Speler uit SA kry agt vir Kroasië in Euroreeks

Andorra het vir ʼn eersterangse verrassing in Afdeling 1 Suid van die Rugby Europa-kampioenskap gesorg toe hy Kroasië in Andorra tot ʼn gelykop uitslag van 18-18 gedwing het (rustyd 10-10).

Desondanks het die besoekers tweede van vyf spanne in dié afdeling gekom, en die tuisspan laaste.

Jason Newton (skrumskakel), het agt van Kroasië se punte met ʼn doelskop en twee strafdoele behaal.

Hy is ʼn oudleerling van St. Johns College, Johannesburg, en het die Goue Leeus op o.16-skolevlak verteenwoordig.

♦ In Afdeling 1 Noord het Oekraïne sy tweede plek bevestig deur Letland op laasgenoemde se tuiswerf in Riga met 32-14 te oorheers (rustyd 8-6).

Litaue, wat deur die Suid-Afrikaner Ntando Manyosha afgerig word, het reeds dié afdeling gewen.

♦ Bulgarye het die ontwikkelingsreeks gewen deur Turkye in Sofia, Bulgarye, met 38-25 te verslaan (rustyd 22-8).
Turkye was tweede en Montenegro derde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Graaf ·

Dankie vir jou gereelde artikels oor die laer Europese ligas, baie interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.