Sonny Bill Williams word besbetaalde rugbyspeler van alle tye

Sonny Bill Williams, Foto: Facebo

Sonny Bill Williams was een van Wêreldrugby se mees gevreesde senters. Sy vermoë om die bal in ’n kontaksituasie uit te gee, het duisende ander rugbyspelers geïnspireer om iets soortgelyks te probeer, terwyl hy ook een van die vriendelikste spelers op die internasionale verhoog was.

Maar die 34-jarige het sy laaste All Blacks-toets gedurende die Wêreldbekerrugbytoernooi in Japan gespeel, toe die Kiwi’s vir Wallis met 40 – 17 in die bronsmedaljewedstryd oordonder het.

Nou berig oorsese media dat “SBW” ’n terugkeer tot die dertienman-weergawe van die spel kan maak. Volgens The Guardian kan dié ster tot £2,6 miljoen (omtrent R50 miljoen) per jaar verdien. ’n Lekker bedraggie wat van hom die hoogsbetaalde rugbyster (in die vyftienman- én dertienmankode) van alle tye sal maak.

Luidens die berig sal Williams en die verteenwoordigers van die Toronto Wolfpack-klub binnekort die finale kontrak onderteken.

Die Wolfpack-afrigter, Brian McDermott, het self met Williams gedurende die afgelope Wêreldbekerrugbytoernooi in Japan onderhandel.

Die Nieu-Seelander is egter geen vreemdeling wat League-aangeleenthede betref nie – hy het tot 2008 in dié formaat geskitter, waarna hy na vyftienmanrugby oorgeskakel het.

Hy het uiteindelik in 58 toetse vir die All Blacks uitgedraf.

Williams se eerste wedstryd vir die Toronto Wolfpacks behoort in Februarie 2020 teen Castleford op Headingley te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Niklaas ·

Nouja , hy verdien dit. Goeie en gewilde speler met aangename persoonlikheid. Die aftree dag is redelik naby en mens moet maar skep terwyl die kanse daar opduik.

Vraagteken ·

Niklaas, ek dink nie David Warner sal met jou saamstem nie. :):)

Valerie ·

Beslis verdien hy dit. Het hom in lewende lywe gesien en hy is iets besonders op die veld en van die veld af. En hy het ‘n nuwe dimensei met sy spoel gebring wat voorheen afwesig was. hoop hy speel nog ‘n paar jaar, maak nie saak in watter formaat van die spel nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.