Speler van dubbele kampioen sterf ná driekuns

gardens`n Rugbyspeler van die dubbele kampioen Gardens, het Saterdag na afloop van die klub se wedstryd teen Cambridge, gesterf.

Luidens mediaberigte is Ricardo Kiwiets, wat kort tevore drie drieë vir sy span gedruk het, sowat `n uur ná die kragmeting aan `n hartaaval oorlede.

Die 26-jarige Kiwiets speel normaalweg vleuel, maar het Saterdag heelagter gespeel, waar hy met sy aanvalswerk beïndruk het.

Gardens van Uitenhage het sy wedstryd op Rosedale teen die Oos-Londense klub in die Oos-Kaapse Super 12-reeks 46-7 gewen.

Die Uitenhaagse span is nie net die heersende Super 12-kampioen nie, maar ook die houer van die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker.

Kiwiets het glo ná die wedstryd van `n pyn in die bors gekla, maar is desondanks na `n vriend se huis om die sege te vier.

Hy het met `n energiedrankie in die hand buite die huis gestaan, toe hy inmekaargesak het, word berig.

Daar is met hom hospitaal toe gejaag, maar pogings om hom by te bring het misluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.