Sou die huidige Bokke dit in 1981 reggekry het?

Die Springbokke van 1981. (Foto: Pinterest)

ʼn Mens het begrip vir Allister Coetzee se gebrom dat die Sprinbokke se toer aan die einde van verlede jaar op ʼn heel verkeerde noot begin het toe daar van die spelers verwag is om in ekonomiese klas na Londen op pad na Dublin te vlieg.

Dit was slegs ʼn paar dae voor die eerste toets teen Ierland en die Bokke is met 38-3 afgeransel.

Het dit werklik ʼn rol gespeel? Ja, beslis ja.

Dis in hedendaagse rugby ongehoord dat daar van reusevoorspelers soos Eben Etzebeth en Lood de Jager (albei het op die ou end self betaal om hul kaartjies na besigheidklas op te gradeer) verwag word om in ekonomiese klas te vlieg. Ek glo nie Jake White sou vir lief geneem het daarmee nie, ook nie Heyneke Meyer nie. Ek glo ook nie Rassie Erasmus sal nie.

Het iemand in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, soos die president, Mark Alexander, of die uitvoerende hoof, Jurie Roux, al iets daaroor te sê gehad? As hulle oorsee vlieg, is dit in ekonomiese klas?

Ook is van die hotelle glo afgegradeer en van die bestuurslede moes kamers deel om koste te bespaar?

In die jaar 2017?

Maar dit is ook so dat hedendaagse rugbyspelers bederf geraak het; dat hulle dit nie in 1921, 1937 en 1981 sou gemaak het toe die Bokke soms tot vyf maande van die huis af was, en byna 30 wedstryde op toere na Australië en Nieu-Seeland gespeel het nie.

Wat van die ellelange (en suksesvolle) toere in die Europese winters, boonop oor Kersfees en Nuwejaar, na Brittanje en Frankryk?

In 1937 het die Bokke die paar oefenballe vroeg op die bootreis met die Ulysses na Sydney oorboord geskop en toe moes hulle maar met medisyneballe (daardie groot, swaar ronde balle wat in die skoolsaal vir liggaamsoefeninge gebruik is) klaarkom.

Maar dit was een van die beste Springbokspanne in die geskiedenis; hulle het 27 van hul 29 wedstryde gewen en die eerste (en enigste) Bokspan geword wat ʼn toetsreeks in Nieu-Seeland kon wen.

Sommige moes uit hul werk bedank vir die voorreg om saam te toer; hulle het slegs ʼn karige dagtoelaag ontvang; daar was nie selfone of rekenaars om daagliks huis toe te bel nie; sommige van hulle se kinders is gebore terwyl hulle op toer was; hulle was bekommerd oor wat tuis gebeur het; maar dit het hulle nie gekeer nie om die All Blacks ore aan te sit nie.

Wat van die betogertoer in 1981 na Nieu-Seeland (en in 1971 na Australië), toe daar van klein gehuurde vliegtuie gebruik gemaak moes word; baie lang busritte onderneem moes word om tussen dorpe te reis; dat die spelers soms nie eens hul hotelkamers kon verlaat het uit vrees vir hul eie veiligheid nie? Dat daar in die aande voor toetse in kleedkamers geslaap is, soms op koue muurbalbaanvloere?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

die spelers is bederg / gerief en te veel geld wat maak dit saak hoe jy ries jy haal uit en wys wat jy kan doen en gee jou beste

Josua Keys ·

Geen span kan verwag om eerste klas behandeling te ontvang as jy nie presteer nie, Rugby het ‘ n betaal sport asook besigheid geword en geen besigheid kan suksesvol bedryf word as daar nie winste getoon word nie. Die bokke was pateties laasjaar en ek neem hulle nie kwalik nie, ongelukkig kan jy nie jou beste gee as jy jouself nie teen die beste van die beste meet nie en ek praat nie van opposisie nie ek praat van landsgenote in dieselfde posisie as wat jy speel en dit duidelik het die rugby base en afriters nie verstaan nie. As gevolg van jul swak speler keuses van spelers wat nie op vorm was nie om die bokke te verteenwoordig het julle daartoe gelei dat die Bokke af gegradeer word soos SA en ongelukkig is bestuur daarvoor verantwoordelik en die spelers moes aan die kortste end trek maar met Rassie aan die stuur glo ek daar is weer n toekoms vir die bokke hang net af wat sy base gaan toelaat!!!

Johann du Plessis ·

Vandag se bokke sou nie n kans gehad het om soos die 81 span te presteer nie. Politiek het die nuwe rugby baas geword en trots en eer is gaan bere agter die pale.

Lourance ·

As jy nie perform nie, kry jy nie koninglike behandeling nie. S’bokke soek ook nou na elke verskoning in die boek. Ek vlieg gereeld, ek’s 2,01 en ek kan die volgende dag nog werk, dis nie asof hulle land en oor 45min speel nie. Patetiese verskonings vir n patetiese span.

Boerseun ·

Verskonings verskonings. Hy kon niks wen met n wereld klas stormer span, niks wen met wp, niks wen in Japan , dan is SA super spanne nog swakste in lang tyd so eindruseltaat SA is n vlak twee span saam met Skotland , Italia en Arg. Geen vlug of additionele hulp sou laas jaar se All Black vernederings keer, span was swak afgerig en dit het gewys. Dit is die coach se werk en om rassisme te skree gaan nie die veite verander nie.

Pietman ·

Die huidige bokke is nie die 1981 bokke se agterent werd nie. sal hulle in niks kan nadoen nie.

1981 rugby ·

1981 se span was die laaste span wat sonder vergoeding gespeel het. In hulle tyd is hulle benader deur ‘n besigheids man wat rebel toere en groot finansies begin het. Nou is dit geld en kwotas wat inmeng met regte rugby. Die geld kan maar bly maar die kwotas is onnodig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.