Spanne: Engeland teen Nieu-Seeland en Wallis teen Australië

Die vleuel Chris Ashton is ná vier jaar weer vir Engeland se opdrafspan gekies vir Saterdag se wedstryd teen die All Blacks op Twickenham.

Hy vervang Jack Nowell wat afskuif bank toe. Eddie Jones het ook min aan sy pak getorring met Ben Moon wat in Alec Hepburn se plek op loskop speel en die flank Sam Underhill wat in die beseerde flank Tom Curry se plek gekies is.

Die groot en sterk senter Manu Tuilagi het nie plek in die 23-tal vir die wedstryd gekry nie.

Dit is die eerste keer wat die twee spanne kragte meet sedert Nieu-Seeland in 2014 naelskraap met 24-21 op Twickenham  gewen het.

Die All Blacks het hul sterkste span vir die kragmeting gekies, met die uitsondering van Joe Moody wat weer beseer is, dié keer met ʼn geskeurde ooglid wat hy tydens ʼn lynstaanoefening opgedoen het. Jack Goodhue is terug as Sonny Bill Williams se sentermaat nadat hy van sy klierkoors herstel het, Damian McKenzie is op heelagter, en die bank is gelaai met gehalte-spelers.

Spanne, Engeland teen Nieu-Seeland ‒

Engeland
15 Elliot Daly, 14 Chris Ashton, 13 Henry Slade, 12 Ben Te’o, 11 Jonny May, 10 Owen Farrell (mede-kaptein), 9 Ben Youngs, 8 Mark Wilson, 7 Sam Underhill, 6 Brad Shields, 5 George Kruis, 4 Maro Itoje, 3 Kyle Sinckler, 2 Dylan Hartley (mede-kaptein), 1 Ben Moon. Bank: 16 Jamie George, 17 Alec Hepburn, 18 Harry Williams, 19 Charlie Ewels, 20 Courtney Lawes, 21 Danny Care, 22 George Ford, 23 Jack Nowell.
Nieu-Seeland
15 Damian McKenzie, 14 Ben Smith, 13 Jack Goodhue, 12 Sonny Bill Williams, 11 Rieko Ioane, 10 Beauden Barrett, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Ardie Savea, 6 Liam Squire, 5 Brodie Retallick, 4 Sam Whitelock, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Karl Tu’inukuafe. Bank: 16 Dane Coles, 17 Ofa Tu’ungafasi, 18 Nepo Laulala, 19 Scott Barrett, 20 Matt Todd, 21 TJ Perenara, 22 Richie Mo’unga, 23 Ryan Crotty.

Wallis teen Engeland

Michael Cheika, met net drie oorwinnings vir die Wallabies in hul nege wedstryde tot dusver, het redelik verander vir die wedstryd teen Wallis in die Principality-stadion.

Israel Folau is dié keer op vleuel, en Samu Kerevi neem sy plek op senter. Voorlangs is die groot verrassing die keuse van die haker Tolu Latu bo die veteraan Tatafu Polota-Nau, ondanks Latu se geelkaarte teen Argentinië en Nieu-Seeland nadat hy van die bank af gespeel het.

Op flank vervang Jack Dempsey vir Ned Hanigan en op slot is Adam Coleman fiks verklaar en neem hy die plek van Adam Simmons wat op die bank is.

Wallis se afrigter Warren Gatland het drie veranderinge aangebring aan die span wat verlede week met Skotland afgereken het.

Twee Britse en Ierse Leeus, die losskakel Dan Biggar en die veelsydige agterspeler Liam Williams, en ook die skrumskakel Tomos Williams is nie in die opdrafspan nadat hulle verlede naweek weens die toetsglefr-reël nie mag gespeel het nie.

Gatland het die vleuel Josh Adams in sy beginspan in die plek van Luke Morgan ingesluit, en die slot Adam Beard en vaskop Tomas Francis vervang onderskeidelik vir Cory Hill en Dillon Lewis.

Spanne ‒

Wallis
15 Leigh Halfpenny, 14 George North, 13 Jonathan Davies, 12 Hadleigh Parkes, 11 Josh Adams, 10 Gareth Anscombe, 9 Gareth Davies, 8 Ross Moriarty, 7 Justin Tipuric, 6 Dan Lydiate, 5 Alun Wyn Jones (kaptein), 4 Adam Beard, 3 Tomas Francis, 2 Ken Owens, 1 Nicky Smith. Bank: 16 Elliot Dee, 17 Rob Evans, 18 Dillon Lewis, 19 Cory Hill, 20 Ellis Jenkins, 21 Tomos Williams, 22 Dan Biggar, 23 Liam Williams.
Australië
Dane Haylett-Petty, 14 Israel Folau, 13 Samu Kerevi, 12 Kurtley Beale, 11 Sefa Naivalu, 10 Bernard Foley, 9 Will Genia, 8 David Pocock, 7 Michael Hooper (c), 6 Jack Dempsey, 5 Adam Coleman, 4 Izack Rodda, 3 Allan Alaalatoa, 2 Tolu Latu, 1 Scott Sio. Bank: 16 Tatafu Polota-Nau, 17 Sekope Kepu, 18 Taniela Tupou, 19 Rob Simmons, 20 Ned Hanigan, 21 Nick Phipps, 22 Matt Toomua, 23 Jack Maddocks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wonder maar net ·

Hoekom verkrag julle New Zealand se spelling so. As julle All Blacks reg kan skryf kan julle seker ook die land se naam ook REG spel!!!

Morné van Rooyen ·

Dagsê Wonder maar net,

Bedoel jy Nieu-Seeland moet New Zealand geskryf word? Geld dieselfde dan vir Al-’Imārat Al-‘Arabiyyah Al-Muttaḥidah pleks van die Verenigde Arabiese Emeritate, Sverige pleks van Swede en เมืองไทย, ประเทศไทย, ราชอาณาจักรไทย pleks van Thailand, of is dit nie ‘n “verkragting” om dié lande se name in Afrikaans te skryf nie?

Groetnis,
Morné nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.