Speler uit SA kry 14 in Kanadese liga

Guiseppe du Toit – 14 punte. (Foto: Rugby Canada)

ʼn Speler wat in Suid-Afrika gebore is, het Saterdag 14 punte in die openingswedstryd van die Kanadese Rugbykampioenskap (CRC) aangeteken.

Die veelsydige Guiseppe du Toit (23) wat die eerste lewenslig in Johannesburg gesien het, het met ʼn doelskop en vier strafdoele vir die British Columbia Bears teen die Prairie Wolf Pack geslaag.

Die Wolf Pack het egter die kragmeting, danksy ʼn drie in beseringstyd, met 27-24 gewen.

Du Toit, wat Kanada al in 13 toetse verteenwoordig het, het sy span vroeg-vroeg met twee strafdoele laat voorloop, maar die span van die prairies het vinnig en hard teruggeslaan om rustyd die pas met 19-6 aan te gee.

Die Bears, die verdedigende kampioen, het sterk teruggeveg, en Du Toit het hulle in die 75ste minuut weer die voortou laat neem.

Die Wolf Pack het egter seker gemaak hy het die laaste sê.

FJ Bronkhorst, ʼn gewese speler van Bethlehem-oudstudente, was vir die wenspan op die bank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.