde op Sondae in ag geneem?

Wat van die Curriebekerreeks wat vanjaar ook op Woensdagmiddae beslis sal word?

Sondagrugby was nog nooit gewild by plaaslike rugby-ondersteuners nie.  Ons stroom dalk wel na die (kleinere) krieketstadions, ons braai vleis en kyk sport op televisie, maar rugby? Aikôna.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ruggas! ·

Vervang Woensdae middae met Woensdae aande, maak dit meer as net die game, en jul sal baie support kry, so ook met sondae middae, maak dit n uitstappie vir families, n kermis tiepe ding saam die game en die support sal kom, kyknet na die sondae markte wat dieselfde bly week na week. Kombineer dit op die B/C velde en bring mense in.

Johannes ·

Ruggas al is rugby verniet op Sondae sal ek nie gaan kyk nie.Sondag is ‘n SABBAT en dis hoe ek my Sondag deurbring.

Skerp Spioen ·

Wat natuurlik snert is Johannes. Die Sabat is op Saterdag.

Biertjies Du Toit ·

Jy kan jou Sondag deurbring nes jy wil, ek verkies om myne te geniet saam vriende, familie en n yskoue biertjie en n braai. Ek hoop dan nie jy braai, maak kos, speel met jou kinders of enige iets op jou sabbat nie.

Jannie ·

Rugbykyk is nie werk nie so ek weet nie wat dit met sabbat te doen het nie (wat eintlik ‘n Saterdag is).

Francie ·

Het ons ooit ons stemme hard genoeg verhef toe krieket en later rugby Sondae so stil-stil deel geword het van ons week?
Dit is voorwaar nodig om daarvan ‘n saak van gebed te maak. Die Here gaan ons land genees!

BrannasVanWyk ·

Rugby en Krieket op n Sondag is die laaste ding waarvoor die land moet bid. @Johannes, ek hoop nie jy moet ooit na n apteek of hospitaal of selfs restaurant toe gaan op Sondag nie, want dan moet jy hulp weier, want die Dr, Sister, Waiter werk dan. Jy’s n probleem in ons ekonomie haha #SondagDrankies. Die Ds werk dan ook op die Sabbat…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.