Specman maak plek vir Rhule by die Cheetahs

Rosko Specman – op die bank met Raymond Rhule wat vir die Cheetahs opdraf. (Foto: Facebook Timeline Jnr Boks)

Raymond Rhule is nie goed genoeg vir die Springbokke nie, maar het darem ʼn heenkome by die Cheetahs gevind vir Vrydagmiddag (17:00) se Pro14-wedstryd in Bloemfontein teen die Ospreys van Wallis.

Rhule vervang die Blitsbokke se spelbreker Rosko Specman op die regtervleuel. Dit is die enigste verandering aan die opdrafspan wat verlede week met Leinster afgereken het.

Specman skuif na die bank toe.

♦  Die Walliese kaptein, Alun Wyn Jones, die losskakel Dan Biggar en die skrumskakel Rhys Webb was van die groot name in die Ospreys se span wat onlangs nog vir die Britse en Ierse Leeus in Nieu-Seeland gespeel het; en James Hook en Dan Lydiate het ook albei op vorige toere die rooi trui van die beroemde toerspan gedra.

Daar is boonop nog ʼn toetsspeler of drie in die Ospreys se span wat Donderdag aangekondig is. Ondanks die klompie groot name, die ervaring en die gehalte het die Ospreys nog net een van hulle vier wedstryde vanjaar gewen. Die haker Scott Baldwin het reeds meer as 30 toetse gespeel.

Cheetahs
15 Sergeal Petersen, 14 Raymond Rhule, 13 Francois Venter (kaptein), 12 William Small-Smith, 11 Makazole Mapimpi, 10 Ernst Stapelberg, 9 Tian Meyer, 8 Oupa Mohoje, 7 Henco Venter, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Tom Botha, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Charles Marais. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Ox Nche, 18 Johan Coetzee, 19 Rynier Bernardo, 20 Junior Pokomela, 21 Shaun Venter, 22 Nico Lee, 23 Rosko Specman
Ospreys
15 Dan Evans, 14 Keelan Giles, 13 Ben John, 12 James Hook, 11 Jay Baker, 10 Dan Biggar, 9 Rhys Webb, 8 James King, 7 Guy Mercer, 6 Olly Cracknell, 5 Alun Wyn Jones (kaptein), 4 Adam Beard, 3 Ma’afu Fia, 2 Scott Baldwin, 1 Nicky Smith. Bank: 16 Scott Otten, 17 Gareth Thomas, 18 Rhodri Jones, 19 Lloyd Ashley, 20 Dan Lydiate, 21 Tom Habberfield, 22 Sam Davies, 23 Kieron Fonotia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiepie ·

Ag asseblief! En na 60 minute moet Specman kom regmaak wat RR verbrou het. Gooi die man vir die wolwe, hy het tog reeds sy skoene onder ‘n ander unie se bed ingeskop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.