Spanfoto: Bokke vol glimlagte voor Argentynse toets

GB Jordaan het vanoggend die spanfoto van die Springbokspan geneem wat môre teen Argentinië op Loftus Versfeld speel. Foto: GB Jordaan.

Die Springbokke was vandag propvol kwinkslae by hul hotel op die vooraand van hul laaste toets teen Argentinië op Loftus Versfeld vóór die Wêreldbeker in alle erns op 21 September teen die All Blacks in Yokohama begin.

Rassie Erasmus het gesê sy WB-groep is reeds “80% gefinaliseer”, maar daar is beslis nog spelers wat vir die Bok-breier sal wil wys waartoe hulle in staat is.

Veral Marco van Staden, Rynhardt Elstadt en Kwagga Smith sal hul plekke as losvoorspelers wil vasmaak, terwyl Siya Kolisi fiksheid sal wil bewys.

Die 38-jarige Schalk Brits sal die span aanvoer.

Die kragmeting word regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai.

  • Springbokke: Warrick Gelant (heelagter), S’bu Nkosi (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Dillyn Leyds (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Cobus Reinach (skrumskakel), Marcell Coetzee (agtsteman), Rynhardt Elstadt (flank), Siya Kolisi (flank), Lood de Jager (slot), RG Snyman (slot), Vincent Koch (stut), Schalk Brits (haker en kaptein), Thomas du Toit (stut). Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Lizo Gqoboka, Wilco Louw, Marvin Orie, Marco van Staden, Kwagga Smith, Faf de Klerk, Frans Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Genieve ·

Ek sien darem S’bu Nkosi is ook deel van die span…darem beter as Mapempi wat heeltyd uit posisie is baie sterkte vir julle more Bokke.

Antoon ·

Verskillende kante. Miskien moet jy iemand vra om jou te help met die span posisies. Dalk kan hulle ook sommer verduidelik hoe werk ‘n “rush defence” :-)

Niklaas ·

Ons het dus nou weer n sterk kans om te wen , met minder WP spelers daar

Dr. Rugby ·

Rassie se wenpersentasie is tans net 52%. Al wen hy nog 6 wedstryde in Japan, gee dit hom net 62%. Dis swakker as Peter Div se 65% en White se 67%.

HOBBO ·

Go Rassie en die span. Julle het my ondersteuning. As oud rugby speler sal ek met gemak beken. Rassie verstaan meer van afrig as enige ander Suid Afrikaanse afrigter. Sy passie spoel oor aan die spelers. Dankie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.