Sonder Bokke, maar heelwat Super-ervaring by die Bulle

Manie Libbok en Rabs Maxwane speel Vrydagaand teen mekaar Curriebekerrugby. (Foto: GB Jordaan)

Die Blou Bulle mag nou wel ʼn aantal spelers aan die Springbokspan en beserings afgestaan het, maar Hanro Liebenberg sal Vrydagaand (19:00) in Bloemfontein ʼn ervare groep spelers op die veld lei.

Die Blou Bulle se groep, waarvan die meeste in meerdere of mindere mate ervaring van Superrugby het, speel in Bloemfontein teen die Vrystaat Cheetahs.

Net Jamba Ulengo het al toetsrugby gespeel, maar hoewel dit ʼn jong span is, het feitlik al die opdrafspelers Superrugby-ervaring.

Die verkose agterlyn en dié van die Vrystaat Cheetahs behoort vir uitstalrugby soos min te sorg, met veral die Bulle se spelbrekerlosskakel Manie Libbok wat vir die vrystaters slapelose nagte kan gee, mits sy voorspelers genoeg besit kan voorsien.

Die span ‒

Divan Rossouw, Jade Stighling, Johnny Kotze, JT Jackson, Jamba Ulengo, Manie Libbok, Andre Warner, Hanro Liebenberg (kaptein), Thembelani Bholi, Ruan Steenkamp, Ruan Nortje, Ruben van Heerden, Conrad van Vuuren, Edgar Marutlulle, Matthys Basson. Bank: Jan-Henning Campher, Dayan van der Westhuizen, Hendré Stassen, Jano Venter, Theo Maree, Tony Jantjies, Earll Douwrie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.