Spanne van ver Saterdag op Meyerton in aksie

meyerton-knightsSpanne uit Pretoria, van die Oos-Rand af, en ook van die naasliggende Vanderbijlpark is Saterdag tydens die Assupol-rugbydag op Meyerton in aksie.

Anthony Lloyd, die voorsitter van Meyerton Knights, laat weet ses spanne sal in aksie wees op dié dag wat deel van die Noorderbonde se Assupolreeks vorm.

Die wedstryde begin 15:00 op die velde van die Hoërskool Dr Malan, Sheppardweg, Meyerton.

Die Pretoriase spanne Mamelodi en Transnetparke pak mekaar om 15:00 op die B-veld, terwyl die Valkeklubs Oos-Rand Polisie en Vanderbijlpark op die A-veld aanmekaarspring.

In die hoofwedstryd 17:00 meet die tuisspan Eurolux Meyerton Knights met die Blou Bulle-klub Bronkhorstspruit kragte.

Lloyd nooi die publiek uit om die dag saam met die klub te gaan geniet. Volop verversings sal te koop wees.

Toegang is R10 stuk en R5 elk vir kinders onder 12, en die hekke open 13:00. Parkeerplek is in `n geslote gebied beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.